Die groot nuus op vandag se voorblad van die VB is dat 'n jong wit vrou wreed aangeval was terwyl sy haar daaglikse 21 km hardloop soggens!!
Nou ek weet nie wat het my meer verbaas, die feit dat sy aangeval was of dat jy 'n Afrikaner poppie kry wat darem oefen en probeer gesond leef!!
Ek meen, oor die algemeen is Afrikaners op jonge ouderdom reeds afhanklik van doktersvoorskrifte en basies verslaaf aan allerlei dwelms en medisynes, om natuurlik nie van die daagliks kak kos te praat nie!
Elk geval .,. dis met groot afwagting wat ek toe begin lees het aan die artikel ... die aanvaller was 'n Boer ... ja, ‘n boerboel!
Foeitoggie, en die brak hettie eens 'n behoorlike jobbie gedoen nie, want volgens die opskrif was die vrou glo amper dood, maar, op die einde, kom dit uit die hond het agter haar aangedraf, uitbundig op die rug gespring wat haar laat neerslaan het, blykbaar het die hond haar ook so ligweg op die rug gebyt, dis nou die somtotaal van die 'by-die-dood-omdraai se 'aanval' ... nou ja, en die uiteinde?
Die juffie spring toe flink op, hardloop huis toe en gaan vertel vir manliefie ... dis dit, en dit haal die voorblad van Volksblad???
Nou ja, vir 'n land waar daar glo 'n program teenoor Baie Blanke Afrikaners is, en vir die Vrystaat, te midde van AfrikanerDOM, het mens effe meer verwag ... ek persoonlik was al goed deur honde verskeur, toe ek op skool was, maar daai jare kon jy vergeet dat jou storie die koerante gaan haal ... honderdduisende SA-mense was toe jaarliks vermoor en ons was te midde van 'n brutale Nazi-omgewing, dit was dus te verstane dat al was jy oor die heining gesleep en tien keer deur 'n GROOT hond gebyt, niemand in die pers werklik belanggestel het nie ... wys jou net, die Nuwe SA werk seker dan nou??
Francois Williams


Kommentaar
Nee, hy werk nie. Vandag weer het die polisie weer 'n ou in een van die daaglikse opstande doodgeskiet. En gister en eergister ook. En daar's plekke wat nie water het nie en die wat water het se water is vrot. Ook is daar oor die 280 dorpe waarvan die riolering nie meer werk nie. En ook, oral op radiopraatjies en besprekings en dinge gesels hulle oor hoe hulle WEER die onderwys, of hospitaaldienste, of diens in die staatsdiens, op dreef kan kry. Intussen word die speknekke se nekke nog net meer vol spek en as een per ongeluk deur 'n joernalis voorgekeer word (hulle beweeg vanuit agterdeure van skadukol na skadukol) noem hy bloot die probleem 'n challenge; hulle is besig om daarna te kyk. Intussen is, met die begin van die skooljaar, weer 'n paar (miskien paar honderd) skooldogter verwagtend. Ek hoor Wits het sy inname eerstejaarstudente met 50% gesny; hulle konsentreer nou meer op nagraadse studente want hulle wil WEER hul goeie naam terughê. Ja-nee wat 'n gemors, werkloosheid onder andere vier hoogty; die wat jy in Sjina sit om die imperialis se taal vir Sjinesies te leer (of so-iets). Wat 'n skande; lyk my nie kennis van gevegskuns vrywaar mens van 'n gatkruipmentaliteit nie.
Haai hene Francois, ek het jou brief 2 keer gelees en kan steeds nie agterkom wat jy eintlik wil sê nie, behalwe dat jy gestand doen aan jou reputasie as 'n befaamde moaner. Daar is so baie negatiewe nuus om oor te moan ...
Jan Rap, as jy ongelukkig voel in die NSA kan jy mos maar aanskuif? Ek sien in die sneeuwitte paradys van die Oekraïne, brand Kiev, en mense gooi klip dat dit bars ... jy ken mos die drils, skuif soontoe ... en Hannes?
Wie moan waar?
Klink of jy wil-wil moan maar jy weettie waar om te begin nie huh ... of wat ...