Nog 'n Afrika-reus

  • 0

Hierdie week neem ons afskeid van Eusebio, nie lank nadat ons dit ook moes doen van Madiba nie ... dis werklik hartseer.

Hier het ons nog 'n grote van Afrika, wat ons geleen het aan die wêreld.

En hoe het hy gevaar?

Gebore in armoede in die agterstrate van vandag se Maputo, maar kyk vandag, die arme Swart seun van Oos-Afrika, wie verbied was om in SA te speel weens sy velkleur, het uitgestyg soos 'n arend, en 'n hele nasie opgetrek uit hul diepste ellendes uit.

Toe Eusebio in Portugal kom in die vroeg sestigs was die land onder die ystervuis van 'n regse diktator.

Tog in sy eerste seisoen kon hy sy klub Benfica lei met 'n string doele tot EU kampioen oor die mag van Real Madrid, wat spelers in die veld kon stoot soos Di Stefano en Puskas.

Die storie gaan dat in die eindstryd was Real losvoor, totdat Benfica stadig begin terugkom het.

'n Kritieke strafdoel was toegeken aan Benfica, en hulle kaptein Mario Coluna, ook genoem die Heilige Monster, ook gebore in dieselfde agterstrate van Lourenco Marques as Eusebio, tree na vore om die skop waar te neem, toe skielik uit die bloute uit die jongeling Eusebio vra:

"Meneer Coluna, mag ek maar die skop waarneem?"

Niemand sal weet hoekom Coluna besluit het om opsy te staan vir die jongeling nie, miskien was hy so beïndruk met sy goeie maniere?

Elk geval, Eusebio het die doel geskop en daarna nog 'n doel aangeteken om Benfica teen alle verwagtinge in die kampioen te maak van Europa, en die hele land in vreugde op te trek al was hulle ook onderhewig aan diktatorskap ...

Jare later was Mario Coluna die kaptein van Portugal wat in 1966 aan die WB-toernooi deelneem in die VK.

Met  die briljante jong Eusebio in sy fleur word selfs die gedugte Brasiliane en Pele uit die pad geveeg, tot dinge skeefloop in die kwarteind, nogals teen die hoogs onbekende Noord-Korea!!

Eusebio word as reserwe gerus op die bank, en die oorgeruste Portugese is binne 20 minute drie teen nul agter!!

Vervaard word Eusebio uiteindelik opgestuur om te probeer red wat te redde is!

In een van die beste vertonings van alle tye teken die vurige Afrikaan 4 doele aan!!

Is dit enige wonder dat die president van Portugal 3 dae van nasionale rou afgekondig het?

Dat vlae halfstok hang, dat sy standbeeld in die Stadion la Luz in Lissabon toegegooi is met versierings nie?

Vir Eusebio was sy grootste oomblik egter toe die WB in Afrika plaasgevind het, dus het ons in SA, al wou ons hom nie toelaat om persoonlik hier te speel nie, tog 'n aandeel gehad in die lewe van 'n grootse man, al was dit by verstek.

O Rei, of Koning was al hoe hy in Portugal bekend gestaan het.

Ons buig voor nog 'n Afrika-koning ... O Rei Sempre!!

http://www.dailymail.co.uk/sport/football/article-2534038/Portugal-hero-Eusebio-dead-age-71.html

Francois Williams

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top