Dis tragies hoe SA terugboer, ons volg die weste in feitlik alles, dis rerig tragies ... so lees ek in Rapport en kan net kop skud
http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Vandekeere-steeds-op-vrye-voet-20130917:
Wat het geword van Afrika-reg? As jy selfs so sleg is om 'n selfoon te steel verdien jy die doodstraf dannie?
Nou loop daar mense soos die los rond, ons lees:
Die bewyse teen hom is verdoemend. Dit sluit in dat Barnard, wat vermoedelik voor haar dood verkrag is, se keel afgesny is met ’n broodmes wat saam met die meisie se skoongewaste lyk in dieselfde huis gevind is waar hy besig was om glo pornografie te kyk. Suzette het daardie dag, 1 April 2011, na ’n ure lange soektog vir haar dogter deur Jurgen se deur gebars, Barnard se onderklere en ’n plas bloed naby Jurgen gewaar en toe van vertrek na vertrek gehardloop vóór sy haar naakte kind gevind het in die laaste slaapkamer. Sy is onder meer in die bors gesteek en haar keel is afgesny.
Sy en haar man besoek nog elke naweek Chantelle se graf, maar hulle het nie laas naweek nie.
“Ek het myself reggemaak om met my lewe aan te gaan en om van my wrok ontslae te raak. Sy verhoor sou Maandag begin het en hy sou kry wat hom toekom. Maar nou loop hy vry rond.
“Ek kan dit nie glo nie. Ek is baie teleurgesteld in ons regstelsel, want hoe kan hulle ’n vermeende moordenaar borg gee? Niemand soos hy wat vir 25 jaar tronk toe moet gaan sal opdaag vir hulle verhoor nie. Hulle sal mos eerder weghardloop,” sê sy.
Die enigste troos wat die Barnards nou het is dat Jurgen sy borgvoorwaardes verbreek het en in aanhouding sal bly tot sy verhoor weer aangaan wanneer hulle hom opspoor en arresteer. Hy het egter familie in België en daar bestaan ’n vermoede dat hy soontoe kan probeer vlug.
Genugtig!!
Ons is feitlik al amper net so kak soos die EU, Kaknada, OZ en NZ!!! Ons is in vryval, die enigste verskil tussen ons en al daai mislike Westerse opgooi landjies is natuurlik dat die moordenaars daar nie eens probeer vlug nie! Hoekom sou hulle? Vir moord in enige van daai plekkies kry jy niks meer as maksimum 5 jaar se lekker gerieflike ruskans in 'n regering se vakansieoorde wat vir tronke deurgaan nie ... hoekom dan vlug? Boonop loop jy uit met lekka ponde ook ... dis goed dat kriminele nog hier vlug, dis al teken dat ons nog nie so kaksleg as die weste is nie ... maar wragtig ... ons is amper daar ...
Francois Williams

