Dit is ooglopend dat die regering besig is om hulle greep op wet en order heeltemal in die land te verloor. Met die toenemende protesaksies wat besig is om landwyd uit te brei, en die opportunistiese misdaad daaruit voortvloeiend, sal die regering op die kort termyn daadwerklik en drasties sal moet optree. Vertroue in die polisie is seker op sy laagste ooit onder die breë bevolking. Die kriminele element is besig om die oorhand te kry, en weens die onvermoë aan die kant van die regering om beloofde dienslewerings aan die betrokke bevolking te lewer, is gewelddadige opstande die orde aan die dag. Onrealistiese looneise en onbeteuelde stakings is besig om die land se ekonomie die grond in te dryf. 18 Maande gelede was die Rand by die R11 tot die Britse pond. Vandag staan dit oor die R18 met die dienooreenkomstige weghol inflasie in die vooruitsig.
Die verkiesing is op hande, maar indien die nasie nie voor dan tot bedaring kom nie, gaan die verkiesingsuitslag irrelevant wees, want sake gaan verby die parlement se gesag vloei tot onbeheerde anargie.
Wie gaan by hierdie anargie baat?
Die EFF met Malema onder swartes en die Afrikanergekkegrens onder blankes. Albei sal die situasie tot eie voordeel uitbuit tot so ‘n mate dat rassepolarisering op sy ergste in die SA geskiedenis, onvermydelik gaan wees. Die blanke sal ooglopend op die einde van die dag die verloorder wees, met masse emigrasie in die vooruitsig. Hitler se Nazi-party se diktatorskap het onder soortgelyke omstandighede in Duitsland tot stand gekom.
Moontlike oplossings?
Sny die oorsake van die vrot, tot die been.
- Breek die mag van die vakunies. Margaret Thatcher het dit reggekry.
- Raak onmiddellik ontslae van die onbevoegdes in die betrokke departemente en vervang hulle met bekwame mense, ongeag ras, om aan die betrokkenes se verwagtinge te kan voldoen.
- Weermagtroepe verveel hulle in basiskampe. Pleks om hulle as staats-huursoldate in ander Afrika-lande te betrek; op die kort termyn, integreer hulle met die polisie om sodoende, sonder ekstra uitgawe, vertroue, wet en order in die land te herstel.
- Daadwerklike werkskepping, beginnende met die swart tradisionele trustlande. Van “subsistance” boerdery tot kommersiële boerdery om inkomste vir hulself en die land te genereer. Skoolopleiding gemik op entrepreneurskap. Wat help al die matrikulante met wiskunde, wetenskap, ens en daar is nie na-skoolse of na-graadse poste vir hulle nie, en boonop nie weet hoe om finansieel onafhanklik op die been te kan kom nie.
- Staatsamptenare se besoldiging suiwer op suksesvolle vordering tot doelwitte ingestel, met ‘n minimum van, sê 80% sukses ratio, al dan nie, ontslag. Dieselfde geld vir die staatspresident en ministers. Sodoende word almal op hulle tone gehou.
- Soos die regsbank en die reserwebank onafhanklik staan, dat dieselfde vir die wetstoepassers geld.
Jaco Fourie


Kommentaar
hahahahahahaha!!!!! .... wie gaan vir Jaco stem? ... of meen die slimme Jaco in sy longdrop dwepery dat sy antie Zille waardige reserwe presidentskandidaat is na Mampie Rampie die neo- liberales so geskud het in egte Afrika tradisie ... hahahahahahaah!!!!
Jaco, ek stem ten dele met jou saam. Die praktiese uitvoer van jou idees gaan egter stuit voor die ideologiese model van die ANC en hulle beheptheid om die Afrikaners tot 3de-rangse burgers te rangeer. Hulle beskou hulself nie as onbevoeg nie. Hulle beskou hulself nie as oorbetaald vir hul werk nie. Die polisie en die weermag is vanaf 1994 gebruik om werkgewer te speel vir oud-Apla en oud-MK lede. Dis bo en behalwe die nepotisme wat skaamteloos sedert 1994 bedryf is. Ons sit hier met ernstige verskille in denke en kultuur, wat veroorsaak dat wit en swart mense nooit op dieselfde bladsy gaan wees nie. Die gedwonge rasvermenging sal veroorsaak dat die minderheid blankes mettertyd geassimileer sal word deur die meerderheid. Dan sal ons almal op dieselfde bladsy wees.
Beste Cornelius,
... stem vir Jaco Fourie Angus ... of stem saam met hom vir sy antie Zille ... my beskouing is eenvoudig naamlik;dat verkiesings nie IK-toetse is nie ... dis gewis nie nodig om "slim" te wees om 'n kruisie te maak nie ... ek stem soos die res van Afrika met my hart - vir die party wat my taal, waardes en erfenis as katoliek, Afrikaner Boer en Voortrekkernasaat in besonder ag ...
Angus
Dankie vir die kompliment