Op 14 November skryf Reusedwerg, na aanleiding van die program “Boer soek ‘n vrou”, onder andere die volgende oor vroue:
“Volgens die program dink ek ons dames is bevoorreg/bederf. Daar is mos nie meer diskriminasie teen vrouens nie. Hulle wil mos op gelyke voet hanteer word. So as jy nie saam met die groot honde kan loop nie, sit jy op die stoep. Staan sterk Jan. Op daai plaas is jy baas. 'n Plaas kan nie met meer as een baas nie.”
Verder aan skryf hy oor vroue die volgende "...die poppe van die stad..." en …”op die plaas rondtrippel met opgeklitste hare tot 'n ligte sousie, en skerppunt skoentjies en heuphang-denims..”
Dan vervolg hy met…”(vroue wat) in die kamers rondgehang het en eers "war paint" of polifilla aansmeer…”
Ek, as man, neem eksepsie as enige ander man só oor vroue praat of skryf, want hierdie is ‘n ding wat ingewortel is in sommige Afrikanermans se DNS en dit het sy oorsprong in hulle godsdiens-agtergrond wat sê die man is baas en die vrou moet haar bek hou en die skottelgoed was. Tot my stomme verbasing is die eerste reaksie op Reusedwerg se brief dié van ‘n vrou, Trienie, wat laat waai met die volgende:..”Mooi so Reusedwerg! Jy praat waar ou swaer ...”
Ek het skerp gereageer op Reusedwerg se brief en Trienie se reaksie, en wat gebeur? Reusedwerg se teenreaksie is soos volg: …”Ai nig Dirkie, skud tog asb jou kop/hoof dat jou ore jou wakker klap. Moenie 'n biets wees nie..”
Toe Perdebytjioe haar misnoeë laat hoor, antwoord Reusedwerg haar met:…”Perdeby. Ontspan die boude...”
Lang storie kort: Reusedwerg beskou my en Perdebytjie as “…humorloos, die armes van gees, humorloses, mense wat beuselagtighede opklits, ens.
Ek vind dit byna onwerklik (of surreal soos die Engelse sê), dat mense vandag in 2013 só oor vroue kan praat en dit afmaak as…”Die lewe is daar om te geniet en sien ek gewoonlik die humor in goed raak…”
G’n wonder vroue word so opgedonder in hierdie land van ons nie. So lank hulle net nie “bietse” is nie, nie “op gelyke voet hanteer wil word nie” en “die boude ontspan” kan hulle maar volgens Reusedwerg hul regmatige plek inneem in die samelewing.
Hoe seg hy: ‘n Goeie begryper het ‘n halwe woord nodig”??
Ek skaam my vir hierdie “groot honde”. Ek sit liewer saam met Perdebytjie op die stoep terwyl Reusedwerg iewers in die beesmis rondstaan en…“die lewe geniet..”, soos hy sê.
Dirk Rigter


Kommentaar
Jy is is sowaar totaal humorloos. Kan jy nie sien dis alles tong in die kies nie?
Varkspek
Varkspek, ou bitterbal, die punt is juis, hierdie is NIE tong in die kies nie! Jy's in elk geval net dieselfde: "Vrou, bring die brannewyn en coke, die game begin nou-nou". En terloops hoe't jy die anderdag die Arikaner se vlag hoog probeer hou met Trust Bank, Saambou en Volkskas? Waar's hulle nou? Moer toe almal van hulle. Trust Bank en Saambou skaamteloos bankrot bestuur en Volkskas ge-abdikeer aan Barclays wat jy-weet-wat gedoen het in die laat 1980's. Of dalk weet jy nie?
Beste Dirk