Só mors 'n Afrikaner sy stem

  • 1

Om vir die DA te stem, is die mees tragiese fout wat 'n Afrikaner kan maak, dit is soos selfmoord vir sy mense en vir sy taal. Die DA gee nie 'n flenter om vir ons nie, hulle het nie ons stem nodig nie en sê ons groepsidentiteit is verlore, dit het met die stroom afgespoel.

'n Stem vir enige opposisieparty is 'n stem teen die ANC en verminder sy verwagte meerderheid. Die enigste manier hoe so 'n stem die ANC kan help, is as die betrokke opposisieparty gewillig sou wees om met die ANC 'n koalisie aan te gaan, soos byvoorbeeld die EFF dalk sal wil doen.

Partye praat gewoonlik groot voor 'n verkiesing en probeer voorgee hulle gaan enorme vordering maak, soos die DA inderdaad ook doen en Zille se oë glinster seker soos sy dagdroom dat sy dalk ons volgende president gaan wees. Maar peilings wat voor 'n verkiesing gedoen word is dikwels onakkuraat, omdat mense tot op die nippertjie van keuse kan verander. Die enigste betroubare peiling is die verkiesing self.

As ek 'n mening mag waag, is dit dat beide die DA en die ANC stemme gaan afgee aan die kleiner partye, want baie mense is sat vir al twee daardie organisasies.

Ek stem vir die Vryheidsfront, ons eie party, nou ook in samewerking met ander minderhede.

Varkspek

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top