... het laataand oor Maanskynkop in 'n misglans stadig opgekom.
Bo op die sandduin het ons gesit.
Nog 'n maand oor voor afskeid vir altyd sou kom.
Oor die baai het ons uitgekyk.
Die seebries wat op die suidewindjie lê, geproe.
Ek het jou lief. sê sy.
Die soutigheid van haar trane proe ek nou nog op my lippe.
Dit was matriekjaar 1966.
Raed-na-Gael

