Nou toe!

  • 0

So lyk die voertuig wat ons gister in gery het vanaf vakansie. 25km buite Orpen-hek bees getref. Die beeste loop waar hul wil en is daar geen beheer of verantwoordelike persoon. Die pad het op en af heuwels asook skerp draaie wat sig belemmer. Moet ook nie probeer om die bees te skiet nie (soos in ou dae). Moeilikheid by die kaptein van die streek ...

Gelukkig sak aasvoëls gou op die toneel toe om die arme bees in stukke op te sny en hulself uit voete te maak.

By die polisiestasie moes ons hoor dit gebeur gereeld en voel hul dat daar eintlik iets omtrent die saak gedoen moet word. Nou wonder ek of daar wel ‘n persoon is wat die moed het of inisiatief kan neem om wel die saak aan die rol te sit?

Trienie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top