Opnames

  • 2

Dis nou reeds jare dat ek op Media24 se Afrikaanse publikasies en ook op LitNet, elke nou en dan in Engels 'n versoek teëkom om 'n paar kort vrae te beantwoord. Jou enigste keuse is om deel te neem of te weier. Ek het konsekwent geweier maar was al by 'n paar geleenthede lus om die betrokke redakteur te bel, maar het nie daarby uitgekom nie.

Gevolglik stel ek nou my saak. Selfs al word daar van 'n buite organisasie gebruik gemaak is dit tog seker prakties moontlik om die versoek in Afrikaans in 'n Afrikaanse publikasie te rig en die paar simpel vragies in Afrikaans te stel. Tensy die ondersoekers deel van 'n werklik klein groepie is behoort hulle die taak in Afrikaans te kan uitvoer of as hulle werklik te treurig is, kan die opdrag aan iemand anders gegee word. Die alternatief is dat hulle minstens in Afrikaans sorry behoort te sê, voor hulle met hulle storie begin. Verbeel ek my of lê deel van hierdie slapgatgeit by Media24?

George

  • 2

Kommentaar

  • Jy verbeel jou nie George.  Verder, 'n groot deel van die slapgatgeit lê by ons Afrikaanssprekendes self.  Om die waarheid te sê, sou hulle die keuse gee om die vragies in Afrikaans te antwoord gaan 'n groot groep van hierdie einste SêNettters die Engelse opsie kies, hulle wil tog o so graag wys hulle kan Engels goed praat.  Terloops, bestaan VISI nog in Afrikaans?

  • Dankie Jan vir jou reaksie en ondersteuning. Is nie op die hoogte met VISI nie, maar dink hulle het lankal handdoek ingegooi as dit by Afrikaans kom. 'n Mens is tog dankbaar dat hulle probeer het om 'n hoë gehalte publikasie ook in Afrikaans uit te gee. George

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top