'n Oomblik in die kop van 'n konspiritualis

  • 6

Cornelius het nou al 'n paar keer verwys na sy "digitale biblioteek" wat hy deel met ons. In sy kop klink hierdie frase beter as 'n "string-crackpot-webwerwe-waaraan-ek-sluk" wat ek dit sou noem en wat dit verseker is. Hoe dit ookal sy, een van die skakels het my aandag getrek:

http://www.thrivemovement.com/the_movie

Hierdie "dokumentêre" film dien as 'n baie goeie voorbeeld van wat fout is met mense se vermoë om krities te dink. Dit verklaar tot 'n groot mate Cornelius en sy soort se onsamehangende uitlatings oor wetenskap, godsdiens, politiek en verwante onderwerpe.

'n Blogger, onder die skuilnaam Muertos bied 'n rasionele en kritiese analise van hierdie film wat gevolg kan word vir die wat sou belangstel om te gaan kyk hoe dit lyk in die wêreld van mense wat hulle houvas op realiteit heeltemal verloor het:

http://thrivedebunked.wordpress.com/site-index/

Chris Dippenaar

  • 6

Kommentaar

  • Hello Chris,

     
    Ek durf nie in ooreenstemming met jou wees nie,aangesien, die rympie wat gaan volg so bekend is. Die string name en dan wat die oortreding was en hoe dit alles 'n bespotting is van Henn se hart en hoe dit speel na die wil van Kobus, ens, ens, ens.....
     
    Maar het ek toe ook na die skakel gaan kyk, 'things hidden from the beginning of time'. 
     
    Hierdie is so 'n standaard formule, 'n vreeslose Henn wat nuus bring wat die res van die mensdom nog nie weet nie en is Henn 'n profeet wat nie in sy tyd eer ontvang nie. 
     
    Daar is geen erns om met die werklikeheid om te gaan in die kompleksiteit soos dit is. Daar is genoeg om te ontdek sonder om met 'n sak baloney vorendag te kom nie. 
     
    Ek weet regtig nie wat om sulke mense te doen nie indien ek dit kru kan stel nie. 
     
    Is daar geen wil, geen poging om met ingeligte erns met die werklikheid om te gaan nie, te soek vir die mees betroubare argumente wat die bestaan in al sy detail en kompleksiteit kan verduidelik nie. 
     
    Dit is veel makliker to crank it up!.
     
    En dan dring Henn aan dat hy as ernstig opgeneem moet word. 
     
    Nee wat. Dit is nie vir my nie. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
     
  • CorneliusHenn

    Hel, kan 'n mens dit tog glo!

     

    Ene SlayerX en 'n ewe verskuilde Muertos, is die ergerlike en siniese Chris Dippenaar se gesaghebbendes - wat meer as 'n duisend ingenieurs se professionele meninge in die openbaar kan weerlê!

      

    Daarenteen, is die volgende 'n lys van name van REGTE mense wat onderhoude in die genoemde dokumentêr Thrive, voer: Duane Elgin, Nassim Haramein, Steven Greer, Jack Kasher, Daniel Sheehan, Adam Trombly, Brian O'Leary, Vandana Shiva, John Gatto, Deepak Chopra, David Icke, Catherine Austin Fitts, G. Edward Griffin, Bill Still, John Perkins, Aqeela Sherrills, Evon Peter, Angel Kyodo Williams, Elisabet Sahtouris, Amy Goodman, en  Barbara Marx Hubbard - almal eerbare mense ...

      

    Ja, die arme misantrpoiese Chris Dippenaar, wat selfs God kamstig kan "debunk" in sy napraat van 'n ewe sardoniese Richard Dawkins  ... hoe absurd? ... tog so jammer vir die onthutste mensehaters (voeg Wouter Ferns en Jaco Fourie hierby), wat slaafs die stand van sake op ander probeer dwing ... en ook net so jammer vir die beangste wat nie vir hulself wil dink nie, en dit wel toelaat!

      

    Anders as Chris Dippenaar in sy ekstreme en fundamentele anderhaat, het ek geen fundamentele standpunt omtrent enige onderwerp nie - bekommer ek myself nooit oor wat in ander se koppe aangaan nie - en geniet ek dit altyd om oorweging aan enige van my medemens se goed bedoelde meninge en in enige onderwerp te gee ...

      

    Namaste!

      

    Cornelius Henn

  • CorneliusHenn

    Vir enigeen wat gewonder het wie byvoorbeeld Brain OLeary wat ook so deur Chris Dippenaar se SlayerX kamstig gedebunk is, kyk gerus hier: http://www.youtube.com/watch?v=yO0T05kQkbs#t=45 ... maar nou ja, wat is 'n ruimtevaarder en fisikaprofessor om te debunk in vergeleke met selfs God, wat deur onse slim Chris Dippenaar in sy absurde gedagtetjies gedebunk is? ...

     

     

     

     

  • Chris Dippenaar

    Hello Wouter

    Die rympie volg toe, soos jy voorspel het, met "meer as 'n duisend ingenieurs se professionele meninge", en my gunsteling, David Icke, die mees "eerbare" van die lot. Dis mos die ou wat sê mense word beheer deur die reptiele en wondere gedoen het vir die verkope van tinfoelie.

    Cornelius, as inwoner van wat Carl Sagan beskryf as 'n 'Demon-Haunted World', kan ons van nou af maar ignoreer.

    Beste Nuwe-Wêreld-Orde-groete

    Chris

  • Hello Chris, 

     
    'n Mens kan jou horlosie stel volgens Henn se reaksies en hierdie was heeltemal op tyd. Henn stel nooit teleur nie. Nou, daar is baie name op daardie lys wat ek nie ken nie, maar David Icke is in 'n klas van sy eie en wanneer Henn, na Icke verwys as 'n betroubare verwsying dan laat dit in my gemoed geen twyfel meer oor Henn se gebrek om te kan vashou aan die werklikheid nie. 
     
    Dit is nog meer verstommend dat Carl Sagan. ook as 'n mantra deur Henn gebruik word, juis die tipe van persoon se argumente wat Henn behoort te speen van hierdie belaglikhede. Maar dan ook, Henn het Van Zyl Slabbert en Treurnicht as gelyke invloede op sy denke gestel. 
     
    Duidelik is Henn nie bekend met Sagan en Van Zyl Slabbert se totale denke en die kontradiksie wat dit veroorsaak. 
     
    Van my kant af ignoreer ek Henn sonder twyfel wanneer dit kom by 'n bespreking van hoe die werklikheid daarna uitsien. VVO's, spontane evolusie, die piramides wat nie deur die Egiptenare van ouds gebou is nie, 'n lys sonder einde, maar hierdie tipe van onsin het altyd 'n mark en dit is tragies. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • CorneliusHenn

    Mike Dillard, is nog 'n geagte "konspiritualis" in my digitale biblioteek buite Wouter Ferns, Chris Dippenaar en hul BIG BROTHER SlayerX se slimmigheid ...  enigeen wat meer wil leer ter wille van hul oorlewing, kan hier lees http://theelevationgroup.com/ ... dog, wees gewaarsku; Chris Dippenaar en sy kruipers onder mekaar met hul gesaghebbende SlayerX aan't hand, loer vir jou ...

     

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top