Met respek:
Dis opmerklik, dog hartseer, hoe erg belangstellendes hulself met die algemene betekenis aan woorde kan laat mislei.
Maar, dis ook reeds oor die brug hoe ek gedurig uit my verklarende woordeboek moet aanhaal, net om daarmee die gesprekke hier by die punt te probeer hou.
In sy kommentaar onderaan hierdie bydrae, bewys wat Chris Dippenaar hoe min hy tussen die woorde "sinies", en "skepties" kan onderskei.
Ek is egter oortuig daar is menige wat nie daaraan kan onderskei nie.
Dis ook waar dat daar menige slimjan is wat sulke woorde vir hul selfsugtige doel sal probeer kaap.
Een so 'n slimjan, is die berugte doktor Micheal Shermer; die baasbrein agter die huigelagtige webblad skepitcis101.com.
Doktor Michael Shermer, is 'n uitgesproke bespotter en ondermyner van alle Godsdiens. Die verbond tussen al die kundiges daarop, steun sy standpunt dat geloof, iets dom en agterlik is wat deur middel van die hul sogenaamde wetenskaplike metode, beskimp moet word.
Sou 'n mens konsekwent skepties wees, jy ook minstens twyfel sou had tot die stand van sake soos gunstig in die massamedia gebeeld - ja, selfs getwyfel het omtrent die sekerheid wat die bondgenote Michael Shermer en Richard Dawkins, omtrent die nie-bestaan van God straal.
Maar, dis beslis nie die geval in Chris Dippenaar se slaafse napraat van die femelaars se agenda op Sceptics101 nie.
Dis gesond om skepties te wees, en as ware skeptikus, bind ek myself nooit tot 'n enkele groep, of enige ekstreme en fundamentele aanspraak of uitspraak nie.
My digitale biblioteek beslaan selfs onder meer die volgende blaaie:
http://www.thrivemovement.com/
http://www.knowledgeoftoday.org/
http://www.huffingtonpost.com/
http://www.whydontyoutrythis.com/
... om slegs enkeles te noem.
Anders as Sceptic101 wat met "gesag" die algemene stand van onderdrukking in die samelewing bevorder, kan enige van my skakels nagegaan word en daar ontluikende groeikrag vir jou - die individu - uitvloei.
Aangesien Chris Dippenaar homself graag as voortvarend in die intellektualisme voorstel, ek hom dan as aanhanger van die leer van Antisthenes, sal komplimenteer.
Vir die res beteken die woord "sinies"; skaamteloos ongevoelig, skerpspottend, bytend, sonder geloof in die opregtheid, wantrouig, mensehatend, misantropies, mensehater, sardonies, bitter, grynsend, ... SLIM!
As iemand wat erg skepties is omtrent die stand van sake, ek ook geheel ooreenstemming het met Konsensus101 hierin naamlik: There is no such thing as an uncorruptible human institution.
Mag hierdie kennis en wete jou hart bloeiend, en in die liefde, vreugde en genade van ons almal se Skepper, laat groei!
Namaste!
Gewyde katolieke groete,
Cornelius Henn


Kommentaar
Die volgende woorde van Charl het my laat dink:
"Mense se oortuigings is soms so onlogies dat debat onmoontlik is en satire eintlik die enigste sinvolle manier is om daarop te reageer. Die bevordering van `n denkende samelewing is van meer belang as die gekrenkte gevoelens van die misleide persoon. Beswaddering is `n ander saak en om voortdurend individue eerder as onderwerpe aan te val ondermyn eie reputasie. Wie modder gooi, verloor grond."
Dankie Charl vir jou wyse woorde.
Presies Chris Dippenaar ... laat mens wonder; waar het die modder gooi begin begin? ...
Ag kom tog by Cornelius. Hoekom sal ek Charl bedank as hierdie teen jou gemik was?
... dis onder my bydrae Chris Dippenaar ... en derhalwe, wat laat jou dink ek het gedink jy mik na my?