Die Rooms Katolieke kerk is kort-kort in die nuus oor kindermolestering. Dis nou die groot oupa van die Christelike kerk, die stamvader.
Hierdie Christelike stamvadervader is so sterk dat hulle 'n eie staat het, die Vatikaan. Dis erg onrusbarend dat die Vatikaan se amptelike "age of consent" 12 jaar is, hulle beskou 'n kind van 12 jaar as volwasse genoeg om toe te stem tot seks.
Terselfdertyd sal hulle vals-preuts van die kansel af huigel oor seks voor die huwelik.
Die amptelike misdaadsyfer in daardie staat van slegs 500 is 133%, die hoogste in Europa, dalk in die wêreld.
Ek staan verstom, ek weet nie wat om hiervan te dink nie, dalk kan die Christene meer lig op die saak werp, die ding verduidelik.
Duitswester


Kommentaar
Beste Duitswester,
Met respek: hierdie onderwerp is reeds menigmaal deur die meul.
In die eerste plek wil ek jou met nadruk daarop wys dat pedofiele elders in die samelewing, gewis die skadu van die Roomse -skande waardeer. Deur telkens die vinger na pedofielpriesters te wys, versag jy ook hulle gruwel.
Tweedens, dit is belangrik om te verstaan dat Godsdienstiges soos die Moslems, Jode en die katolieke Kerk (katolieke met 'n kleinletter gespel), hulself onder die gesag van G_D beskou.
Die Protestante, of te wel die hoofstroom kerke (Katolieke sektes) in Suid-Afrika, staan onder die gesag van die Staat.
Sou dieselfde skandaal in die NGK uiteindelik eendag hier in die lig kom, dan sal die pedofiel predikante summier deur die media verhoor kon word, en 'n regter in 'n hof iewers 'n seël daarop plaas.
Daar is egter nie 'n manier wat die Moslems, Jode of Katolieke, hulself aan 'n arbeidswet of aan ander sulke vervolging deur die Staat gaan steur nie - G_D is die regter in alle ander Godsdiens!
Jy maak 'n paar opmerkinge omtrent die Vatikaan - ek spoeg en plak graag die volgende daarby:
Britain is owned by the Vatican. The Catholic Church is the biggest financial power, wealth accumulator and property owner in existence; the biggest possessor of material riches than any other single institution, corporation, bank, giant trust, government or state of the whole globe.
The Pope can abolish any law in the United States. The Pope is consequently the richest individual of the twentieth century. No one can realistically assess how much he is worth in terms of billions of dollars – and thus the amount of power he holds.
“Those who say religion has nothing to do with politics do not know what religion is.” -Mohandas Gandhi
Ja, glo wat jy wil.
Ek is oortuig dat Chris Dippenaar en Wouter Ferns, die bron daarvan sal speur en dit verwoed sal betwis omdat dit nie uit hul slimmigheid geplaas is nie - en hulle mag maar ...
Katolieke groete,
Cornelius Henn
... en wyl ons op die onderwerp is:
Richard Dawkins wrote in The God Delusion that religion is a dangerous form of child abuse, a claim he reiterated in an online essay titled “Religion’s Real Child Abuse.” He explicitly says that while sexual abuse by priests may be bad, what’s worse is raising children to think of themselves as members of one religion or another, or saddling them with the fear of hell.
Hierdie ekstremistiese en fundametele ateis-karikatuur met soveel steun op die werf, sluit ook jou religion in Duitswester.
Sexual assault victims’ organizations are slamming evolutionary biologist and leading atheist Richard Dawkins for comments he made about the inoffensiveness of “mild pedophilia.”Dawkins made the remarks in a recent interview with The Times magazine. He said that during his time at a boarding school as a boy in the 1950s, a teacher “pulled me on his knee and put his hand inside my shorts.” Dawkins described the incident as “mild pedophilia” that left him no worse off. Neither Dawkins nor the other boys abused by this teacher suffered permanent physical or mental damage, he said.“I don’t think he did any of us lasting harm,” said Dawkins. Dawkins also said that it was improper to judge the acts committed by this teacher by today’s higher moral standards.“I am very conscious that you can’t condemn people of an earlier era by the standards of ours,” he said.
Lees meer: http://dailycaller.com/2013/09/11/atheist-richard-dawkins-makes-shocking-claim-about-pedophilia/#ixzz2eg43DRcC
... genoeg?
Beste Duitswester,
Interessant om te hoor dat die "age of consent" in die Vatikaan 12 jaar oud is. Is jy darem seker oor jou feite want as dit waar is, open dit dan 'n hele nuwe geleentheid vir sekstoerisme.
Mens moet jou nie steur wat hulle preek van die kansel af nie, of dit nou seks voor die huwelik, of seks met kondome betref nie. Doen soos jy lus voel, gaan bieg dan by die priester, en hierdie man sal jou sondes vergewe. Eintlik baie lekker.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Beste Pieter, ek het self nog nie iets van "age of consent" uit Katolieke geledere verneem nie, maar dit blyk dat Richard Dawkins dit lag-lag na negejaar sal verlaag ...
Hello Pieter
Hier is 'n meer sober siening van die Dawkins-insident.
http://www.patheos.com/blogs/friendlyatheist/2013/09/10/richard-dawkins-isnt-defending-mild-pedophilia-but-that-doesnt-make-his-comments-okay/
Chris
Beste Chris,
Baie dankie vir jou skakel wat ek waardeer. Trouens weet/ verstaan ek presies wat Dawkins bedoel. Met 'n insident in my jeug ( 9 jaar oud) het ek eerstehands ondervind waaroor Dawkins praat.
Terwyl ek tougestaan het voor 'n bioskoop om kaartjies te koop vir 'n vertoning, het 'n middeljare man wat agter my gestaan het begin vroetel aan my gulp. Nadat ek my kaartjie gekoop het, het ek vinnig uit sy pad gewyk en dit was die einde van die insident.
Oor die geval kan ek sê dat ek nie juis ingenome daaroor was nie, maar ook nie bereid was om 'n moerse "scene" te maak nie. Dit het ook geen blywende skuldgevoelens of psigiese letsels by my oorgelaat nie. Dus kan mens hier praat van "mild paedophilia".
Die groot bohaai oor Dawkins gaan eintlik oor sy standpunt oor Evolusie en Ateïsme, en sy vyhande sal enigiets gryp om hom moreel te diskrediteer.
Baie groete,
Pieter Redelinghuys
Beste Pieter,
Het ons nie almal in verantwoordelikheid om konsekwent in ons beoordeling van 'n saak te wees nie?
Kan ek nie jou laaste sin aan Chris, eweneens van toepassing maak oor die bedoeling van Chris Dippenaar om net so na enigiets te gryp om daarmee ander se wese te probeer bespot en te ondermyn nie - net omdat sy selfverklaarde vyand, Godsdiens is nie?
Namaste!
Cornelius Henn