Ongeldige bewys vir 'n god se bestaan

  • 7

Kobus en Dolfie moet tog asseblief kennis neem!!!

Groetnis
Thomas

  • 7

Kommentaar

  • Thomas,

    “Nobody talks so constantly about God as those who insist that there is no God” – Heywood Broun (1888 - 1939).

    Ai ou Thomas, dit bly maar krap, nê…

    Sterkte

    Dolf

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Thomas,

    Ai- ai,  maar daardie Dolf het nou blykbaar finaal bewys dat God bestaan: juis omdat jy, Thomas,  van hom gedurig praat. As 'n mens van "iets" praat, bestaan dit mos. Wat 'n briljante waarneming.

    Verder wonder ek wie hierdie Heywood Broun is. Wag bietjie, laat my hom gou google. Magtig man, hy is niks anders as 'n Amerikaanse sportjoernalis van die New York Times nie. Juis nie in die klas van Voltair, Didero,  Nietzsche, Sartre of Dawkins,  nie.

    Beste groete,

    Pieter Redelinghuys

  • Dolfie

    Persoonlike aanvalle bevestig net dat jy geen verweer vir ons argumente het nie.

    Kon jy al uitvind watter universiteit gebruik kreasionisme as basis vir die aanbied van biologiese wetenskappe?

    O ja, ek het jou antwoord vir 'n oomblik vergeet - ek is 'n lae gemene uitvaagsel!

    Groetnis
    Thomas

  • Hallo Pieter

    Goed om van jou te hoor. Ons bibber behoorlik van die koue hier in die Kaap - dis sweerlik kouer as in Finland!

    Dis goed om te verneem wie en wat die heer Broun was wat Dolfie so kwistig aanhaal. Volgens Trienie en Dolf behoort Kobus se verbeeldingsvlugte geboekstaaf te word, sodat dit as verwysing kan dien. Kan jy jou daardie aanhalings indink - "caps lock" aan:.........aanhaling......."caps lock" af.

    Groetnis
    Thomas

  • CorneliusHenn

    Beste Thomas,

    Jy tik die volgende vir Dolfie: Persoonlike aanvalle bevestig net dat jy geen verweer vir ons argumente het nie. Kon jy al uitvind watter universiteit gebruik kreasionisme as basis vir die aanbied van biologiese wetenskappe? O ja, ek het jou antwoord vir 'n oomblik vergeet - ek {Thomas} is 'n lae gemene uitvaagsel!

    Ja Thomas, nie een van Dolfie, Trienie of Kosie, kon ook voorheen van my eenvoudige vrae omtrent hul belydenis beantwoord nie.  

    Maar, nie net dit nie, Dolf, Kobus en Trienie het ook hul getroue kruipers (sikofante) Jaco, Chris, Wouter en George ...  

    So meen Chris Dippenaar -  deesdae ALMAL se voorbok in die afwesigheid van Kosie -  aan my elders: "Cornelius, jy bly maar een van die onnooslikstes hier op LitNet ... jou 'mengelmoes-kardoes gosdiens ideologie' (Dolf se term vir jou) ..." (sic)  

    Woutie se gekerm vir simpatie, het Trienie ook reeds tot 'n tranedal in 'n absolute gees vervulde blydskap gedryf - met sy berugte patetieke bleeksiel "copy&paste" (spoeg en plak) "hulpmiddels" - wat glo selfs onse ou Kosie in die skadu gestel het!  

    Ek dog ek noem dit maar sodat jy nie alleen voel waar fundamentele Bybelaanbidders  en ekstremistiese ontnugterde Protestante hul beledigings uitdeel nie, en voor enigeen dalk vir jou dweep dat om die "capslock" te vergeet, ook nie die teendeel van God se bestaan bewys nie.  

    Namaste!  

    Cornelius Henn

    (... en o ja, volg gerus ook die verkrampte beskouinge van fundamentele ongelowiges onder die gereelde en verdagte hoofde "misbruik van kinders", deur die ene George, as jy gedink het Kosie en Dolfie se plataarde- genootskap-kreasionisme-twak, is die enigste om voor te lag)

     

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top