911 Sameswering en die eentonige Chris Dippenaar

  • 26

Heil die leser.

Vir geruime tyd vier Chris Dippenaar homself met hierdie soort stelling: "Nee, ou gabba, so maklik is dit nie. Nie net lei jy [Cornelius Henn] aan vervolgingswaansin nie, jy is ook 'n formidabele 'conspiracy theorist'".

Die wêreld is vol sulke gekrenkte slimjanne soos Chris Dippenaar, wat hulself in hul vendetta probeer geld.

Gewoon is hul bedoeling om anderhaat met oorweldigende propaganda in hul guns te steun.

Ek meen; wie kan nou teen die regering van die dag se media en kundiges stry?

Wel, ek beskou myself in goeie geselskap.

Die elite met hul propaganda masjinerie, se dae raak min ...

My tyd is ook beperk, daarom kan ek nie anders behalwe om hierdie paar skakels te plaas -  uit my erg alternatiewe bronne - om die Chris Dippenaars se meerderwaardige waansin te toon nie:

http://www.knowledgeoftoday.org/2012/05/architects-engineers-solving-wtc-7.html

http://friendsofsyria.co/2013/09/01/cnn-caught-staging-news-segments-on-syria-with-actors/

http://www.enviroreporter.com/2012/08/no-place-to-hide-fukushima-fallout-findings-widespread/

http://www.whydontyoutrythis.com/2013/06/exxonmobil-ceo-asks-what-good-is-it-to-save-the-planet.html

Ek moet erken dis minder as 'n druppel uit my digitale biblioteek.

Ek nooi egter enige, selfs 'n Wouter Ferns, om ter wille van al ons besorgdes op die aarde hul meerdere bronne in teenstelling tot die werklikhede in my skakels te toon.

Namaste!

Cornelius Henn

  • 26

Kommentaar

  • Chris Dippenaar

    Cornelius, jy het nou net die aambeeld op jou voet laat val.

    Kom, moenie skaam wees nie, sê vir ons wat rook jy.

  • CorneliusHenn

    Chris Dippenaar, jy meen jou ou slaggie hierbo bewys toe sommer die teendeel in alles!!! ... hahahaha ... jy moet darem BAIE slim wees ... komaan Chris, wees jy dapper en vertel my wat jy weet - en hoekom dit nie waar is nie! ... in elkeen van die skakels hierbo asook die video's daarin ... anders bewys jy onbetwisbaar jou klinkende grootbek en napratery ... jy is ook welkom om my twiets vir nog vele meer by @CorneliusHenn te volg - as jy wil ...

     

     

     

     

     

     

     

     

     

  • Wouter Ferns stel nie belang in Cornelius Henn nie en kan Cornelius Henn maar staak om Wouter Ferns in Cornelius Henn se onsin te probeer insleep. Daar is niks waardevol vir Wouter Ferns daarin nie.  

     
    Staak dus asseblief jou verwysings na my om my so te probeer uit te lok. 
     
    Wanneer gaan jy besef dat ek niks van waarde met jou kan of wil bespreek nie. 
     
    Dit is 'n absolute mors van tyd in teenstelling met die verwysings waaruit ek wel put. 
  • CorneliusHenn

    Goddank! ... ek dink Wouter Ferns het dalk iewers agtergekom sy gehuigel is eintlik heel openlik 'n gespoeg en plak uit die regeerders se massamedia ... hou maar gerus verby Wouter Ferns ...

     

     

     

  • CorneliusHenn

    Toemaar Angus, menige onderdrukker HAAT Google ... plak gerus maar voor jou TV met CNN en BBC om vir jou te dink ...

     

     

     

  • CorneliusHenn

    Chris Dippenaar, kom ek maak dit makliker - net vir jou -  haal net een gesaghebbende bron aan wat WTC7 se inploffing logies verklaar -  net een ...

     

     

     

  • CorneliusHenn

    Chris Dippenaar, jy het nogmaals jou ou houtjie na my geswaai en toe gehardloop ... die skakel wat jy hierbo as kamstige bron in antwoord geplak het, verwys nie na 'n enkele van my onderwerpe in die skakels in my bydrae nie, dit handel oor skeptisme, iets wat 'n mens konsekwent in behoort te wees ... komaan Chris - haal net een gesaghebbende bron aan wat WTC7 se inploffing logies verklaar -  net een ... ons mag mos skepties ook teenoor die Amerikaanse bendes wat regeer se propaganda en indoktrinasie staan - kan jy?

     

     

  • CorneliusHenn

    Chris, dankie vir jou skakels ... enigeen kan egter daarop kliek, en kan dan agterna weer die videos en onderhoude in my skakel hierbo kyk ... elke belangrike feit in jou skakels word eweneens deur die meer as duisend kundiges in my skakels herhaal - plus so 'n bietjie meer relevante kennis daaromtrent ... meen jy regtig meer as 'n duisend professionele ingenieurs sal hul loopbane op die spel plaas vir hierdie soort propaganda? ... met respek Chris; ek loop self 'n pad in die regte lewe waar die omgewing deur groot maatskappye geskaad word en ingenieurs op hierdie stadium nog die brood op hul tafel belangriker ag ... daarom salueer ek die moedigheid van professionele ingenieurs, soos hulle in my skakels!

     

     

  • Chris Dippenaar

    Nog 'n goeie bron:

    http://www.csicop.org/si

    Gaan kyk ook gerus na prof. Claassen se bydraes hier op LitNet.

    Op hierdie stadium gaan dit dalk minder oor jou lysie hierbo as oor kritiese en rasionele denke.

     

  • CorneliusHenn

    Chris, ek't ooreenstemming met jou dat dit dalk minder oor my lysie hierbo, as oor kritiese en rasionele denke gaan ...  heel toevallig het ek reeds 'n bydrae gestuur waarin ek onderskeid tussen die woorde sinies en skepties maak ... hoop jy vind ook aanklank daarin ... ware skeptiese groete, Cornelius Henn

     

     

  • CorneliusHenn

    Wouter Ferns, jy meen Al Qaeda wen hierdie debat.... (waarskynlik na aanleiding van Chris Dippenaar se skakel: http://www.theonion.com/video/911-conspiracy-theories-ridiculous-al-qaeda-says,14222/ ) Wel, ek is reeds baie lankal besig om myself te verstom aan die verwikkelinge in Sirië ... ek meen; hoe skaar die Protestante Amerika hulself na alles omtrent 911, tog by die einste Al Qaeda en teen die katolieke volgelinge van Bashar? ... http://friendsofsyria.co/2013/09/11/obamas-terrorist-army-attacks-christians-in-maaloula/ ... die punt is Wouter Ferns; dat jy in jou slimmigheid op die werf, gedurig die  vermetelheid het om feite wat jou ou grys skaatjie sou laat kantel, ignoreer ... TYD, is egter die meester wat wel jou boosheid en laakbaarheid sal toon ... @realfriendsyria en geduldige groete, Cornelius Henn

     

     

  • Chris Dippenaar

    Wouter, kan dit moontlik wees dat Cornelius die Onion-onderhoud ernstig opgeneem het?

    Ongelooflik!

  • CorneliusHenn

    Ja, hoe skepties kan jy wees as jy gedurig die stand van die dag napraat en die mag aan bewind onvoorwaardelik verdedig? - siestog Chris Dippenaar ... verduidelik dan as jy welk so ingelig is; hoekom is die die sogenaamde Orion-onderhoud bespotlik? ... ja, sonder om so lafhartig by Wouter Ferns te kruip (dis beslis ook nie gesond nie) ...

     

     

  • CorneliusHenn

    Terwyl God aan Abraham beloof het om Sodom en Gomora ter wille van enkele getroues te spaar, het die Protestante Amerika en hul leier Obama, min gevoel vir die ongeveer 10% katolieke onder hul leier Bashar al-Assad, wat volgens alle waarskynlikheid die enigste verloorders in die oorlog in Sirië gaan wees: http://www.spectator.co.uk/features/9006591/dont-expect-the-government-to-raise-its-voice-for-syrias-christians/ ... tog, sinici soos Chris Dippenaar, het nog meer vrede daarmee - solank Godsdiens op die end daardeur ondermyn kan word ... soveel sinnelose en onredelike haat vir jou medemens,  is gewis gru om te lees en te aanskou!

     

    Mag Jesus Christus, die God van Abraham, genade gee aan die getroue harte, hoe min ookal, in al hierdie haat op Aarde vasgevang ...

     

    Cornelius Henn

     

  • CorneliusHenn

    Wharghahahahhaha ... help asseblief tog, en daar skiet die vervelige Chris Dippenaar toe sommer sy "uie" strooipoppie af!!!! ... en dit nadat die ewe patetieke Wouter Ferns, klaar die wenner daaruit verklaar het ... hehehehe ... nee wat, ek cherrypick en glo eerder net wat ek wil, solank ek net nie saam in dieselfde siniese anderhaat van hierdie slim, gebreispoelde, naprater, onderdrukkers, hoef te verval nie ...

     

     

     

     

     

     

  • Chris Dippenaar

    Cornelius, elders (kan nie nou onthou waar nie) skryf Wouter dat iets wat jy kwytraak "ryp is vir die Onion". Dis duidelik dat almal die grap vang behalwe jy.

  • CorneliusHenn

    Ai tog ou Snaaksie Dippenaar ... lees weer die opskrif van my bydrae hier ... kyk of jy die deel "vervelige Chris Dippenaar" daarin speur ... sien, jy is laaaaankal so saai, droog en oninteressant, dat jy selfs vir jou eie ou grappies val ... hehehehehehe  - spesiaal net vir jou Chris!

     

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top