My oorle ma se kerrie en rys

  • 2

Ek het nog vae herinneringe oor hoe my oorle ma se kerrie-en-rys gesmaak het, lekker SMAAKVOL, SONDER om die hel uit jou uit te brand. En deesdae word ek Vrydae aande in die kombuis toegelaat om kerrie-en-rys te maak ter afwisseling van pizza-koop op pad huis toe vanaf die werk. En ek het nou al ‘n paar probeerslae gehad, met Rajah se kerrie of Masala en sy trawante, en ek het verskeie resepte probeer met alles wat daarmee saamgaan. Maar dit proe nie naasteby soos my oorle ma se kerrie-en-rys nie, want al wat wissel, is die graad van brand, die lekker kerriesmaak wil net nie deurkom nie.

Laas Vrydagaand was dit Kerkbasaar, en ek dag toe; kerkbasaar-kerrie-en-rys is altyd lekker, kom ons gaan koop daarvan. Die pannekoek was baie lekker, kan iemand dit verbrou? Die kerrie-en-rys; teleurstellend, swakker as die swakste van al my pogings tot dusver.

So, ja, ek soek nog steeds daardie lekker smaakvolle kerrie-en-rys sonder dat dit kwaai brand, maar hoe gaan iemand weet hoe my oorle ma se kerrie-en-rys dan gesmaak het?

Pieter

  • 2

Kommentaar

  • Jy moenie Rajah gebruik nie, jy moet Cartwrights (Carthrights? Carthwrights?) gebruik.  My ma het so gesê kan ek onthou.

  • Beste Pieter, 

    Bly weg van kerriepoeier wat in pakkies verkoop word. Kom Durban toe en probeer 'n Durbanse kerriemengsel. Probeer eers die mild, dan kan jy oorgaan na die sterk kerrie. Laasgenoemde is die lekkerste.
    Groete,
    Angus
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top