Ek het ‘n lang tyd gelede in ‘n twisgeskrif met Jan Rap en van sy volgelinge betrokke geraak nadat hulle vir die hóéveelste keer die deugde van apartheid en die ou Suid-Afrika besing het. Lesers van die forum is bekend met die verloop hiervan, en het waarskynlik, soos ek, nou genoeg gehad.
Daarom het ek in my laaste kommentaar op Jan Rap se sovéélste vergoeiliking van apartheid, vir hom in geen onduidelike taal nie, koebaai gesê. My debat met hom, en eendersdenkendes, wat almal wat nié vir Front Nasionaal gestem het nie, as zombies afmaak, is dus verby.
Vir Reusedwerg wat soos ‘n skoothondjie agter Jan Rap aanhol, die volgende: Jy beswadder in jou kommentaar van 29 September almal wat nie jou en Jan Rap se standpunt van “Apartheid-was-goed-en alles-is-nou-sleg” onderskryf nie, as “andersdenkendes” en dan stel jy ons gelyk aan die ”...armes van gees wat die demokratiese reg het om hul naam gat te maak met beuselagtighede en nie weet waarvan hulle praat nie...”
Vervolgens tipeer jy jouself as “...bipolêr en volwasse ADD...” wat genoegdoening daaruit kry om jou agtien maande oue kleinseun (!) te laat verbrand aan die Weber oor hy nie “...wil hoor nie en moet voel...” Is dit ook een van die “beuselagtighede” in jou lewe waaroor jy so hardop wonder?
Daaropvolgend span jy die kroon, as dit nog enigsins moontlik is: Jy vertel ons jy, die groot held, is al in Afrikalande opgesluit en deur hulle uitgesit. En dan volg jou credo: ”...Afrikane (lees swartes) breek af tot op die grond en kak dan die blanke uit wanneer iets nie meer werk nie...”
Hoekom is jy so lief vir die kak woord? “...Geen vars kak nie...” is jou afsluitingswoord in jou nuutste kommentaar onderaan Pieter se brief. Wat ‘n indrukwekkende laaste woord vir die leser om Reusedwerg mee te onthou. Mooi so ...ons wag op die volgende hoogtepunt.


Kommentaar
Dankie vir jou kommentaar. Ek is werklik bevoorreg om jou nie persoonlik te ken nie, want dit klink vir my jy kan op water loop.