Die meeste van ons is moeg van sentimentele omsendbriewe wat per e-pos aan ons gestuur word – onlangs het die propaganda van die Israeli-Palestynse konflik aandag geniet.
Alhoewel uitsonderlik, is daar ook boodskappe wat werklik aan die hartsnare roer soos die volgende een, uit 'n politieke omgewing, wat dikwels gekenmerk word deur valsheid.
'n Predikant, Joe Wright, is gevra om die nuwe sitting van Kansas se Senaat te open. Die gewone pligsgebed is verwag, maar die dominee se skokkende woorde was:
“Hemelse Vader, ons kom vandag voor u om vergifnis en rigting en leiding te vra. Ons weet U Woord sê, “Wee die wat kwaad goed noem”, maar dit is presies wat ons gedoen het. Ons het ons geestelike balans verloor en het ons waardes prys gegee.
Ons het die armes uitgebuit en dit 'n lotery genoem.
Ons het luiheid beloon en noem dit welsyn.
Ons maak ons ongeborenes dood en noem dit keuse.
Ons het anti-vrugafdrywers doodgeskiet en sê dis geregverdig.
Ons het nagelaat om ons kinders te dissiplineer en noem dit die bou van selfvertroue.
Ons misbruik ons mag en noem dit politiek.
Ons begeer ons bure se eiendom en noem dit ambisie.
Ons het die lug besoedel met goddeloosheid en pornografie en noem dit vryheid van uitdrukking.
Ons maak die eeu-oue waardes van ons voorouers belaglik en noem dit verligtheid.
Ondersoek ons, o God en ken ons harte vandag; reinig ons van elke sonde en maak ons vry. Amen!"
Die reaksie was onmiddellik en 'n aantal wetgewers het gedurende die gebed uitgestap, uit protes.
Wright is predikant by die 'Central Christian Church' en oor ses weke is meer as 5 000 oproepe ontvang, waarvan net 47 negatief was. Wright het gewys wat 'n geestelike leier se plig is maar ook hoe almal bewus moet raak van amptelike skynheiligheid en hulle diepste oortuigings moet ondersoek.


Kommentaar
Beste George, die ongelowiges en "vrydenkers" en anti-regses en humaniste en "tree and bunny huggers" gaan vir jou gas gee. Kyk na die samelewing vandag. Daar is nie respek vir wet en gesag nie, want dit word bevraagteken. Druis dit teen my menseregte in? Wat is my reg as mens, is die eerste vraag wat jy gaan vra. Wat is die norm wat die samelewing stel, wie van die samelewing. My norme stem nie met joune ooreen nie. Kyk wat gebeur in die SA parlement. Dit gebeur nie net hier nie. Dit gebeur in Japan, Sjina, Suid-Amerikaanse State en elders waarvan ons nie eers hoor nie. Die stille meerderheid sal daar altyd wees. Die mense raak gatvol vir demokrasie.
Dis net jammer dat die god aan wie hierdie ontboeseming gerig is dit nie kon hoor nie omdat hy nie bestaan nie!
Amen.