Neef Jannie et al,
Oom Jan Rap is 'n verstokte ideoloog uit die 1955's wat glo dat die 'idee' van 'tuislande' is die oplossing en dat die implementering daarvan, alle probleme soos mis voor die son sal laat verdwyn. Oom Jan Rap is nie die enigste een hier nie wat so 'dink' nie, en is daar ander wat ook so 'dink' wat hier rondsluip. Hulle sal hul self erken met die lees hiervan.
In 'n kommentaar wat elders geplaas was, word die werking van hierdie 'tuislande' beskryf en die onmenslikheid wat daarmee gepaard gegaan het en word dit herhaal om die kunsmatige aard van die tuislande weer te besoek en syfers op die tafel te plaas en te bevestig hoe onmenslik daardie verstokte ideologie is:
This colossal ideological trap involved the relocation of a staggering 3.5 million people altogether – the kind of forcible migration only achieved in places like Stalinist Russia and Nazi-occupied Europe, or after major wars. In the 1960s alone, some 1.8 million Africans were removed from the white areas, and some 600,000 Indians, coloured and Chinese relocated (only around 40,000 whites lived in ‘black’ areas).
Huge numbers were settled in dormitories just outside the homelands, so that they should be easily available to come and work in white areas.
Forcible removals could not be appealed against, and were often carried out by the army as well as the police.
Chilling and heart-breaking scenes were repeated up and down the country.
Die tonele van 'demokrasie' in werking word soos volg beskryf:
When Sophiatown, the primarily black but bohemian area of Johannesburg, was segregated, one woman described how five white men arrived. ‘Before we had even opened the front door, I just heard the hammer on the pillar of the verandah ... a big sound that made me wonder if I was dying. That sound went right into my heart and I shall never forget it ... We had to take everything and throw it outside, just as it is, a chair just as it is – that’s how [they] removed [us] ... I felt such pity for my husband ... because he had built that house with his ... bare hands. That house was our one and only little kingdom. We had freedom there in Sophiatown and that day I felt we were losing our rights ... my friends in the yard and that old spirit of the people I lived with.’ Afterwards, according to a local journalist, Sophiatown looked ‘like a bombed city ... the few citizens who remain are hounded out of their houses for not possessing permits ... hundreds sleep on verandahs, live with friends and live in the ruins ... and the rains are coming.’ District Six, Cape Town’s inner-city black neighbourhood, suffered thesame fate. So did the squatter camps.
As the Sunday Tribune wrote in 1977, they became ‘an eye-smarting hell of teargas and snarling dogs, of laughing officials and policemen, of homeless families crouched pitifully with their meagre possessions beside the road.’ At Crossroads a year later, according to the Rand Daily Mail, ‘squat- ters were dragged by their clothing and beaten with batons and sticks during the second raid in less than six hours. Passes were grabbed by the police and other officials and thrown to the ground or temporar- ily confiscated. Ten policemen were injured when they were stoned in an earlier raid ... a squatter had been shot dead and soon a baby was to die on his mother’s back as they were trampled by panic-stricken squatters attempting to escape yet another teargas attack.’
Such scenes were repeated all over the country.
A group of Stellenbosch theology students later wrote, ‘God forgive us, because we know not what we have done’, in the Afrikaner newspaper Die Burger.
By 1981 four homelands – Transkei, Bophuthatswana, Venda and Ciskei – had been given their independence, and six others awarded self-government.
But the homelands were geographical nonsenses and a patchwork of territories dotted all over white South Africa, encompassing just a fraction of its land area.
Bogenoemde dan die praktiese sy van Oom Jan Rap se verweer wanneer Oom Jan Rap skryf, 'maar laat jou oom jou nou vertel wat die swartes wil hê: Presies dieselfde as wat almal op aarde wil hê naamlik vryheid, vrede en welvaart. Vryheid kry jy slegs in 'n ware demokrasie en as jy vry is volg welvaart en vrede vanself. Om 'n dosyn nasies op een hoop te gooi en af te kondig dat hulle 'n demokrasie is werk nie en in 'n demokrasie praat die leier nie in 'n vreemde taal met sy mense nie. Dit is dan PER DEFINISIE nie 'n demokrasie nie. As jy dit nie verstaan nie vra maar, oom sal weer verduidelik'.
Oom Jan Rap sal dit nie kan verduidelik nie, wat meer as 50 jaar later, vanaf die tyd wat die nagmerrie die norm was kon Oom Jan Rap nog nie die onmenslikheid daarvan insien nie, maar genadiglik is die aantak kiesers wat vir die party gestem het in die vorige verkiesing wat hier waansin verkondig so min soos 110 000 mense gewees, of dan Afrikaners, wat hierdie uiteindelik 'n minderheid maak.
Oom Jan Rap, is lief vir hiperbool en om aan te dik, soos gesien kan word in die volgende:
2) 30 opstande per dag...
Net soos Oom Jan Rap sukkel met die redes vir die val van Kommunisme, kwansuis sou die Tsaar se geld opgeraak het, is Oom Jan Rap se statistiek verdag en is die werklike stand van opstande soos volg. Voorheen het Oom Jan Rap beweer daar is 6000 opstande per jaar, met die 30 per dag nou, het dit nou amper verdubbel na 11000 per jaar, en tog gooi oom Jan Rap statistiek hier rond soos 'n kenner.
Die werklike statistieke bevestig deur my is soos volg:
Municipal IQ se syfers het 410 proteste aangedui in die tydperk Januarie 2009 tot Augustus 2012. 'n Eenvoudige som bring dit op 100 proteste 'n jaar wat neerkom op een elke derde dag. Die Universiteit van die Wes-Kaap arriveer by 'n syfer van 720 proteste oor dieselfde tydperk, wat neerkom op 'n protes elke twee dag. Dit is 'n ruim verskil van 15 proteste per dag soos oor die radio gehoor wat beweer was. (Oom Jan hoor alles oor die radio, daarom is skakels nooit te vinde by hom wanneer dit versoek word)
Maar Nuus24 kom met 'n totaal ander syfer vorendag, naamlik 3 258 proteste oor die ooreenstemmende tydperk.
Die periode werk uit op ongeveer 1 200 dae wat in konteks tot bogenoemde syfer op 2,5 insidente 'n dag uitwerk.
Oom Jan Rap het aangedik tot die faktor van 10.
Die redes vir die ekonomie wat swaar trek word soos volg deur Oom Jan Rap verduidelik. Dit val in dieselfde klas as die redes vir die val van kommunisme weens die geld van die Tsaar wat opgeraak het. Indien Oom Jan Rap dalk eendag die moeite wil doen om die redes vir die val van kommunisme te ondersoek sal dit waardeer word.
Maar dit gaan sleg met die land weens, werkgeleenthede wat verdwyn weens grootskaalse emigrasie en werkgeleenthede wat skaarser en skaarser word weens grootskaalse immigrasie.
Dit bied geen bestek van die ekonomiese insinking op globale skaal met die krises van 2008 en ekonomiese groei wat op globale skaal ingesink het. Goldman Sachs het 'n verslag uitgebring wat die omstandighede spesifiek tot Suid-Afrika uitlig en word aanbeveel bo enige treurmare waarmee Oom Jan Rap vorendag kan kom en wil ek graag aanbeveel dat jy die verslag in die hande kry.
Die volgende is 'n refrein sonder end van Oom Jan Rap en sy maters:
9) swartes wat openlik sing dat Boere doodgemaak moet word.
Hierdie is in die kiem gesmoor en word dit nie aanvaar nie en was daar hofsake oor die onderwerp en is daar geskik daaroor. Indien dit nog steeds gebeur sal verwysings daarna verlang word, aangesien wanneer dit gebeur is daar 'n oproer daaroor en word die oortreder onmiddelik aangespreek. Soos Cyril Ramaphosa wat kiesers in Limpopo teen die terugkeer van “die Boere” gewaarsku het:
“As alle Suid-Afrikaners nie stem nie, sal ons agteruit gaan. Die Boere sal terugkom om ons te beheer”.
Maar dit is hoe die politiek is want net die volgende dag het hy saam met ’n gehoor van sowat 2 000 Afrikaners in Kempton Park gebid.
Ramaphosa moes bontstaan na dit.
Net soos die volgende 'n kaart is wat sonder end gespeel word:
10) plaasboere en bejaardes met eentonige reëlmaat wreed aangeval en vermoor word...
Bogenoemde sluit aansluiting tot Rooi Oktober en die stelling dat 'n volksmoord aan die gang is. Sulke onsin maak die term, volksmoord, goedkoop, en toon geen respek aan die gebeure in Rwanda en dit wat in WOII gebeur het nie.
Wat wel waar is, is die volgende:
’n Boer het byna ’n vier keer groter kans as ’n gewone landsburger en meer as dubbel so ’n groot kans as ’n polisieman om in Suid-Afrika vermoor te word, het dr. Johan Burger, ’n senior navorser van die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS), en Henk van de Graaf, assistenthoofbestuurder van TLU SA geskryf.
Burger dui aan dat koerse wat op die polisie se misdaadstatistieke en Statistieke Suid-Afrika se bevolkingsgetalle gegrond is, dui daarop dat sowat 31 uit elke 100 000 landsburgers vermoor word teenoor 54 uit elke 100 000 polisielede.
“Hierteenoor word 120 uit elke 100 000 boere vermoor, wat meer as dubbel die getal moorde onder polisielede is – dit terwyl boerdery ’n baie veiliger beroep behoort te wees as die polisiediens”.
Burger het saamgestem dat die regering en die polisie te min aandag aan plaasaanvalle gee. “Nathi Mthethwa (minister van polisie) het verlede jaar ’n beraad gehou omdat hy bekommerd was oor die aantal moorde onder polisielede. Dit maak geen sin dat daar nie dieselfde soort kommer oor plaasmoorde is nie, terwyl dit blyk boere het ’n baie groter kans as polisielede om vermoor te word.”
TLU SA se versoeke dat die polisie ’n spesiale ondersoekspan saamstel om die motief agter plaasmoorde te bepaal, het volgens Van de Graaf tot dusver op dowe ore geval.
“Intussen is beveiligings- en selfverdedigingskursusse wat ons vir plaasbewoners aanbied, volbespreek. Mense wil weet hoe om hulself te beskerm.”
Die statistieke wat deur die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS) en TLU SA aangebied word is soos volg:
Volgens TLU SA, wat boekhou van elke plaasmoord waarvoor ’n plaasnaam, die name van slagoffers en ’n saaknommer gevind kan word, was daar vanjaar al 181 plaasaanvalle (teenoor 171 verlede jaar) en 54 plaasmoorde (teenoor 63 in 2012).
Dit kan nie genoeg herhaal word nie, elke moord is 'n tragedie en word nie een van die 63 moorde gering geskat nie, maar kan 63 moorde asseblief in die lig van 'n totale 16000 moorde gepleeg in 2012 gesien word.
Dit is uiters onaangenaam om oor moorde gegrond op ras te praat, aangesien 'n moord ongeag die kleur, 'n moord is, maar Africacheck.org het na die uitlatings van Steve Hofmeyer gaan ondersoek instel. Hofmeyer se stellings was soos volg:
White Afrikaners (are) being killed “like flies”? Is a white South African farmer being “slaughtered every five days?” The number of whites “killed in SA in black on white violence” fill one of the country’s largest football stadiums?
Die statistieke ondersoek is soos volg:
“Whites are far less likely to be murdered than their black or coloured counterparts,” Lizette Lancaster, who manages the Institute for Security Studies crime and justice hub, told Africa Check. This is supported by an analysis of a national sample of 1378 murder dockets conducted by police in 2009. In 86.9% of the cases, the victims were Africans. Whites accounted for 1.8% of the cases (although whites make up 8.85% of the population). According to Lancaster official police statistics show that between April 1994 and March 2012 a total of 361 015 people were murdered in South Africa. Applying the 1.8% figure, it would mean that roughly 6,498 whites have been murdered since April 1994.
Hierdie hele gesprek is egter makaber en in swak smaak en neem dit aandag weg van planne wat geraam kan word om brandpunte aan te spreek.
The facts about the increases in interpersonal violence are as follows:
Incidents of murder increased from 15 609 murders in 2011/12 to 16 259 murders in 2012/13.
This means that there was an increase of 650 murder cases or a 4,2% increase when comparing the total numbers of murders withthe previous year.
This works out to almost two additional murders per day on average during the 2012/13 financial year.
Consequently, our murder rate increased from a total average of 43 murders per day to 45 murders per day. Using the correct census data for 2011, the murder rate in 2011/12 was 30.3 per 100,000 population and not 30,9 as reported by SAPS in the last reporting period. The murder rate for 2012/13 stood at 31.3 per 100,000 population which reflects an increase of 2.8% in the rate of murders (not 0.6% as presented officially). South Africa’s murder rate is therefore about four and a half times higher than the global average of 6.9 murders per 100 000.
Attempted murder cases increased from 14 859 to 16 363, an increase of 10.1% Attempted murder rates increased by 8,7% in the past year.
See more at: http://www.africacheck.org/reports/factsheet-south-africas-official-crime-statistics-for-201213/#sthash.srd42LKV.dpuf
Aangesien Oom Jan Rap, 'n slag met hiperbool het moet die volgende met 'n sak sout geneem word:
4) 'n verkragting elke 4 minute
5) honderde dorpe se riolering wat nie meer werk nie...
6) slaggate in die paaie ...
Die slaggate word nie betwyfel nie, maar sou daar graag bevestiging wou gekry word van die 'honderde dorpe'.
Die verslag gelewer deur Goldman Sachs spreek infrastruktuur in die algemeen soos volg aan:
South Africa and Africa more broadly, has a significant infrastructure deficit, in power generation, transport and roads. Financing this upgrade is a key challenge for expanding the economic capacity and size of the economy. Huidiglik word slegs $1,900 000 000 netto spandeer aan infrastruktuur terwyl dit eerder tussen $5000 000 000 en $10 000 000 000 per jaar moet wees. In terme van randwaarde tussen 50 en 100 miljard rand per jaar. 'n Enorme bedrag.
Seksuele misdade word soos volg aangespreek:
Sexual offence cases increased from 64 514 to 66 387, an increase of 2.9%.
(Vergelyk dit met die 15*24*365 = 131400 waarmee Oom Jan Rap vorendag kom - nie dat 64514 enige troos bied nie)
Sexual offence rates increased from 125,1 per 100000 to 127,0 per 100000 population an increase of 1.5%.
See more at: http://www.africacheck.org/reports/factsheet-south-africas-official-crime-statistics-for-201213/#sthash.srd42LKV.dpuf
Tuislande is egter nie die oplossing nie.
Waarmee, niks gedoen kan word nie, is die volgende, wanneer Oom Jan Rap skryf, 'Afrikaans en Afrikaners afgejak word'.
Wat sou so 'n stelling in praktiese terme beteken?
Is dit maar doodgewoon die feit dat die land besluit het om te skik op Engels en dit die voertaal van die samelewing te maak. As 'n Afrikaner myself is dit volkome aanvaarbaar en 'n skikking wat Afrikaans verlos van die skel van, die taal van die onderdrukker. Dit is jammer dat Afrikaans daardie las het en is die hoop dat dit met tyd sal verdof en die aanklag verby sal gaan.
Kleiner puntjies, is die brief van onlangs, waar Kommunisme en Suid-Afrika verbind word met die stelling dat Kommunisme het geval weens die feit dat die Tsaar se geld opgeraak het. Hierdie is die 'argument' van Oom Jan Rap se kant af en dat Suid-Afrika se val om die draai is, aangesien die land se geld ook naby aan op is.
Kan Oom Jan Rap dan verduidelik wat beteken dit wanneer Goldman Sachs bevestig dat die BBP gestyg het van $80 000 000 000 in 1980 tot $400 000 000 000 en die stewige swart middelklas wat dit tot gevolg gehad het en 2,5 keer toegeneem het vanaf $135 000 000 000 tot die huidige $400 000 000 000.
Miskien kan Oom Jan Rap vir Comestor gaan vra, hoekom Kommunisme tot 'n geval gekom het of dalk kan Lilly 'n brief oor die onderwerp skryf wanneer sy tyd het.
Maar daar word afgesluit met die volgende, wanneer Oom Jan Rap skryf: 'Soos subliminale propaganda byvoorbeeld, die ingooi van 'n raampie wat, sê koeldrank, aanbeveel terwyl mense na 'n film kyk. 'n Gedagte word skelm in die kyker se kop geplant'.
'n Gunsteling program wat ek volg, aangesien dit volledig beskikbaar is op Youtube, is QI aangebied deur Steven Fry, en erken 'n crush op hom, hy is so smart. Kyk na die volgende program in die reeks, QI XL H15 - Hypnosis, Hallucinations & Hysteria, vanaf 19:10..... wat bogenoemde as 'n mite bevestig. http://www.youtube.com/watch?v=A1ZSqEH0Ji4
Baie dankie
Wouter


Kommentaar
Oom,
Oom se brief is te lank en vol Engels, so ek sal dit maar nie lees nie. Nogtans dankie vir die moeite.
Groete,
Jannie
Wouter,
Sien jy nou. Uit die mond van die suigeling (Jannie) sal jy die waarheid hoor!
Oom Wouter, my pa het nou vlugtig na oom se brief gekyk, hy sê hy wil nie tyd mors met jou propaganda nie en hy sê dit is tipies dat oom al die erg aangedikte anti-Apartheid propaganda glo, want oom kan obviously nie vir oom self dink nie.
Maar aan die ander kant staan oom blykbaar taamlik onverskillig teenoor al die moorde op boere, dis net statistieke (en op wit mense in die algemeen.) Dit word uit die oog verloor dat ons wittes, en veral die Afrikaners, se getalle klein is in vergelyking met die totale bevolking en elke moord op ons mense is soos 'n dolk in die hart van ons volk.
Oom, daardie "kill the boer" propaganda het jare lank aangehou - dit het voor Julius Malema se tyd al begin en ons mense moes 'n hofsaak maak om dit te stop. Jou geliefde ANC het niks gedoen nie, trouens, een van hul grootkoppe het gesê daar is niks mee verkeerd nie, dis 'n soort tradisionele lied uit die "struggle".
Oom moet ophou om al die anti-Apartheid en anti-Afrikaner Engelse propaganda te glo, hulle lieg soos tandetrekkers want hulle haat ons, van die tyd van die Engelse oorlog, toe hulle propaganda al begin het.
By the way oom, terwyl ons nou praat oor daai oorlog, daar was ook nie in Natal stemreg vir swartes nie, en in die Kaap was dit baie beperk. So waarom het Brittanje dan nie daar begin om dit reg te stel nie? Waarom 'n ander land aanval oor sy stemreg kwalifikasiereëls? Oom Paul Kruger het baie konsessies vir die Britte gemaak en het die tydperk van kwalifikasie vir stemreg baie verminder, maar die Britte wou die goud hê en wou nie kopgee nie. Vandag is daar steeds in elke land op aarde 'n langer of korter tyd wat 'n uitlander moet wag voor hy kan stem. Baie van die uitlanders in Transvaal destyds was nie Britte nie, so waarom dan besorg wees oor hul stemreg? Buitendien oom, in Brittanje destyds was daar ook beperkte stemreg! Het oom dit geweet?
Oom, dit help nie om daardie Lilly White tipe anti- Afrikaner propaganda vir ons te gee nie, ons ken daardie tipe Afrikanerhater. En oom moet wegbeweeg van oom se eie vooroordeel teen ons en apartheid en die dinge begin objektief sien.
Jammer dat die brief so lank is oom, as my pa eers begin praat kan ek hom nie stop nie.
Jannie