Skoonheid

  • 4

Die mens plaas groot klem op skoonheid - wat vir ons mooi is. Daar word skoonheidskompetisies gehou oral, eenmaal 'n jaar word 'n Mejuffrou Suid-Afrika gekies en dan 'n Mejuffrou Wêreld. Dit gaan oor 'n mooi lyfie en 'n mooi gesiggie, 'n voorkoms wat vir die meeste mense aangenaam is. En daar is nogal taamlike groot konsensus oor wat mooi en wat lelik is.

Dieselfde vir mans, daar word 'n Meneer Dit en 'n Meneer Dat gekies. Dit gaan oor 'n goeie liggaamsbou en weereens 'n aangename gesig.

Die persone word darem ook beoordeel aan hulle algemene kennis en skynbare intelligensie, maar soos dit vir my lyk, tel die voorkoms vir omtrent 90%.

Hierdie onderskeid wat ons tref tussen mooi en lelik is blykbaar diep in die mens se brein gesetel, 'n genetiese eienskap wat ons van ons oer-voorvaders geërf het. Die ou aapmense moes darem seker kon onderskei tussen eie soort en ander, want die ander kon dalk vyandig wees. So vir sy veiligheid moes hy kon oordeel wat is sy eie en wat is vreemd.

Nou wonder ek of hierdie kenmerk van die mens nie ook die setel is van ons geneigdheid tot rassevooroordeel nie. Dié wat anders lyk as jou eie soort, wat betref gelaatstrekke en velkleur, is dan jou vyand.

Onder hierdie omstandighede is rassehaat iets wat ons bewustelik moet bestry. Ons moet dan skynbaar nie meer ons instinkte volg soos die oermense nie, maar mense beoordeel aan ander maatstawwe, soos hul karakter, vriendelikheid, eerlikheid en dies meer.

Groete,

Tiens Pretorius

  • 4

Kommentaar

  • Hier is iets wat ek onder http://www.phrases.org.uk/meanings/beauty-is-in-the-eye-of-the-beholder.html gevind het.

    "Beauty is in the eye of the beholder

    Meaning 

     Literal meaning - the perception of beauty is subjective.

    Origin   This saying first appeared in the 3rd century BC in Greek.
    It didn't appear in its current form in print until the 19th century, but in the meantime there were various written forms that expressed much the same thought. In 1588, the English dramatist John Lyly, in his Euphues and his England, wrote: 

     "...as neere is Fancie to Beautie, as the pricke to the Rose, as the stalke to the rynde,
    as the earth to the roote." 

     Shakespeare expressed a similar sentiment in Love's Labours Lost, 1588:

      Good Lord Boyet, my beauty, though but mean,
    Needs not the painted flourish of your praise:
    Beauty is bought by judgement of the eye,
    Not utter'd by base sale of chapmen's tongues 

     Benjamin Franklin, in Poor Richard's Almanack, 1741, wrote:

      Beauty, like supreme dominion
    Is but supported by opinion

    David Hume's Essays, Moral and Political, 1742, include:
     
     "Beauty in things exists merely in the mind which contemplates them." 

     The person who is widely credited with coining the saying in its current form is
    Margaret Wolfe Hungerford (née Hamilton), who wrote many books,
     often under the pseudonym of 'The Duchess'.
    In Molly Bawn, 1878, there's the line

     "Beauty is in the eye of the beholder",

    which is the earliest citation that I can find in print.  "

  • Nee Tiens jy's nie heeltemal reg hier nie.  Wat wel die geval is, is dat mens wantrouig is teenoor die vreemde en nie noodwendig teenoor die wat anders is nie.  As jy skielik op 'n Sjinees afkom en jy't nog nooit een gesien nie gaan jy half op jou hoede wees maar as jy vir jare tussen Sjinese bly gaan jy met hulle omgaan soos met jou eie mense; hulle is nie meer vreemd nie dog steeds anders.

    Rassehaat is die gevolg van korrelasies of stereotipes, meestal onregverdiglike stereotipes maar dis nou maar in die mens se aard.  Rassehaat is ook dalk nie die regte woord nie want jy sal binnekort heelwaarskynlik weer onmin sien opvlam tussen die vreemdelinge hier (Malawiërs, Mosambiekers, Kongolese ens) en ons swartes alhoewel hulle van dieselfde ras is.  Vreemdelingehaat (genofobie) is dalk die regte woord.

    Jan Rap

  • Jan,

    Die Sjinese is darem nie so baie "anders" nie. Ek dink mens is effens sku vir enige vreemdeling, veral as hulle baie anders is as jou eie soort. En boonop nog 'n swak pers kry. As jy die persoon eers ken is dit 'n ander saak.

    Die saak is seker taamlik gekompliseerd en ek het beslis nie die allerantwoord nie.

    Onmin tussen ons swart mense en vreemdelinge uit Afrika het myns insiens te doen met vrees, naamlik dat hulle al die werksgeleenthede opneem.

    Tiens

  • FC se kommentaar hierbo laat my dink aan een van Johnny Hart se BC-strokiesprente (hy't Wizard of Id ook gedoen) waaroor ek myself erg vernkneukel (en dus verkreukel) het.
    Maud, daai fris knuppeldraende meisie wat die slang altyd so verniel sê tranerig vir Curly "I'm so ugly nobody likes me." 
    Curly troos haar en sê "Don't worry Maud, a wise old sage once said beauty is in the eye of the beholder."
    Maud helder op en sê "Does that mean in your eyes I'm beautiful?"
    Die volgende prentjie wys Curly erg opgefoeter, toegswelde oë, 'n bloedbek en hare kol-kol uitgepluk, verby twee ouens stap.
    "Who's that ugly guy?" vra die een ou.
    "I don't know" sê die ander ou "but he reminds me of a wise old sage I once knew."

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top