Hy is immers die land se president en is baie besig, reis ook talle kere oorsee. Hy besoek Nkandla nie elke dag nie en het beslis nie tyd om toesig te hou oor bouwerke en om elke faktuur en kontrak na te gaan nie - daarvoor is amptenare aangestel en 'n minister om verantwoordelikheid te aanvaar.
Maar Zuma is blykbaar die wit publiek se gunsteling slaansak. Die algemene publiek praat en skreeu "skuldig!, skuldig!" sonder om behoorlik oor die saak te dink. Dit is mos maar hoe dit is met die gepeupel, al met die stroom af ...
Groete,
Varkspek


Kommentaar
Varkspek jy het 'n geldige punt daar. Ek wil nie die man van sy vergrype veronskuldig nie, maar hy is immers die president en moet weet wat aangaan. Ek stem saam met jou, dis die amptenary wat hulle ook aan die vergrype skuldig maak. Dit is vir hom moeilik om aan alles aandag te gee. Met sy vier vrouens en skoonma's en kinners en nefies wat bakhand staan het onse Jacob dit nie maklik nie. Dit is Afrika-demokrasie op sy beste. In die vorige eeue is dit baie goed toegespas. Gee die hoofman/stamkaptein ietsie onder die tafel en siedaar jy het die beste vennoot ooit. Dit gaan oral maar so. Elke ou het sy prys.
Varkspek ek het weereens besef dat jy jou naam goed gekies het. Jy kan gerus self “behoorlik oor die saak dink” en na die naweek aan ons verslag doen. My hoop sal seker weer beskaam. Aan die ander kant, Jakob het nog een wit pêl oor.
Watse tender het jy losgeslaan ?
Raed-na-Gael.
Varkspek jy neem 'n onkonvensionele posisie in en as jy bedoel 'skuldig bevind', dan is die vraag klaarblyklik volgens die Mdontsela-verslag in die negatiewe. Thuli is 'n vrou wat ons almal vertrou en ons kan met volle bors haar geniepsige en noukeurige inkwisisie besing. Reusedwerg slaan die spyker op die kop met sy oplettende diatriebe teen die Afrika-metodiek van hulde betoon aan die top korps. Dit sou nie Afrika wees as ons president nie ook sy ranch 'n bietjie opgeknap het ten koste van die staatskoffer nie. Miskien as hy 'n derde termyn toegelaat was sou hy nie so 'n kans geneem het nie en sy kudde verwerp nie.