Ons enige katolieke of algemene Kerk ...

  • 4

Heil die leser.

Elders raak Jaco Fourie weereens die volgende nydigheid omtrent my kwyt:

Gaan liewer terug na jou vervelige onderwerp van die Katolieke, Moeslem, Hindu, Boedha, Jood, ens. waar jy hulle  as "katoliek" broers  probeer uitbeeld (sic).

"Wouter Ferns" se stuiwer in die armbeurs voorheen:

Die katolieke kerk is ’n ander saak en die verskynsel daarvan is volkome Henn se skepping... Die term wat deur Henn gebruik word wat na die katolieke kerk verwys is besonder problematies aangesien dit weer die probleem na vore bring van watter instelling daarna verwys word... Indien die term, katoliek ondersoek word, dan misluk alle pogings om die verskynsel te vind as ’n instelling wat erken kan word. Die Oosterse Christen bewegings dek ’n verskeidenheid van strominge wat beteken die katolieke beskrywing van Henn kan daar ook nie gevind word nie. Beskou in konteks van die soeke na die "katolieke kerk" dan die Christen Arabiere, Armeniese Christene, Bulgaarse Christene, Koptiese Christene, Grieks, Russies, Serbiese. Hierdie lys is nie volledig nie, maar bied ’n aanduiding van die omvang van die Oosterse Ortodokse Kerk en daarom nie verteenwoordigend van die "katolieke kerk" nie (sic).

Ja, vir jare reeds word ek deur sulke onthutste sinici voorgegee as die persoon wat artikel 27 van die Nederlandse Geloofsbelydenis opgestel het.

Dit lees deels as volg:

Ons glo en bely 'n enige katolieke of algemene Kerk wat 'n heilige vergadering is van almal wat waarlik in Christus glo, wat hulle hele saligheid  in Jesus Christus verwag en gewas is deur sy bloed, geheilig en verseël deur die Heilige Gees ...

Ek glo en bely ek dit met my hele hart.

Katoliek met 'n hoofletter verwys na die Roomses en bes moontlik die Anglikane ook. Die Roomses, Anglikane, Kopte, Helleenses, Ortodokses, Protestante, Apostolate, Baptiste, Evangeliese... en vele ander is almal deel aan die liggaam van Jesus Christus onse God; 'n enige katolieke Kerk in onse Skepper se liefde en genade.

Anders as in Jaco Fourie se gewaande en aksionabele verdraaiing van my belydenis, is Godsdienste soos die Hindoes, Moslems en Jode, nie deel aan die katolieke Kerk nie.

Katolieke leef, leer en bely egter dat alle aanbidding tot ons Lewende Skepper, welke die model daaraan, tot eer van ons almal se enigste Skepper is - nog algemene katkisasie wat aan my as sodanige hutspotstoker toegedig word deur kwaadwillige mensehaters soos die "liberale" Jaco Fourie Dirk Rigter (in een asem wyl hul menings so dieselfde is).

Ek nooi enige belangstellende om hierdie video in die praktyk daarvan te kyk:

Wyl daar nou reeds jare lank gespot word met die heilige katolieke Kerk (katolieke met 'n klein "k"), is ek hartseer dog glad nie meer verbaas oor die swye midde al die hoon deur die sogenaamde ware Christengelowiges - byvoorbeeld Trienie Mahne en die vroeëre Kobus de Klerk - nie. Die sogenaamde sondelose ware Christengelowiges onder die toejuiging van hul ewe siniese ongelowige aanhangers so berug hier, dring nes die Skrifgeleerdes en Fariseërs van ouds daarop aan dat hulle ons Almagtige Lewende Skepper in pag het. Sonder skroom verwys hulle na die Bybel, woedend en boos geklem in hul hand, as Jesus Christus (die Woord van God). Daarmee misken en ontsier hulle in 'n ergerlike afkeur ander se harte in diens en eer tot ons almal se Skepper.

Ja, oral sing, dans, en verfraai mense tot eer van GOD. Geloof, hoop en liefde is elkeen se empirie in die lewe. My betoog is dat as jy sulke ervaring vir jouself toe-eien, jy ander se persoonlike ervaring om te glo, nie te glo nie, hoop en lief te hê, ook moet respekteer. Elke naam wat ’n mens ooit uit sy hart tot eer van ons Almagtige Skepper uitgeroep het is vir my heilig. Harte wat ons Almagtige Lewende Skepper eer behoort aan Hom.

God openbaar self in elke mens, kultuur en Godsdiens. Oral sing, dans en verfraai mense tot God se eer. Die Goeie Nuus is dat God ten volle mens vir ons almal geword het. Hierdie Blye Boodskap kan nou by elkeen se Godsdiens gevoeg word.

Kom ons vat hande en buig saam voor Jumala, Allah, Yahwe, Thathagata, Brahman, Big Chief, HaShem ... en dien ons EEN Almagtige Lewende Skepper wat ten volle ’n mens in Jesus Christus, vir ons almal geword het.

Mag Jesus Christus onse enige God, self die Tuinier in ’n ieder se hart wees.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 4

Kommentaar

  • Chris Dippenaar

    "Ja, oral sing, dans, en verfraai mense tot eer van GOD"???

    Sal dit wees soos hierdie bydrae van Cornelius?:

    ""Dirk Rigter Jaco Fourie", jou tjommie "Wouter Ferns" het reeds bewys dat dit wat jy kwyt raak absolute stront is ... dis nog net Chris Dippenaar wat bakhand onder jou loopmaag kniel en dit oor homself stryk om substansie daaraan te probeer gee ... siestog ... kyk net waar trek die arme Chris Dippenaar al met jou drek!"

  • Beste Cornelius met 'n klein c, of is dit nou 'n groot C?

    Ek weet nie wat sukkel jy so in der ewigheid met jou klein k of groot k vir katolieke kerk nie. Of 'n mens nou 'n groot k of 'n klein k het, hy moet nog vinnig spring, anders maak hy moles. Orraait, hy moet natuurlik vinniger spring as hy 'n groot k het, maar spring sal hy moet spring.

    As 'n mens praat kom daar mos nie letters uit jou mond nie? As iemand van 'n katolieke kerk praat, dan is dit van die katolieke kerk. Daardie ouens wat sulke kruise in die lug slaan om die bose af te weer, of om hulle blydskap te toon as hulle 'n drie druk, of 'n kishou slaan.

    Groot g plus klein roete,
    groot a, klein n, klein g, klein u, klein s.

  • CorneliusHenn

    Chris Dippenaar, daarmee dissimuleer jy steeds erg desperaat jou laakbare ondermyning van Godsdiens as kwansuis iets opgevoed en heilig ...  punt is; dit waarin jy my aanhaal steeds gering is betreffende jou vermetelheid oral waar dit die onderwerp raak ... ek's werklik bly jy sien jou eie laagte daarin ... glo my, ek't ook nie die maag om jou gesindheid in geheel te omskryf nie ... mag jy hieruit in die liefde en genade en tot eer van God 'n reus groei ... nederige groete, Cornelius Henn

  • CorneliusHenn

    Beste Angus, jy't wel 'n punt ... 'n mens kannie klein of groot k's maak as jy praat nie ... daarom voeg 'n mens die woord "ROOMSE" by in die gesproke verwysing na die Katolieke met 'n groot K ... ek weet jy't nie dit geweet nie, maar dis eintlik algemene/katolieke gebruik in die omgang buite die Calviniste ...soos altyd; baie dankie vir jou belangstelling, Cornelius Henn

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top