Daar is gelukkig mense wie se voorouers lankal ontslae geraak het van die sondes waarin hulle glo ontvang en gebore sou gewees het.
2Daar is gelukkig mense wie se voorouers lankal ontslae geraak het van die sondes waarin hulle glo ontvang en gebore sou gewees het.
2
Kommentaar
CM
Sonde bly darem 'n fassinerende onderwerp vir baie van ons. Ons kan net nie genoeg daarvan kry nie!
Nou die dag het ek die woord "mortal sin" op die internet gaan opgoek - dit klink só dramaties en skrikwekkend! - en afgekom op webblaaie wat handel oor Roomse teologie. Maggies man, daar is lyste na lyste van sondes wat in die fynste detail bespreek word. Daar is sg "groot" sonde" ( oa draadtrek/ masturbasie) waarvoor jy direk hel toe sal gaan sonder dat jy ernstig besin en bieg, die gebruik van voorbehoedmiddels, en dan is daar ook die "mindere" sondes.
Wonderlik om te dink hoe vrugbaar die brein van die mensdom is om al hierdie "sondes" te kan opdink, en dan n hele teologie daaruit te spin wat mense die skrik van die duiwel injaag, en vir die vuur en vlamme wat op hulle wag. Sinister om te besef dat mense só gewillig is om saam te speel.
Hoe is dit moontlik dat mense nog vandag bereid is om hierdie vorm van geestelike terrorisme te tolereer? Die beste antwoord wat ek kan vind is dat die owerhede glo dat godsdiens n nuttige vorm van sosiale kontrole oor mense uitvoer, en mense in plek hou met die vrees vir straf, straf, straf.
Salig is die mens wat hom bevry het van hierdie geestelike tronk.
Groete,
Pieter Redelinghuys
Pieter Redelinghuys
Verfrissend om te hoor van iemand wat waardig kan lewe. Baie dankie.
Die gekruip voor primitiewe snert getuig al vir eeue dat die mens homself as 'n minderwaardige wese ag.
Om altyd slawe te bly van leuens om ander te behaag is 'n tragedie vir menswees.
Groete
CM