Moses en die "Beloofde Land"

  • 5

Toe die "Uitverkore Volk" by hulle beloofde land (toe nog genoem Kanaän) aankom, het hulle verspieders uitgestuur om die land en sy mense te bekyk. Daar het hulle toe glo wonderlike vrugte gevind, ondermeer 'n druiwetros wat so groot was dat twee manne dit aan 'n stok moes dra. (Numeri 13 verse 23 tot 33). (Ek onthou in die kinderkrans het hulle ons 'n prentjie gewys van die reuse druiwetros wat deur twee bebaarde manne aan 'n stok gedra word.)

Soos gesien kan word uit die bogemelde verse, was die manne egter bang om die land binne te gaan, want hulle het gesien daar woon reeds mense, baie van hulle en sterkes, selfs glo reuse. Die gevolg dat, omdat die Israeliete toe nie die land wou binnegaan nie, diegene gestraf is deurdat hulle veertig jaar in die woestyn moes deurbring. En 'n klomp ander dinge is daaroor in die Bybel geskryf, ek wil tog nie in al die detail ingaan nie. My oogmerk is om te toon dat daar reeds mense gewoon het en dat hulle deur die Israeliete met die swaard uitgedelg is. (Dit wil sê as mens alles kan glo wat daar staan.)

Let nou op hierdie voorbeeld, toe die Israeliete Og, die koning van Basan, verslaan het: (Numeri 21:34 - 35) "En hulle het hom verslaan en sy seuns en sy hele volk, totdat daar niemand van hom oor was wat vrygeraak het nie; en hulle het sy land in besit geneem."

'n Soortgelyke geval vind ons in Hoofstuk 31, waar die Midianiete verslaan is. Toe hulle egter die buit bring in die laer, '...in die vlaktes van Moab wat by die Jordaan van Jérigo is", was Moses briesend en het hy hulle uitgetrap omdat hulle nie die opdrag tot die letter uitgevoer het nie. Hulle moes naamlik al die vroue wat al seks gehad het met 'n man en al die seunskinders (natuurlik babas ook) doodmaak voor hy tevrede was. Die buit kon onderling verdeel word, en dit was aansienlik, syfers is genoem van 675000 stuks kleinvee, 72000 beeste, ens, ens, en boonop juweliersware. Deel van die buit het na die "Here" gegaan, en dit het ingesluit van die vee en juweliersware ter waarde van 16750 duisend sikkels. Die Here se aandeel het natuurlik na Moses en die priesters gegaan, as sy verteenwoordigers hier op aarde.

In Deuteronomium 7 word in verse 1 en 2 ook vertel van die nasies wat verdryf sal word, sodat die Israeliete dit in besit kan neem.

Nou wonder ek maar net, die oorblyfsels van daardie nasies, sou dit nou duisende jare later dalk die Palestyne wees? Dan is dit seker geen wonder dat hulle vandag nog kwaad is en Israel bestook met vuurpyle nie! Maar laat ek my haas om by te voeg, ek het baie simpatie met die hedendaagse Israelies, hulle het ook 'n veilige land nodig om in te woon en kan tog nie vir ewig dwalend in die woestyn gelaat word nie.

Miskien sou 'n oplossing vir die stryd lê by Iran eerder as by Hamas. As Iran Israel se bestaansreg wil erken, sal Hamas tog seker volg, want dan het hulle nie meer ondersteuning om wapens te kry nie.

Groete,

Varkspek

  • 5

Kommentaar

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Varkspek,

    Dankie vir jou interessante vertelling van die storie, na aanleiding van die Bybel,  van die Israeliete, uitverkore volk van hulle stamgod, Jahweh, en hulle besetting van Kanaän, na al die episodes van genocide wat hulle moes pleeg, want die blerrie land was reeds bewoon.

    Ag toggie, as hulle stamgod destyds by die skepping tog sy verstand gebruik het, kon hy vir sy uitverkore volk 'n wonderlike stamland geskep het, en al die doodslag en stryd wat tot vandag toe nog plaasvind, alles verhoed het.

    Die weë van die Here is darem 'n misterie.

    Groete,

    Pieter Redelinghuys

  • Ja-nee Varkspek, dit lyk vir my ook nie a krieket nie.  Terloops, waar het die Israeliete vandaan gekom, voor hulle nou die woestyn ingevaar het?  Oor die hele storie daar bo in die Midde-Ooste - ek wonder wat is Goldreich en Wolpe, of hulle kinders dan, se gevoel?

    Groetnis

    Jan Rap

  • Beste Varkspek

    As jy nou alles gelees het sou jy agtergekom het dat dit juis die vroue was wat die Israliete verlei het om afgod nl Baäl-Peor te aanbid, toe hul die raad van Bileam af gekry het en gevolg het.'n Siekte-epidemie het die volk daarna getref.

    Die volgende inskrywing verskyn onder http://www.jewishencyclopedia.com/articles/2246-baal-peor

    "BAAL-PEOR: Name of a Canaanitish god. Peor was a mountain in Moab (Num. xxiii. 28), whence the special locality Beth-peor (Deut. iii. 29, etc.) was designated. It gave its name to the Ba'al who was there worshiped, and to whose service Israel, before the entrance into Canaan, was, for a brief time, attracted (Num. xxv. 3, 5; Ps. cvi. 28). The god is himself also called "Peor" by abbreviation (Num. xxxi. 16; Josh. xxii. 17). It is commonly held that this form of Ba'al-worship especially called for sensual indulgence. The context seems to favor his view, on account of the shameful licentiousness into which many of the Israelites were there enticed. But all Ba'al-worship encouraged this sin; and Peor may not have been worse than many other shrines in this respect, though the evil there was certainly flagrant. In Hosea ix. 10 "Baal-peor" is the same as "Beth-peor," and is contracted from "Beth-baal-peor."

    Baäl was 'n dominate god wat ander gode verslaan het. In literatuur verskyn die volgende beskrywing van hom:

    "Baal is portrayed as a man with the head and horns of a bull, an image similar to that in biblical accounts. His right hand (sometimes both hands) is raised, and he holds a lightning bolt, signifying both destruction and fertility. Baal has also been portrayed seated on a throne, possibly as the king or lord of the gods."

    In tye van nood is die eersgebore kinders aan die god geoffer.Sommige seksuele praktyke met die oog op vrugbaarheid vir oeste het die hele familie betrek, seuns, dogters, pa en ma en selfs oupa en ouma. Dit was 'n seksorgie wat selfs die verbeelding van diegene wat onder 'hyg' op Linet skryf sal oortref.

    Ek hoop jy verstaan nou beter hoekom net die maagde gespaar is en die res doodgemaak is. Ek glo nie daar was baie maagde onder die verslane volk nie.

  • So, het al die nasies wat deur die Israeliete uitgedelg is daardie afgod aanbid en seksorgies gehou? En jy beskou dit as regverdiging vir volksmoord?

    Dis net 'n gerieflike verskoning, eintlik wou hulle die land gehad het en so is dit trouens aan hulle "beloof".

    Abraham was ook maar te gewillig om 'n menslike offer te bring né! Sy eie seun!

    Sê my, glo jy dan al die stamme in Afrika en elders wat "afgode" aanbid moet uitgedelg word? Ook ek, as ek perdalks in 'n seksorgie betrokke raak terwyl ek die bottel in een hand vashou as 'n soort afgod?

    Pasop manne, hier sluip gevaarlike karakters rond op SêNet!

    Terloops, daar is 'n ander geloof, bekend om sy militantheid, wat ons as ongelowiges beskou en nie skroom om ons en Jode aan te val nie. Lees maar die koerante.

    Varkspek

  • Beste Varkspek

    Jy sê "Pasop manne, hier sluip gevaarlike karakters rond op SêNet!"

    Ek stem volkome saam met jou, veral die wat spekskiet en alles vedraai onder 'n skuilnaam.

    As jy nou mooi alles in konteks gelees het sal jy gesien het dat daar 'n siekte-epidemie onder die trekkende volk uitgebreek het.Dit volg direk op die optrede van mense wat deelneem aan die seksuele praktyke ,in die proses van die aanbidding van afgode,van die mense van die land waardeur hul wou trek, maar deurgang geweiers is

    Net soos vandag daar geen medisyne is om die Ebola-uitbreek te stop nie, behalwe as om die mense in afsondering te plaas, was daar geen manier om die mense wat op die trektog deur die woestyn was te behandel nie.

    'n Ernstige siekte in die woestyn het dikwels die einde beteken.Hierdie siekte-epidemie word gesien as God se straf op die oortreding van die mense wat hulself laat verlei het. Seksuele en ander oordraagbare siektes word van mens tot mens oorgedra en verskyn nie oornag nie.

    Meer as 3000 jaar  en langer  gelede was  daar geen ander manier om siektes uit te roei nie.Hoe barbaars dit ook al klink is volke nie net deur die Israeliete maar ook ander totaal uitgeroei.Die volk Israel moes dus geruime tyd in 'n onderhandelingsfase betrokke gewees het om deurgang te onderhandel, vir mense om so siek te word dat 'n epidemie uitbreek

    Ander volke wat hul ongehinderd laat verby trek het is met rus gelaat.

    Die optrede van die mans is vergelykbaar met wat ek en my ou maat tydens weemagopleiding in Bloemfontein gedoen het.Ons het gereeld ons Jeans,tekkies en hempde op 'n plek weggesteek. As almal slaap sluip ons verby die wagte, trek ons Civies aan en draf dan die paar kilometer na Bloem waar ons gaan fliek en dan sorg dat ons weer op die Sondagparade aanwesig is.

    Die kamplewe was maar bra vervelig oor naweke en ek kan my goed indink dat daar mans onder die Israeliete was, wat die versoekinge net nie kon weerstaan nie en toegegee het aan toenadering van vroulike prostitute van die omliggende volke.

    Jy verwys na Afrika-stamme. Kom ons kyk hoe sommige van die stamme opgetree het.

    http://www.elateafrica.org/elate/history/ngoni/ngonieastafrica.htm

    Ek haal 'n stukkie daaruit aan en hoop webvoet sal dit deurlaat.Ek doen dit net om te wys wat die optrede van verowerende stamme in Suider Afrika was, om te wys dat jou vernietiging van stamme in Afrika omdat hul afgode aanbid het, absoluut absurd is.Stamme is om ander redes uitgeroei.

    .WHY WERE THE NGONI SUCCESSFUL IN DEFEATING / CONQUERING THE PEOPLE OF EAST AFRICA.

    The Ngoni came in big numbers and were strong. On their way they absorbed or fought off the people they encountered, capturing young men for warriors and young women for wives.

     They had good military organization with age-regiments called “impis”. (strong army) The Ngoni had a large, well-trained and disciplined army. They were grouped in age-regiments which were maintained for long periods. The Ngoni did not cultivate but rather lived by plundering from others.

    This enabled them to have a standing army always ready for battle. They had superior weapons such as the short stabbing spear (Assegai) and big cowhide shields, which only left a soldier’s face exposed to the enemy, protected the warriors. Instead of the long-throwing spears which had to be thrown one by one, the Ngoni adopted short-stabbing spears and clubs known as Assegai, copied from Shaka the Zulu.

     On the other hand their enemies used long –throwing spear. They used these for close hand to hand combat, and the warriors could be protected by large cow-hide shields which left only a warrior’s face exposed to the enemy.

    They had superior military tactics such as the cow horn method (semi-circle), which was unfamiliar in E. Africa. They fought in organized age-regiments and could attack their enemies using the cow-horn formation.

    They also chose clear open spaces for fighting and liked attacking their enemies by night. They met small and fragmented societies, which were unable to challenge their military organization. Slave trade had undermined most of the communities of Southern Tanzania.

    The Ngoni were successful due to their determination. They were determined to conquer and obtain places for settlement. This was due to the fact that they were already being chased away from their homeland, and their only alternative was to get determined and fight any people they came across.

    The East African people were caught unaware and therefore did not offer much résistance. The Ngoni were successful because the local people whom they were fighting with were so weak and lived in small groups, which could not resist/challenge the sudden and unexpected Ngoni invasions.

     Disunity among the East African people living in isolated societies, made it easy for the Ngoni to defeat them. The inhabitants were living in isolated societies which made it easy for the Ngoni to defeat them. The Ngoni were fully united under their commanders.

     They were successful because of their unity and solidarity. They mixed freely with the non-Ngoni speaking people. They had strong military leaders e.g. Zwangendaba, Induna and Maputo who were able to unite and command the Ngoni.

     Applied the scorched earth policy hence taking people unaware. They burnt and destroyed crops. They used assimilation policy, i.e. they absorbed the people they defeated. They would force the captured men from other tribes to join them and become Ngoni warriors. They also made themselves fearful to their enemies by wearing the skeletons of their victims."

    Ek dink die les wat 'n mens moet leer is om alles in konteks te lees teen die agtergrond van die heersende praktyke van die dag en nie net vandag se waardestelsel  net so van toepassing te maak op mense wat 3000
    jaar en langer terug geleef het.

    Ons moet ook nie die fout maak en vandag se mense as uiters beskaaf  beskou nie. Daar is vandag mense wat tot uitererste wandade in staat is.

    Jy het seker kennis geneem van die afskuwelike foto van 'n Australiese seuntjie wie se 'vryheidvegter'  pa hom laat poseer het met die verottende kop van ''n onthoofde soldaat.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top