Rede vir ateïsme

  • 13

Ek is nie 'n ateïs omdat ek kwaad is vir een of ander god nie. Ek is ook nie 'n ateïs omdat ek seergemaak voel of omdat ek teen iets rebelleer nie.

Ek is 'n ateïs omdat ek die verskil tussen fantasie en werklikheid ken en ek nie bang is om die werklikheid te aanvaar nie.

So maklik soos dit.

Thomas

  • 13

Kommentaar

  • In die 'Grand Design' van Stephen W. Hawking and Leonard Mlodinow gaan hoofstuk 3 oor
    "what is reality". Stem jy saam daarmee?

  • Cornelius Henn

    Jou gevoel van innerlike waarde laat 'n mens onwillekeurig met agting ... mog die "ware ateïste" iets by jou leer ... Namaste! Cornelius Henn

  • Jy dwaal ou Thomas.   Hierdie ouens sê die volgende:-

     

    "One thing I have learned in a long life: that all our science measured against reality is primitive and childlike"

    Albert Einstein

     

    "One day it wil have to be officially admitted that what we have named reality is an even greater illusion than the world of dreams "

    Salvidor Dali

     

    "Reality, is some kind of ontological silly-putty

    Robert Anton Wilson

     

    Raed-na-Gael

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Thomas,

     

    Jou verklaring vir jou ateïsme is so "short and sweet. No bullshit".

     

    My  posisie kan seker teruggevoer word, of liewer vind dit weerklank met Dostoevsky se  "Broers Karamazov" - wat ek meer as 40 jaar gelede gelees het: Die onverskilligheid (indifference) van God vir die lyding van 'n klein kind.  Maar die lees van 'n boek maak jou nie 'n ateïs nie. Die besef moet van binne afkom, en in my geval eers 40 jaar daarna.

     

    Vir my bestaan God nie omdat hy hom nie steur aan die lyding van die mensdom nie - ook omdat die gruwelikste dade in sy naam gepleeg is, en nie 'n vinger geroer het om te keer nie.

     

    Beste groete,

     

    Pieter Redelinghuys

  • Beste fcboot

    Ek neem aan jy verwys na die model-afhanklike realiteit wat Hawking en Mlodinow beskryf in hoofstuk 3 van hulle boek. Dit is inderdaad die realiteit waarna ek verwys. Solank die model vir my bevredigende antwoorde gee en nie weerspreek word deur nuwe waarnemings nie, aanvaar ek die fenomeen wat die model beskryf as die werklikheid. Dit beteken dat sekere werklikhede kan verander soos wat ons kennis van die wetenskap toeneem. My huidige werklikheid word volledig beskryf en gedek deur die bestaande modelle en ek is heel tevrede daarmee.

    Ek wonder ook oor dinge waarvoor die modelle maar tentatief is maar dit dwing my nog nie om aan die bonatuurlike te begin glo nie. Byvoorbeeld, my huidige model wat die lewe van lewe op aarde beskryf en verklaar, dui daarop dat daar geen lewe na die dood is nie. Daar is geen nuwe data wat my model weerspreek nie. Ek is heel gemaklik met die wete dat as ek doodgaan is ek dood en is daar niks. Almal wat van my verskil glo aan die bonatuurlike en doen dit om een of ander gemoedsrus te bekom oor 'n lewe na hierdie lewe. Ek is dus heel gelukkig met my huidige lewe omdat my model nie voorsiening maak vir die bonatuurlike nie. Geloof in die bonatuurlike is vir my so ondenkbaar soos swaartekrag wat in die rigting van die son werk!

    Groetnis
    Thomas

  • Raed-na-Gael

    As die aanhaling van Einstein juis is, is ek oortuig daarvan dat hy waarskynlik na die tekortkominge van die wetenskap om die werklikheid volledig te beskryf, verwys het. Ek stem volledig saam dat die werklikheid nog baie verduideliking nodig het.

    Dis net in die godsdiens waar mens ewige waarhede kry. Vandat dit 2000 jaar gelede deur 'n spul ongeletterde bokwagters iewers in die midde-ooste uitgedink is, moet die werklikheid met groot geloofspronge gebuig word om in 2013 daarby aan te pas. Dis vir my onaanvaarbaar en ek is ewig dankbaar dat my kinders reeds op ‘n vroeë ouderdom godsdiens vaarwel toegeroep het.

    Thomas

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Thomas,

    Dankie vir die noukeurige beskrywing van jou wêreldsiening, en die plek daarin van godsdiens,  veral wat handel oor die hiernamaals.  Interessant om te dink dat 'n spul ongeletterde bokwagters vandag die krediet kry vir 'n idee aangaande die lewe na die dood, 'n idee wat hulle van hulle bure, die Egiptenare, oorgeneem het. Maar so is veel van die materiaal waaruit die Hebreeuse Bybel bestaan oorgeneem van hulle Oosterse bure, soos bv die verhaal van die vloed.  

    Die Christene het ook geleen uit die legendes van die Ooste, bv die swangerskap van 'n maagd. Die kerngedagte van die Christelike geloof, jy moet jou naaste liefhê soos jouself, kom direk van Confucius( 551 - 479 vChr).

    Eintlik is daar niks outentiek of uniek in die stories van die Bybel nie. Veel van die inhoud is suiwer plagiaat.

    Beste groete,

    Pieter Redelinghuys

  • Hello Thomas et al, 

     
    Hier dink ek al die tyd 'n  ateïs is 'n  ateïs is 'n  ateïs maar lees vandag in die Guardian die volgende: 
     
    In America, a study has just been published by the University of Tennessee, based on a survey of 1,153 American atheists, biased towards the south-eastern states.They found six categories. 
     
    Die bron van die Guardian artikel kan hier gevind word: 
     
     
    En lig ek die ses tipes uit en gee die detail van een waarvolgens ek dink jy, Pieter, Angus, Chris, Jaco en dan myself funksioneer, indien ek so voorbarig mag wees.....(Ek is nuuskierig waar plaas Comestor homself?)
     
    Intellectual Atheist/Agnostic (IAA)
     
    IAA typology includes individuals who proactively seek to educate themselves through intellectual association, and proactively acquire knowledge on various topics relating to ontology (the search for Truth) and non-belief.  They enjoy dialectic enterprises such as healthy democratic debate and discussions, and are intrinsically motivated to do so.  These individuals are typically versed in a variety of writings on belief and non-belief and are prone to cite these authors in discussions.
     
    IAAs associate with fellow intellectuals regardless of the other’s ontological position as long as the IAA associate is versed and educated on various issues of science, philosophy, “rational” theology, and common socio-political religious dialog. 
     
    They may enjoy discussing the epistemological positions related to the existence or non-existence of a deity. Besides using textual sources such as intellectual books, IAAs may utilize technology such as the Internet to read popular blogs, view YouTube videos, and listen to podcasts that fall in line with their particular interests. Facebook and other online social networking sites can be considered a medium for learning or discussion. 
     
    However, not only is the IAA typically engaged in electronic forms of intellectualism but they oftentimes belong to groups that meet face to face offline such as various skeptic, rationalist and freethinking groups for similar mentally stimulating discussions and interaction. 
     
    The modus operandi for the Intellectual Atheist/Agnostic is the externalization of epistemologically oriented social stimulation.
     
    Die ander vyf tipes is soos volg
     
    Activist (AAA) 
     
    Seeker-Agnostic (SA) 
     
    Anti-Theist 
     
    Non-Theist 
     
    Ritual Atheist/Agnostic (RAA)
  • Cornelius Henn

    Wouter,

    Jou patologiese narsisme laat jou werklik erg verwaand - hel, reken jouself sommer in by Thomas, Pieter, Angus, Panda, en wie ook nog vele ander sulke welopgevoede ateïste sou insluit.

    As buitestander betreffende die ateïste, kan ek verseker getuig dat nie een van jy, Chris Dippenaar, of Jaco Fourie (julle sogenaamde ALMAL),  julle eens naastenby by enige van die opgevoede here hierbo - en by wie ek heelhartig Johannes Comestor sou insluit, inreken nie.

    Chris Dippenaar het ook reeds in 'n pleit aan Pieter Redelinghuys, homself daarin verklaar om Godsdiens te ondermyn - dws ... HAAT AKTIVISME!

    Jy - Wouter Ferns, en ook Jaco Fourie, fabriseer skaamteloos julle bedrog en verkoop julle perdedrolle as vye - iets waaraan die super-Christene en 'n paar ander naiewelinge op die werf, selfs verslaaf geraak het.

    Jaco Fourie huiwer ook nie eens (nes die geroemde Christen-fundamentalis Kobus de Klerk), om krimineel en lasterlik oor ander se seksualiteit te spekuleer nie; alles om ander gelowiges in jul algemene en siek antagonisme, wat werklik niks met ateiste te make het nie, te hoon!

    Ja, die woord ateïs, bestaan nie eens in 'n beskrywing van julle soort sieklike en vyandige aktivisme nie. Ek weet nie hoekom Chris Dippenaar homself so in jul midde behaag nie, maar "promiskue dekadente aktivisme", of te wel - PDA, skynbaar ten doel om met alles wat voorkom te fornikeer en dit as normaal te propageer, is al definisie vir julle ergerlike en onthutste slimmigheid op die werf.

    Nie te danke nie,

    Cornelius Henn

     

  • Beste Thomas

    Wat dink jy is tyd? Is dit 'n realiteit, 'n dimensie of sommer net 'n illusie gegrond op menslike waarnemings?

  • FC Boot

     
    Tyd is die vierde dimensie  - die onderbou van Albert Einstein se spesiale relatiwiteit.  Weereens is dit die model wat vir my bevredigende antwoorde gee en wat die wiskunde laat uitwerk. As jy dit as iets anders wil beskou is jy seker welkom maar gee dit hoegenaamd enige antwoorde?
     
    Thomas
  • Beste Thomas

    Goed so - kom ons vertraag die aarde se omwenteling langsaam (ons wil nie het alles wat los is - moet soos in 'n motor wat skielik stop - steeds beweeg nie) Ons doen dieselfde met die maan. Dae en nagte word langsaam langer. Daarna vertraag ons die rotasie om die son ook langsaam, seisoene rek, totdat die hele spulletjie tot stilstand kom.

    Wat word van tyd in so 'n geval?

  • FC Boot

     
    Tyd het niks met die rotasie van hemelliggame te doen nie. So 'n hipotetiese geval soos jy voorstel mag interessante natuurverskynsels tot gevolg hê maar sal niks aan jou belewing van ruimtetyd verander nie. Vir waarnemers op 'n ander plek mag die aarde se relatiewe beweging sekerlik verander.
     
    Thomas
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top