Hallo
Wat hierdie onderwerp betref het ek werklik geen behoefte om daaroor te argumenteer nie, weens die stelling waarmee Cornelius Henn open, wanneer daar geskryf word, "daar is selfs diegene wat selfs Auschwitz en die moord op miljoene Jode met dieselfde trant wat jy hierbo voer as 'n klug afmaak". Dit is na aanleiding van 'n kommentaar deur my geplaas hier.
https://www.litnet.co.za/Article/brief-vars-nuus-vir-neo-afrikaners
Dit is duidelik dat Cornelius Henn net soos "Boervrou58" nie 'n idee het wat hulle doen nie, wanneer bogenoemde geskryf word en daar gepoog word om 'n argument te formuleer vir 'n "Wit Afrikaner Volksmoord" en volkome onbewus is van die absolute swak smaak waarin dit is en die skok om te doen soos in die inleiding gedoen, 'n verwantskap te probeer skep, tussen die wat die Holocaust ontken vandag en die wat kwansuis die "Wit Afrikaner Volksmoord" sou ontken.
Dit is te raar en onwerklik om te weet dat Cornelius Henn voer hierdie aan as 'n werklikheid.
Weereens skokkend.
Daar is 'n verskeidenheid van boeke in my versameling wat bogenoemde onderwerp aanspreek, waarvan "Genocide: A Comprehensive Introduction" van Adam Jones, een was. Wat die Holocaust betref kan daar verwys word na "War and Genocide: A Concise History of the Holocaust" van Doris L. Bergen. (Doris L. Bergen is the Chancellor Rose and Ray Wolfe Professor of Holocaust Studies.-University of Toronto).
Die lektuur oor die onderwerp is oorweldigend en kon daar na 'n verskeidenheid van ander publikasies ook verwys word en is slegs gebruik aangesien nie al my boeke beskikbaar is nie, maar selfs dan is die lektuur van so 'n omvang dat 'n enkele persoon nie reg daaraan kan laat geskied nie. Hierdie is dus 'n beperkte vertelling en kan aangevul word om 'n magdom ander aspekte te bespreek. Ek sou eerder uit Raul Hilberg se "The Destruction of the European Jews" wou put, maar dit is nie beskikbaar hier by my nie.
Die konteks waarin in Volksmoord afgespeel het word nou verduidelik.
Die fondasie vereis die teenwoordigheid van die volgende gedagtestrominge.
Anti-Semitisme en rassisme en 'n algemene klimaat waarin dit kon funksioneer, asook die teenwoordigheid van ander vooroordele en die politieke wil om die reaksie wat daarop voortbou te implementeer.
Indien daar by die begin begin word, dan is dit duidelik dat Nazisme se eerste teikens die met gebrek was. Hierdie kan in die lig van Sosiale Darwinisme gesien word en wat kreasionis nou nog misbruik om Charles Darwin en evolusie die skuld vir die Holocaust te gee. Die mense wat 'n gebrek gehad het is in die lektuur van die tyd beskryf as “living burdens”, “completely worthless creatures”. Mense wat dus volgens die oordeel van die tyd nie eers volkome mens was nie en met gemak kon vernietig word.
Die tweede groep wat 'n teiken was, was die Roma, en word die woord “Gypsy”, nie deur my gebruik nie, aangesien dit in wese 'n belediging teen die persoon en die groep is.
Weereens het Nazisme dus in die konteks van reeds bestaande vooroordele funksioneer met hierdie groep as die tweede teiken wat vir vernietiging uitgelig was.
Ook moet daar kennis geneem word van die beleid van Duitsland wat die dood van ongeveer 75% van die Herero's en 45% van die Nama's veroorsaak het in die 1907's en geskied het onder die mikpunt van "totale oorwining".
Ander vooroordele wat ryp was vir motivering vir optrede sluit in, rassisme wat die Afrikaan gesien het as 'n bedreiging wat die bloed van die nasie besmet en die Duitse nasie verswak. Ook was daar 'n weersin in Slawiese volke, Pole, Russe, Oekraïners, Tsjegge, Serwiërs.
Die laaste groepering is wat beskryf was “asocials”, asook homoseksuele, Jehovah Getuies, Vrymesselaars.
Bogenoemde skets 'n redelike donker prent van Europa en is verwyderd van die perfekte Europa wat aangebied word as die hoogtepunt van beskawing. Vooroordele en intense haat blyk in die bloedstroom te wees.
Wanneer die omstandighede van die twee tydperke vergelyk word, Europa, Duitsland in die aanloop tot WOII en die stand van Suid-Afrika vandag is dit duidelik dat daar geen vergelyking getref kan word nie en dat die klimaat wat nodig is vir 'n Volksmoord nie hier heers nie.
Soos alreeds gesien moet die politieke wil daar wees om te reageer op hierdie vooroordele wat in die bloedstroom is en tot werklike aksie oor te gaan.
In die volgende gedeelte word die uitlewing van daardie impuls bespreek. Dit is belangrik om kennis te neem dat met die uitbreek van WOII was die Nazi's alreeds van 1933 aan bewind. In hierdie tydperk kan dit aangevoer word, dat die samelewing in sy diepste wese omvorm was en Nazisme, die norm was en tereur en vervolging as algemeen aanvaar was en daardie aanvaarding gee aanleiding tot 'n gebrek aan belang en daarmee vrye uitlewing aan die in beheer om na hartelus te kon optree.
Met die veld oop vir optrede kon daar opgetree word. In 1935 word van die eerste wetgewing formuleer, "Law for Protection of German Blood and Honor", wetgewing wat die Duitse Jode isoleer van die res van die samelewing en ook huwelike en seksuele omgang verbied het.
Hiermee saam word "Reich Citizenship Law" geformuleer en word Duitse burgerskap daarmee afgeskaf vir Jode gegrond op sekere kriteria waaraan voldoen is.
Bogenoemde 'n bolangse aanbieding van die eerste drie hoofstukke. Hoofstuk vier bespreek die uitbreek van die oorlog en dan sekere bekende bakens wat bekend is aan die ingeligte leser. Hierdie bring die leser dan by 9–10 November 1938, bekend as "Kristallnacht".
Tesame hiermee is die uitbreiding van die konsentrasiekampe ook versnel, "Konzentrationslager", met name wat nou deel van die mensdom se bewussyn is, "Dachau", "Buchenwald", "Belzec", "Treblinka" en "Auschwitz-Birkenau".
Daar is 'n periode wat nie in hierdie skrywe aangespreek word nie, sodat daar by 1942 en dan by Wannsee arriveer word, wat 'n draaipunt in die "Finale Oplossing" is.
Daar is 'n film wat dit uitbeeld, getiteld, Conspiracy (2001) en is een van die films wat 'n blywende indruk op my gemaak het en nog steeds 'n verwysingspunt in my bewussyn is om die Holocaust te verduidelik. Die film is beskikbaar en kan hier gekyk word.
http://www.youtube.com/watch?v=tPIctGbAZEQ
Kyk dit asseblief.
Die kongres in Wannsee, 1942 maak dit duidelik aan die hand van Eichmann dat die "Finale Oplossing" het al 11 000 000 Jode in Europa as teiken. Dit is in hierdie kongres dat daar besluit is op die gaskamers, en daar besluit is om die slagoffers na hulle dood te vervoer. Die gaskamers het die belangrikste geword, maar metodes soos, skiet om tereg te stel, hongersnood, mense te laat sterf weens oorwerking, mishandeling en siekte is nog steeds gebruik.
Wat baie duidelik in die film uitkom is die industriële skaal waarvolgens hierdie uitwissing plaasgevind het en daarom dan die aanbeveling vir die wat sou belangstel om so 'n film te kyk, om begrip vir die werklikheid van moord op industriële skaal te kry.
Hierdie is 'n banale manier om dit te stel, maar dit is 'n produksielyn. soos 'n fabriek wat produseer. Die treine wat die materiaal bring, die skeiding en voorbereiding vir verwerking en die uiteinde. Die syfers is van so 'n aard dat die impak daarvan verlore gaan en dit sonder betekenis is en die onmenslikheid daarvan verbloem. Daarom stilte oor die syfers, dit is mense waarvan gepraat word.
Die volgende dan as 'n aanduiding van die tydsgees:
"German authorities tried to keep the operation of the killing centers secret, just as they had attempted to conceal the murder of people deemed handicapped and the mass shootings of Jews and others in 1941, but in no case was secrecy really possible. The killing operations were simply too big and involved far too many people to keep them quiet. Local populations watched full trains pull in and saw them depart empty. The air for miles around was thick with the ashes of burning bodies and heavy with the stench of death. Civilians of all kinds came from Germany and elsewhere for jobs in the camps. There were guards, of course, but also architects and engineers, suppliers, telephone operators, and secretaries. What did the German and Polish women think whose job it was to type up lists of the dead and prepare statistics of the numbers of people killed?"
Bogenoemde kan gelees word in die lig van die volgende aanhaling uit "A Century of Genocide: Utopias of Race and Nation" van Eric D. Weitz. (Dean of Humanities and Arts and Professor of History at The City College of New York):
"Despite still prevalent views that the Holocaust was a “secret” process unknown to most Germans or other Europeans, the violence associated with it was often quite public in nature:
While I was traveling through [Kovno] I went past a petrol station that was surrounded by a dense crowd of people. There was a large number of women in the crowd and they had lifted up their children or stood them on chairs or boxes so they could see better...
On the concrete forecourt of the petrol station a blond man of medium height, aged about twenty-five, stood leaning on a club,resting. The club was as thick as his arm and came up to his chest. At his feet lay about fifteen to twenty dead or dying people. Water flowed continuously from a hose washing blood away into the drainage gully. Just a few steps behind this man some twenty men, guarded by armed civilians, stood waiting for their cruel execution in silent submission".
In 1942 het twee jong Joodse manne ontsnap van Chelmno, maar is nie geglo nie.
Maar dit is nie waar die verhaal eindig nie, aangesien die volgende in berekening gebring moet word.
Jan Karski, die eerste getuie wat aan die Weste die waarheid van die gebeure meegedeel het. Tesame hiermee het Brittanje alreeds van 1941 boodskappe onderskep van Duitsland wat die metodes van die dag ontbloot het en ook ander soos Jan Karski, wat getuienis begin lewer het en ook belangrik in hierdie konteks, die media, in die VSA, Kanada en Switserland het rapporteer op hierdie verwikkelinge.
Dit beteken dit was bekend en moet die redes vir onmiddellike optrede ondersoek word en dien die volgende as 'n moontlike verklaring:
"A number of factors prevented the Allies from broadcasting their knowledge of slaughter of European Jews and other people. Most important, there was a war to be won, a war whose outcome was by no means clear in 1942 or even 1943. In particular military leaders in the United States and Britain emphasized the need to stay focused and avoid being distracted by “sideshows.” No doubt some individuals were indifferent to the fate of Europe’s Jews or even had antisemitic notions of their own. Nevertheless it is probably fair to assume that many people simply could not grasp the unprecedented nature of this war of annihilation, and even those who could tended to be preoccupied with their own issues and struggles".
Daar kan nie met bogenoemde volstaan word nie en is daar ruimte vir verdere ondersoek. Wat nie geduld kan word nie is die poging van "Boervrou58" & Cornelius Henn om 'n verwantskap te probeer skep tussen een van die groot tragedies in die mensdom se geskiedenis en dit wat nie bestaan in Suid-Afrika nie.
Dit gaan die verstand te bowe en is benede verdere gesprek en sluit ek hiermee af en sal nie verder op hierdie onderwerp reageer nie, weens respek aan alle slagoffers.
Baie dankie


Kommentaar
Beste Wouter,
Hoekom op aarde so 'n lang relaas om bloot te kan sê dat Henn praat twak. As Henn en Boerevrou58 werklik glo dat daar 'n "wit Afrikaner volksmoord" aan die gang is, is dit hulle plig om hierdie toestand van sake onder die aandag te bring van die Verenigde Nasies, die Wêreld Raad van Kerke, en die Internasionale Kriminele Hof sodat hierdie instansies bewyse vir so 'n volksmoord kan ondersoek en vergader, soos in die geval van Bosnieë en elders.
Groete,
Pieter Redelinghuys
Asseblief Wouter, ek betwis nêrens die volksmoord op die Jode nie - inteendeel, ek het 'n hekel aan enige vorm van anti-Semitiese propaganda! My punt is dat jy verseker ook die volksmoord op die Boervroue en kinders in die konsentrasiekampe, ekonomiese en ander geweld teen wit Afrikaners vandag op dieselfde trant as anti-Semiete propageer ... met ander woorde; al is jy wel eens oor die Duitsers se volksmoord op Jode, misbruik jy dieselfde strategie en prosesse as anti-Semiete om die onderdrukking, ekonomiese marginalisering en rassisties gewraakte moorde op wit Afrikaners te misken!
Natuurlik kan 'n mens die menseslagting en metodes wat gebruik is nie vergelyk met die plaasmoorde
in Suid-Afrika nie. Maar net so onsinnig as wat dit is, is dit om die NP-regering met die Nazi-regime te vergelyk.
Hello FC,
Hello Pieter,
Hello Cornelius,
FARM MURDERS HAVE NOTHING TO DO WITH RACE = AFRIFORUM
Lees: https://za.news.yahoo.com/farm-murders-nothing-race-afriforum-060147380.html
Ag asseblief tog Jaco! ... nes Solidariteit, is AfriForum ook maar net nog 'n instrument vir die FW de Klerkstigting - baie berug vir hul geswinde waarheid en onsin soos "wigte en teenwigte" ... onthou; in die Boere se Vryheidstryd teen die Britte het 'n hele paar swartes ook in die konsentrasiekampe omgekom ... bewys dit nou dat die volksmoord op die Boere deur die Britte in hul gruwelike konsentrasiekampe nie teen die Boere gemik was nie? ... (o ja, Neo-Afrikaners soos jy het mos nie 'n saak met die Boere se Vryheidstryd teen die Britte nie, en nog minder traak die eerste konsentrasiekampe in menseheugenis waarin weerloses so wreed uitgemoor is jou en die Wouter Fernse) ... Jaco, ek is ook ewe oortuig dat daar wel swartes ook is wie nie werk kan kry nie - bewys dit nou volgens julle kamstige apolitieke groepdrukkers dat regstellende aksies en swart bemagtiging net 'n gerug is?
Oester ek stem. Ons behoort meer na mekaar om te sien. In vandag se dae ken baie mense nie eers hul buurmense nie. Ek is self skuldig. Soms moet ons toelaat dat voorgevoelens ons lei, iets daaraan doen as ons dinge 'vermoed'.
Hello Jaco, van my kant af, baie dankie dat jy dit uitgelig het, dit is baie waardevol.
Cornelius
Jy is welkom om jou eie leuens te glo, maar jy oortuig niemand nie, nie eers vir die intellegentes onder die gekkegrens nie. Jy leef is 'n wereld van onwerklikheid, wat betreuenswaardig is, en hierdie is nie gesê om lelik teenoor jou te wees nie. Ek het besluit om vrede met jou te maak, en ek volstaan daarby.
Wouter
Jy's welkom
Jaco, sou gewoon 'n wel bewoorde antwoord op my vrae nie eerder as intelligent gelees word as jou kwetsende verwysing na kwansuis my leuens nie? Dit bring my net na nog 'n vraag wat jy hopelik nie ook so sal probeer ontduik nie naamlik; wat eien jy so eiemagtig en laatdunkend as my "eie leuens" toe?
Cornelius
Die ondergekwoteerde stellings van jou, indien hulle nie leuens van jou is nie, bewys hulle met gestaafde feite:
(1) "... nes Solidariteit, is AfriForum ook maar net nog 'n instrument vir die FW de Klerk-stigting"
(2) "- baie berug vir hul (AfriForum) geswinde waarheid en onsin soos "wigte en teenwigte"
(3) "... (o ja, Neo-Afrikaners soos jy het mos nie 'n saak met die Boere se Vryheidstryd teen die Britte nie, en nog minder traak die eerste konsentrasiekampe in menseheugenis waarin weerloses so wreed uitgemoor is jou" -
(4) "bewys dit nou volgens julle kamstige apolitieke groepdrukkers dat regstellende aksies en swart bemagtiging net 'n gerug is" Bewys waar ek ooit gesê het dit is 'n gerug, indien nie, is dit mos 'n leuen van jou
Cornelius
"Jy leef is 'n wêreld van onwerklikheid, wat betreurenswaardig is"
Jy skryf in vorige artikels jy beskou jouself as Boere-Afrikaner, maar net van diegene wat noord van die Vaalrivier afkomstig is, en dat Kruger jou leier sou gewees het. Vrystaatse Boere volgens jou het die Griekwas probeer kul, die dat jy nie met hulle vereenselwig nie.
Nou in watter hedendaagse "Boere-Afrikaner" groepering pas jy in? Noem sodanige groepering by naam, bv. AWB, Praag, ens. Daar is heelwat van hulle, wat ek als die gekkegrens etikeer? Nie enige van hulle aanvaar Katolieke; Jode; ateiste of gays nie. Diegene wat praat van godsdiensvryheid, doen so in die konteks onder verskillende Protestante alleenlik.
Ek sien jou as 'n Boere-Afrikaner van een persoon alleenlik. Help my reg indien ek verkeerd is.
Jaco, ek verstaan jou dilemma.
Dis lank reeds duidelik uit die ou nuus wat jy gedurig hier plaas dat napraat 'n bepaalde vereiste in jou rede is.
Punt is, ek praat namens niemand behalwe myself nie.
Alhoewel ek graag by standpunte aansluit, ek veel eerder my eie standpunt hier huldig. Dit blyk na baie jare dat hierdie werklikheid geleidelik ook by jou saamprater Wouter Ferns insink.
Ek steun heelhartig organisasies soos die Inkatha Freedom Party, Orania Beweging (Suid van die Oranje), die Vryheidsfront Plus en Front Nasionaal, op grond van veral hul beginsels op papier.
Derhalwe respekteer ek persoonlikhede en leiers vandag in lewe soos doktor Dan Roodt, doktor Pieter Mulder, Prins Mangosuthu Buthelezi en selfs meneer FW de Klerk (hy is eintlik ook my oom in die regte lewe).
My beskouinge "Noord van die Vaalrivier", behels eintlik die geskiedenis daarvan. Ek respekteer enigeen van Suid tot Noord oor die hele aardbol heen wat hulself daarmee identifiseer, en as deel daarvan. Ek hoop jy vind dit reg dat geografie nie in my gedagte vandag meer bepalend is nie.
Ek is al 'n hele entjie oor die halfeeu merk waarvan minstens DERTIG daarvan EERSTEHANDSE belewenis en ervaring in die politiek in ons land is. Lees gerus my kommentaar op hierdie bydrae van Wouter Ferns om 'n geringe blik op my ideologiese beginsels te kry, waar dit wel jou vermoë vind: https://www.litnet.co.za/Article/brief-edmund-burke-n-kort-oorsig (ek twyfel of Wouter Ferns ooit tyd sal het om in die onderwerp te groei).
My geestelike ervaringe in die liefde en genade van ons Skepper daarenteen, strek vandat ek 'n baie klein seuntjie was.
Jou vraag 1 en 2 dui op jou erge naïewiteit. Ek dink die leierskap in hierdie organisasies lag hul pap vir jou uitdaging aan my. Ek stel voor jy hang nog 'n bietjie daarin rond en bepaal self hoe nougeset die organisasies mekaar steun en saamwerk. Alhoewel elkeen op hul eie domein bedryf besef jy miskien later selfs wie die regte leier tussen Flip Buys, Kallie Kriel en meneer FW de Klerk is.
Jou vraag 3 verbaas my aangesien jy menigmaal self hier te kenne gegee het dat die Boeregeskiedenis vir jou iets in die verlede is en dit op geen manier jou gedagte aan die toekoms bepaal nie. Ek gaan my nie sukkel om agter jou getik aan te soek nie, maar is meer as bereid om jou verskoning te bied indien jy duidelik verklaar dat jy jou Boere en Voortrekkererfenis en die opoffering van jou voorouers sodanig ag dat jy absolute respek sonder skuld daarvoor by die mag van die dag sal eis!
Dit sal natuurlik beteken dat jy voorkeur aan jou eie mense in die Mzansi reënboog gee. (BELANGRIK: In die konteks van die onderwerp onder hoofde hier, behoort jy dus ook die verloop van demokratisering in Afrika en die aanslag op blanke boere in geheel ORAL reken voor jy goedsmoeds die ongelukkige swart boere wat ook vermoor word misbruik om die algemene aanslag te verdoesel en tot nadeel van jou eie mense).
Jou vraag 4 is gewoon en tipies net nog 'n verkragting van my vrae aan jou. In antwoord op jou desperaatheid herhaal ek my vraag volledig: "Jaco, ek is ook ewe oortuig dat daar wel swartes ook is wie nie werk kan kry nie - bewys dit nou volgens julle kamstige apolitieke groepdrukkers dat regstellende aksies en swart bemagtiging net 'n gerug is?"
Jy het duidelik weereens en soos menigmaal voorheen nie my vrae aan jou beantwoord nie, maar (nes 'n wafferse Dirk Rigter) probeer weghardloop met jou vrae met die doel om te kwets aan my sonder die geringste moeite om eens my vrae eerste gestel aan jou, te beantwoord.
Ek sien uit na jou regstelling en verdere belangstelling in die waarheid.
Boeregroete,
Cornelius Henn