Oorlog en Christelike Etiek II : Howdy you folks down there in SA. This is Ronnie Reagan, born in die USAAAAA

  • 2

Ronald Reagan was die veertigste president van die VSA van 1981 tot 1989. Sy kundigheid en algemene kennis van die wêreld daarbuite was besonder beperk, sterk konserwatief in uitkyk, en het diep godsdienstige oortuigings gekoester. Sy opinies en wêreldbeeld is gevorm en gedomineer deur Hollywood clichès en idees afkomstig van sy skatryk konserwatiewe maar swak geskoolde (educated) vriende van California. Hy was groot voorstaander van familiewaardes, maar was self vervreemd van sy eie kinders, en die eerste president van die VSA om te skei van sy vrou. Hierdie man het aanvanklik sy brood in Hollywood verdien as vierderangse akteur in "Cowboy films" voordat hy president van die VSA geword het.

Die volgende dien as voorbeeld van die graad van sy onkunde: Upon returning from his late 1982 Latin American tour, Reagan told reporters, "Well, I learned a lot ...You´d be surprised. They´re all individual countries".

Die volgende sitate wat volg is afkomstig van The Untold History of the United States deur Oliver Stone en Peter Kuznick.

While CIA intelligence was being dismantled, operations were running amok. Colonel John Waghelstein, who headed the U.S. military advisor team in El Salvador, stated, "Real counterinsurgency techniques are a step towards the primitive." The description could be applied to the efforts of U.S.-backed and trained government forces in El Salvador and Guatemala and to the US-run insurgency in Nicaragua. These "freedom fighters", as Reagan called them, routinely raped, tortured, castrated, mutilated, decapitated, and dismembered their victims ... In December 1982, in the village of Dos Erres, the army slaughtered over 160 people, swinging the 65 child victims by their feet and smashing their heads against the rocks.

Just the day before, Ronald Reagan had visited Honduras as part of a tour of Latin America and complained that Guatamalen president, General Efraín Rios Montt, a bornagain evangelical Christian who had recently seized power in a military coup, had received a "bum rap", assuring reporters that the dictator was "totally committed to democracy". Reagan called him a "man of great personal integrity and commitment".

In die tydperk van 1981 to 1983 is 100,000 mense van die Maya-volk afgemaai deur rekrute van die Guatemale-weermag, gefinansier deur die VSA. ’n Jesuïte-priester Ricardo Falla tydens ‘n perskonferensie, gereël deur die Amerikaanse Antropologiese Vereniging, het getuig dat die hele doel van sistematiese slagting van die Indiane sou wees dat geen oorlewendes, en geen herinnering, sal oorbly van die gebeurtenisse nie. "That is why babies and children are killed. It´s really incredible. These children, if they survive, will avenge the death of their parents----These little ones are slit open with knives, or their heads are broken against rocks or beams of houses".

Wat ek so interessant vind van hierdie stukkie geskiedenis is die feit dat Reagan  ‘n “diep godsdienstige man" was, en die President van Guatemale "’n bornagain evangeliese Christen".

Het godsdiens, en die etiek inherent aan die Christelike geloof, dan geen invloed op die wyse waarop leiers optree in die wêreld nie?

Beste groete,

Pieter Redelinghuys 

  • 2

Kommentaar

  • Pieter Redelinghuys

    Verskoon my asb dat ek my eie vraag omtrent die gedrag, en invloed op beleid, van leiers met Christelike oortuigings self probeer antwoord. Hierdie skisofrenie fassineer my: hoe kan Christene 'n beleid van sistematiese moord en genocide goedkeur?

     

    Die antwoord lê vir my in die Ou Testament, uittreksels wat elke Sondag in die kerk gelees word: Hoe Jahweh sy uitverkore volk aanspoor om die land skoon te maak van ander volke (genocide)  wat  reeds daar woon om só vir hulle 'n gelofteland te win. Die goedkeuring vir genocide kom dus direk van god af en volksmoord is heeltemal aanvaarbaar as die slagoffers aan 'n ander ras behoort, of godsdiens beoefen, soos in die geval van die Fillistyne (vandag se Palestyne). Die skisofrenie in hierdie paradigma is die goedkeuring van moord aan die eenkant van 'n Ou Testamentiese god, en die gebod van Christus om jou naaste ( ook vyand) lief te hê soos jouself. Want hierop berus die hele wet van Christelike etiese gedrag.

     

    Beste groete,

     

    Pieter Redelinghuys

     

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top