Volgens die oorspronklike Hebreeuse etniese mite oorgeneem en opnuut verwerk in die Nuwe Testament deur die Roomse- en Protestantse Kerke, en geformuleer in hulle geloofsbelydenisse is die mens in sonde gebore, en hierdie gedagte van erfsonde of "original sin" vorm dan die grondslag en uitgangspunt van die Joodse-Christelike wêreldskouing en teologie. Die uitbreiding en ontwikkeling van hierdie teorie/ teologie: volgens die Jode sal daar in die toekoms ’n verlosser gebore word, terwyl die Christelike "sekte" van hierdie Joodse paradigma beweer dat daar reeds ’n verlosser gebore was, en dat daar in die toekoms Sy wederkoms sal wees.
Die Hebreeuse etniese mite konstateer dat die mens in sonde gebore word. Shinto, die inheemse etniese geloof van Japan, aanvaar nie dat die mens in sonde gebore word nie maar dat die mens rein gebore word en deel uitmaak van die gees/siel van God self (divine soul) . Onreinheid, boosheid en "sonde" is eienskappe wat later in die lewe ontwikkel, en kan besweer word deur reinmakende rituele, "purifying rituals". Laasgenoemde laat mens onwillekeurig dink aan die nagmaal, ’n ritueel ingestel deur die Christelike Kerk as gedenking aan die lam van God, "verlosser van die sonde".
Onlangse studies deur antropoloë en sielkundiges dui daarop aan dat homo sapiens nog goed, nog kwaad van natuur is, maar geneig is tot goed wees weens die eenvoudige feit dat die enkeling se oorlewing afhanklik is aan samewerking met die groep. Hierdie gedragspatroon is vasgelê in die gene weens ’n evolusionêre noodsaaklikheid vir oorlewing.
Vir my maak hierdie teorie uiters sin. By geboorte is die brein van die baba ’n tabula rasa, en deur eerstehandse ondervinding met die buitewêreld, eers met die ouers, en dan later met die breër gemeenskap, ontwikkel die kind morele beginsels deur ’n proses van opvoeding. "Slegte mense", terroriste, godsdienstige fanatici en dies meer word nie gebore nie maar is die produk van ’n gebrek aan korrekte opvoeding, indoktrinasie en breinspoeling, en die subtiele interaksie van nog ongedefineerde genetiese afwykings van die "norm" en ’n ongunstige omgewing.
Soos wat die wetenskap ontwikkel en nuwe kennis voortgebring word, sal ons eendag beter helderheid en insig kry oor die inherente natuur van die mens. Om te beweer dat die mens "in sonde gebore is" sal nie langer beskou kan word as een van die hoekstene van die Wysheid nie.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys


Kommentaar
Pieter
Beste Pieter en Thomas,
Ek komplimenteer heelhartig die bydrae hierbo met Pete Owen-Jones se dokumentêre reeks "Around the world in 80 faiths": http://en.wikipedia.org/wiki/Around_the_World_in_80_Faiths
Uit my ervaring verwag ek egter dat min kennis daarvan geneem sal word.
Die verwoesting wat deur fundamentele anderhaters gesaai word in die mensdom - hetsy deur gelowig of ongelowige misantrope - is 'n wel bewese werklikheid.
Wat my ongelukkig opval is jul gedurige veralgemening van sogenaamde spiritueel intelligente ware gelowiges soos Kobus de Klerk, tot skande van Godsdiens.
Nes Kobus de Klerk lankal nie meer antwoord op die vraag van sy hatige Bybelaanbidding nie, netso blyk daar geen verantwoording te wees deur die werf se agodsdienstige en agelowiges omtrent ware ongelowiges se skande in die geskiedenis nie - dit, wyl hulle nie huiwer om godsdiensboewe onder 'n mantel van spiritualiteit as strooipoppe in hul veralgemening hier op te stel nie.
Dit dui gewoon en onteenseglik op 'n ernstige gebrek aan integriteit en konsekwentheid deur die werf se ateïste.
Hier is my vraag; is dit nie absurd om Godsdiens as die kwaad in die lewe uit te sonder wyl daar 'n hele lang lys "grotes" in die naam van ateïsme ook die mensdom teister nie?
Ek besef baie van die skakels wat ek aandui die gemiddelde belangstellende op die werf se slimmigheid net verder onthuts.
Ek nooi egter al die ander eerlike belangstellendes om saam met die skakel hierbo, ook die volgende deur te blaai: http://listverse.com/2010/06/05/10-people-who-give-atheism-a-bad-name
Namaste!
Cornelius Henn
Beste Thomas,
Die nuutste skandaal van barbaarse afmetings betrek die Roomse Kerk in Ierland waar die beenderige oorblyfsels van 800 babas en kinders daar in 'n massagraf, 'n septiese tenk gevind is. Hierdie is die oorblyfsels van kindertjies van ongehude moeders, sg " vervalle vrouens", verwerp deur die konserwatiewe Katolieke gemeenskap. Die kinders is deur nonne van die Bons Secours Sisters van St. Mary "versorg". Baie van hierdie kinders is dood aan ondervoeding , onbehandelde tuberkulose, en masels.
Persoonlik is ek nog altyd van die opinie dat die Roomse Kerk een van die mees bose instansies is wat die mensdom ooit ontwikkel het, van 'n tyd nog voor dié van die Krygstogte, die genocide van die Cathars, die Inkwisisie, die vervolging van wetenskaplikes, die plundering van inheemse volke , die ondersteuning van militêre juntas, en die ondermyning van demokratiese ontwikkeling in Suid-Amerika. Vandag gaan hulle voort met hulle bose werke, en die resultate word gesien in lande soos Brasilië en die Filippyne waar geboortebeperking teengestaan word met die gevolg dat groot families in armoede en elende lewe.
Groot vreugde om te sien dat die Vatikaan begin kla dat jong Europeërs nie langer priesters wil word nie. Hulle begin nou om hulle priesters te werf van die "derde wêreld".
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Pietie gorrel alweer, alle babas word gebore met hulle se karma, en sterf daarmee...dis onoplosbaar...behalwe wanneer jy boeddha word...en Filipynne het nou die beste ekonomie in Asië, stof die Japsnese en Tjinese en almal uit. Jammer om die feite in te bring,jy struikel altoos oor daai hekkie huh...