Henk,
Jy sê ons moet almal vlieg. Ek’t ‘n voorstel. Vlieg jy en dan bly ons almal sommer net hier. Jou aantyging dat ons almal se reaksies op jou skryfsel “…dreig om beslag te wil lê op (jou) lewe…” is so lagwekkend dat ons almal nou in ‘n gesamentlike SêNet-lagbui uitgebars het.
Ek lees toe jou beskrywing van jouself op hierdie forum en deel dit graag met die res van die SêNet-deelnemers: “
“Henk Seymore...stel veral belang in visuele en verbale skeppings wat as meelopers wisselwerk en die skryf van geskrifte wat met die lees daarvan denkbeelde vorm in mense se verbeeldings sonder dat visuele pasmaats enige rol speel by die maak van sulke gestaltes.”
Nou ja, nou weet ons van wisselwerkende meelopers en geskrewe geskrifte en visuele pasmaats en al die gedoentes wat geen rol speel in die maak van enige gestaltes nie.
Nog is dit het einde niet. Op 4 Maart publiseer jy die volgende hier op LitNet, vermoedelik oor “Wintie”
Soveel W’s, en soveel vraagtekens
Skei jy waters van vier seë vir wêreldwye
wrintie waar, Wintie?
Woel waters wêreldwyd vanweë
weetwaardigheid?
Versuip wirwar van veranderlikheid
knaend kleinlikheid gedwee in al vier seë?
Wissel jy, Wintie, willens en wetens
ongehoorde walviswoorde?
Gooi e-geskiedenis se wiesewasies
binne Sjinese wokke vol wolhaar Weense
worsies jou disnis?
“…wiesiewasies binne Sjinese wokke vol wolhaar Weense worsie jou disnis?...”???
Nou vra ek jou, wat se alliterasie op die stasie is dit nou wrintie waar, Wintie? Dalk outobiografies, dalk iets te doen met die drie boeke wat jy (met ander skrywers) geskryf het oor hoe om jou bestuurslisensie / leerlinglisensie te bekom?
Beste wense met die “wirwar van veranderlikheid” in die toekoms.

