Ek is nie een van die ellendelinge wat altyd die donkerkant raaksien nie, Nee, ek is eerder 'n optimis wat die positiewe gaan soek. Die naweek se nuus het my egter laat wanhoop. Riool by Sanlam se hoofkantoor, ens, ens. Wat mens dronkslaan is dat toe hierdie rioolstorie die tweede keer kopuit gesteek het die regering nie tot sterk optrede oorgegaan het nie. Ons het tog al lank 'n stink beeld in die buiteland en behoort sulke tendense vinnig te keer.
Dis nie die bedoeling om lang lyste te maak nie. Wil net as voorbeelde die Wes-Kaapse en nasionale kommissarisse van polisie se beweerde oortredings noem. Die polisie saam met die nasionale vervolgingsgesag en soortgelyke organisasies is na bewering besig om in die teenoorgestelde rigting as reg en geregtigheid te beweeg. Na die oorsaak hoef ook nie ver gesoek te word nie: Nommer Een! As die staatshoof bang is om onkreukbare mense in die hoogste poste by die polisie en die vervolgingsgesag aan te stel moet dit noodwendig sleg gaan met ordentlike mense.
Die gevolge van die optrede? Sowat 106 meisies jonger as 12 jaar is binne drie maande verkrag. As die syfer met vier vermenigvuldig word bring dit jou by 400plus per jaar. Kinders wie se lewens onherroeplik geskend is. As daar in die NSA soveel kinders verkrag word is dit 'n skrynende skande waaraan almal aandag moet gee. Is ons nie reeds as die verkragtinghoofstad van die wêreld bekend nie!
Wag net 'n oomblik. Die hele storie is nog nie vertel nie. Ek is nie met nasionale syfers besig nie. Die getalle waarvan melding gemaak word het net op 'n klein deeltjie van ons land betrekking volgens News24/Natal Witness, nl die munisipaliteite Pietermaritzburg, Howick, Mpendle en Richmond. Elke verantwoordelike mens in hierdie land moet elke dag probeer om sake binne sy invloedsfeer positief te beïnvloed. Moenie dink dit sal nie help nie – dit is al wat moontlik kan help.
George


Kommentaar
Ek wroeg nie meer wat in die land aangaan nie. Ek staan apaties teen gebeure in die land. Ek weet Wie die land kan en gaan red. Dit kan nie so voortgaan nie. Mens weet net waar dit gaan eindig nie. My siening, en is glad nie bang om dit te noem nie, ons landjie was en ek dink in dag der lewens nooit reg weer vir 'n Westerse demokrasie nie. Niemand kan die teendeel bewys waar 'n regte egte demokrasie werk nie, nog te meer in Afrika. Vir my kom dit neer op die "social fibre" wat in die land vernietig is. Ek het dit vir iemand uit die buiteland tydens samesprekings al in 1991 voorspel. Dit kom neer op basiese goeie maniere en respek. Die mens het reëls, riglyne en regulasies nodig. Jy kan nie 'n mens op homself loslaat nie. Ons sal maar wag en sien. HKGK.