Beide die Bybel (Ou en Nuwe Testament), asook die Koran, verbied nie slawerny nie.
Daar is wel in beide die Ou Testament en Koran riglyne uitgestippel hoe slawe behandel hoort te word, gewoonlik met deernis, tog streng sonder persoonlike regte.
Beide die Ou Testament en die Koran gee die slawemeester outomatiese seksuele regte oor vroulike slawe. Hoerery, sodomie, moord, ens word in beide skrifte heftig met die dood veroordeel, maar geen soortgelyke oordeel rakende die toelaatbaarheid van slawerny nie. Christus het slawerny nie verbied nie, alhoewel hy deernis vir slawe gevoel het. Paulus het ‘n Christenslaaf, Onesimus, wat van sy Christenmeester Filemon weggeloop het, aan hom teruggestuur, met ‘n versoek aan Filemon dat hy sy slaaf voorts beter behandel. Fil.1:10 tot 17.
Die klad op die Christendom is dat Christene vir eeue daarna tot selfs so laat as die agtiende eeu slawe besit het en ook merendeels erg mishandel en selfs gedood het, selfs Christenslawe. Afrikaners het slawe tot in die vroeë agtiende eeu aangehou. Die afskaffing van slawerny deur die Britte in die Kaap was een van die hoofoorsake vir die Groot Trek, alhoewel Afrikaners onderneem het om voorts nie weer slawe aan te hou nie. Piet Retief Manifes par. 2 – 1837.
Godsdiens het slawerny nie veroordeel of afgeskaf nie. Inteendeel godsdiens was ‘n meeloper. Solank die “heilige” skrifte nie verander word nie, bly godsdiens steeds ‘n meeloper. Dit is menslike denke buite die raamwerk van godsdiens en aktiviste soos Wilberforce wat tot die slotsom gekom het dat slawerny onmenslik is en afgeskaf hoort te word.
Die verskil tussen Jode en Christene in teenstelling met Moslems is dat eersgenoemdes ‘n algehele walging in slawerny vandag koester, terwyl Moslems steeds met die probleem onderling wroeg. Dus konsentreer ek hieronder op huidige Moslemsieninge rakende slawerny.
(CNN) -- In a new publication, ISIS justifies its kidnapping of women as sex slaves citing Islamic theology, an interpretation that is rejected by the Muslim world at large as a perversion of Islam.
"One should remember that enslaving the families of the kuffar -- the infidels -- and taking their women as concubines is a firmly established aspect of the Shariah, or Islamic law," the group says in an online magazine published Sunday. http://edition.cnn.com/2014/10/12/world/meast/isis-justification-slavery/index.html
Vir diegene wat meer belangstel, die volgende skakels gee heelwat aanhalings vanuit die Koran waarop ISIS hulle slawerny regverdig.
http://www.answering-islam.org/Silas/slavery.htm asook http://histclo.com/act/work/slave/ast/arab/kor-sla.html
Die volgende skakel weergee wroeginge tussen hedendaagse Moslems onderling wat slawerny nie-Islamities vind en diegene wat slawerny voorstaan. Die teologiese argumente blyk hewig in die guns van die pro-slawerny Moslem geleerdes te wees. http://en.wikipedia.org/wiki/Islamic_views_on_slavery#Slavery_in_the_contemporary_Muslim_world


Kommentaar
Jaco, jy skryf, soos gewoonlik, 'n onderhoudende brief. Jy beweer: “Beide die Ou Testament en die Koran gee die slawemeester outomatiese seksuele regte oor vroulike slawe. Hoerery, sodomie, moord, ens word in beide skrifte heftig met die dood veroordeel, maar geen soortgelyke oordeel rakende die toelaatbaarheid van slawerny nie.” Dit wil vir my voorkom of jy wat die Ou Testament betref, die pap effens dik aanmaak en jy kan gerus bewyse verskaf.
Jy sien slawerny ook as 'n klad op die Christendom maar die meer algemene siening is dat dit juis die invloed van die Christendom is wat hierdie verskriklike gebruik se einde meegebring het – ek dink Wilberforce en sy ondersteuners moet hierby ingereken word.
Sover dit Afrikaners en slawe betref en Retief se manifes is dit 'n feit dat Afrikaners slawe aangehou het (die begrip 'Afrikaner' was toe nog onbekend), maar dit was onder die meer welgestelde burgers, wat in die Kaap of naby die Kaap gebly het en oor die algemeen bekend was vir die goeie behandeling van slawe. Min van die trekkers was voorheen slawe-eienaars, want hulle was uit die grensdistrikte. 'n Insiggewende boek oor die Kaap en slawe is die een van Martiens van Bart, Kaap van slawe – die Britse Slawebedryf van 1652 tot 1910. Die handelaars was meestal Britte en die groot vermeerdering van slawe het eers van1795 af plaasgevind. Onder die slawe was daar ook blankes, spesifiek Iere.Van Bart se boek kan beslis aanbeveel word.
George
Dankie vir jou respons
Dit is onnodig om defensief te wees. Ek het nie Christerne, Jode of selfs Moslems aangeval nie.
In die lig van ISIS se optrede om van "infidels" slawe te maak, en vroueslawe as sex speelgoed te gebruik, het ek gesê dat hulle hulle regverdiging tereg vanuit hulle heilige skrifte bekom het, welke regverdiging ook in die Ou en Nuwe Testament ook gestaaf kan word indien nodig.
In antwoord op jou eerste paragraaf:
Dat Israel vroueslawe as peroonlike seksmaats kan gebruik: Deut. 20:14 en Deut. 21:10-14
Riglyne vir die behandeling van slawe: Exod. 21:1-4,7,8; Deut. 15:12-18; Lev. 19:20-22; Lev. 25:39Lev.25:44-46 en 48-53 om net 'n paar tekste van menige aan te haal wat bewys dat die Jode wel slawe aangehou het, sonder enige vorm van veroordeling van god nie.
Jou tweede paragraaf:
Dit is Christene soos Wilberforce wat slaverny teegestaan het, maar hy het nie sy gesag daarvoor vanuit die Bybel gekry nie, want sodanig gesag is nie daarin te vinde nie; en soos ek hierbo juis gese het: "Dit is menslike denke buite die raamwerk van godsdiens en aktiviste soos Wilberforce (in hierdie geval, toevallig 'n Christen) wat tot die slotsom gekom het dat slawerny onmenslik is en afgeskaf hoort te word".
Jou derde paragraaf:
Eerstens ek weet dat die Kaapse vryburgers nie destyds Afrikaners genoem was nie, Ek spaar myself die moeite om met elke epog ons voorvaders te noem binne die raamwerk soos destyds uitgeken is, en noem hulle maar Afrikaners selfs vanaf 1652. Tweedens ek weet ook dat nie alle Afrikaners slawe kon bekostig nie, maar dit was beslis 'n faktor tot die ontstaan van die Groot Trek. Op 'n stadium was die meerderheid siening onder Afrikaners dat anderskleuriges afstammeling van Gam was, en die vloek van Gam gedra het om bediendes verewig te wees. Daar is steeds onder ons gekkegrens Afrikaners wat steeds hierdie siening huldig. Afrikanersieninge rakende slawe is beslis deur die Engelse beïnvloed, selfs afgedwing, so ons hoef nie daaroor defensief te wees nie.
Jaco, dankie vir jou antwoord. My reaksie was darem nie 'defensief' nie. Ek het nie die behoefte om stellings in die Ou Testament noodwendig te verdedig nie. Ek het al jou teksverwysings gelees en dink dit ondersteun my punt, dat jy effens te kras is op die ou Jode van destyds. Die Jode was in Moses se tyd meer 'liberaal' as wat die Moslems sowat 1 500 jaar later was.
Beste Jaco
Jy bewys maar net weereens dat mense net uit die Bybel aanhaal wat hul pas en dit dan gebruik om hul standpunte te regverdig, soos bv God keur slawerny goed ? Werklik?
In Eksodus 21 vers 16 lees 'n mens:" As een mens 'n ander mens steel,of dit nou is om daardie persoon vir geld te verkoop of hom as slaaf aan te hou,is hy met die dood strafbaar."
God veroordeel dus slawerny en keur dit nie goed nie.Waarom word dit dan toegelaat/ Dit is presies dieselfde geval as met egskeiding. Hier word Jesus gekonfronteer dat Moses geen probleem met egskeiding gehad het nie.
Hierop antwoord Jesus in vers 8: "Ja,dit is waar, maar dit is omdat julle kop en hart so hard soos klip is dat hy julle toegelaat het om te skei.Dit is omdat julle nie na God se voorskrifte wou luister nie. Maar dit was nie van die begin af so nie. Egskeiding is glad nie deel van God se oorspronklike plan nie."
Net so was slawerny nie deel van God se plan nie, want God het vry mense met die vryheid van keuse geskep en nie slawe nie.
Mense maak dus slawe van mense en nie God nie.
FC Boot
Jou teks hierbo het te doen dat Jode nie deur Jode verslaaf mag word nie. Lees dit tesame met Deut.24:7 wat sê "Wanneer dit ontdek word dat iemand sy broer, 'n mede-Israeliet gesteel het en hom as slaaf gemaak het en as slaaf gebruik of verkoop het, moet die dief sterf." anders weerspreek jou god homself en maak jy van hom 'n leuenaar, want in die ander tekse hierbo deur my genoem kom dit uit god se eie mond mbt tot riglyne vir die hantering van slawe asook die toelaatbaarheid dat weersinnig slavinne gedwing kan word as seksmaat. Selfs wanneer die einaar vir sy slavin moeg word, kan hy haar verwerp, dog vryheid gee Deut. 21:14 Dieselfde voorregte is nie die vroulike slavin vergun nie.
Soos Allah vir ISSIS gesê het vanuit die Koran, sê Jehova aan die Israeliete vanuit die Ou Testament mbt hulle vyande: "Die Here jou God sal dit in jou mag oorgee. Dan moet jy al die manlike inwoners daarvan om die lewe bring, maar die vrouens en klein kindertjies, die vee en alles wat in die stad is, alles wat gebuit kan word, moet jy buitmaak sodat jy kan GENIET wat jy by jou vyand buitgemaak het, wat die Here vir jou gegee het. Dit MOET jy doen met al die stede. Deut.20:13-15. Binne die bestek van 'n paar woorde, 'n Goddelik opdrag tot plundery, diefstal, "genocide asook vat van slavinne vir seksuele plesier, presies wat ISIS tans doen.
Christene het tot so onlangs as die 1850's slawe aangehou, 'n skraps 130 jaar gelede. Die oorsaak van die VSA se ergste burgeroorlog waar Christene aan die eenkant teenoor mede Christene geveg het oor die afskaffing van slawerny.
God het dit duidelik goed gesien om moord, afwyking van godsdiens, sodomie, verkragting, ens met die doodstraf te straf, maar 'n algehele stilswye in beide Ou en Nuwe Testament dat slawerny 'n SONDE is, wat ook strafbaar is.
Soos Muhamed die profeet en mondstuk van Allah vir die Moslem is, so ook is Moses en Samuel die profeet en mondstuk vir beide Jood en Christen.
Behalwe vir die toelaatbaarheid om krygsgevangenes as slawe te vat, was volksmoord (genocide) ook ‘n goddelike opdrag. Presies ISIS se optrede vandag, geregverdig vanuit die “heilige skrifte”.
Vervolgens goddelike opdrag:
Deut 2:31-16 Van hulle mans, vrouens en kinders het ons niemand laat vrykom nie
Deut 3:3-7 Van al hierdie sestig stede ... wie se stede, mans, vrouens en kinders uitgewis is
Deut 7:1,2 Jy moet hulle as banoffer aan die Here doodmaak. “Human sacrifice!” vir hulle god.
Deut 7:16 Jy moet almal uitwis en nie een spaar nie.
Deut 13:15.16 Almal moet in die stadsplein, sonder uitsondering doodgemaak word as banoffer aan
die Here, en die stad as aandenking vir hierdie “menslike offerande” aan die Here, moet
verewig in puin lê.
Deut 20:16,17 Jy moet niks laat oorbly nie. Die bevolking moet as menslike offer (banoffer) deur
uitwissing aan die Here geoffer word.
Soortgelyk tekste kry ons in Josia 6:12; Josia 10:14 en 1 Sam 15:2,3. Almal vanuit god se eie mond.
FC Boot
Hoe waar wanneer jy die volgende slagspreuk kwytraak:
"Mense maak dus slawe van mense en nie God nie", gesien dat geen god bestaan nie.
Ek is lief vir die gelykenis van die verlore muntstuk in Mattheus 25:14-30. Dit dui daarop dat die slaaf van die heilige geskrifte is daartoe in staat om homself uit slawerny te bevry deur geloof. Dit bots met ons konsep van moderne slawerny waarby die slaaf slegs eiendom is. Nog 'n teenstelling is die van seks as plesier wat eers met feminisme pos gevat het. Abraham het met Hagab omgang gehad oor Sara se gestorwe vrugbaarheid. Hierdie verskynsel kom gereeld voor, terwyl die verleiding van mans vir geldelike belang (soos met Maria Magdalena) ook meer verskyn as 'n funksionele bordeel. Tye wanneer 'n bordeel te voorskyn kom is tydens oorlog of wanneer daar andersins groot weermagte bedryf word (soos in Rome).
Beste Jaco
Jy sê dat die teks wat ek aangehaal het slegs op Jode van toepassing is? Werklik?
Lees gerus http://www.jewishvirtuallibrary.org/jsource/Judaism/slavery.html.Jewish Concepts: Slavery
Die wette is dus van toepassing op vreemdelinge en hul afstammelinge en nie slegs Jode nie.Dit is die wette wat God aan die verbondsvolk gegee het, nie omdat God slawe van mense maak nie, maar mense wat mense slawe maak.
FC Boot.
Maat. Jy verwys my na buite die Bybel om jou argument mbt die Bybel te staaf. Jou skakel sê vir my die blad bestaan nie. Ek is na ‘n Joodse blad wat oor moderne Jodedom gaan, verwys, met geen melding oor slawerny nie.
Ek het jou met ‘n hele klomp Bybelse tekse hierbo toegedonder, welke tekse jy om gerieflikheidshalwe ignoreer en geen kommentaar oor wil lewer nie, en hamer jy op jou enkele “pet” teks wat jy in die hele konteks van beide Eksodus en Deut buite konteks vertolk. OK met my, maar dan bewys jy net hoe God homself met die ander tekse weerspreek, waar hy opdrag gee, bv slag al die mans en neem die vrouens en kinders vir julself (as slawe), tesame met die vee om te geniet. Deut 20:13-15. En dan is jy kamma verontwaardig deur te sê “Werklik!”
Die Jode het vanaf die verowering van Kanaän ononderbroke tot sowat 150 jaar gelede slawe ingeneem, en selfs met slawe handel gedryf. Jode is eerlik genoeg in hulle eie skrifte om dit te erken.
Swart Slawe:
"Jews also took an active part in the Dutch colonial slave trade; indeed, the bylaws of the Recife and Mauricia congregations (1648) included an imposta (Jewish tax) of five soldos for each Negro slave a Brazilian Jew purchased from the West Indies Company. Slave auctions were postponed if they fell on a Jewish holiday. In Curacao in the seventeenth century, as well as in the British colonies of Barbados and Jamaica in the eighteenth century, Jewish merchants played a major role in the slave trade. In fact, in all the American colonies, whether French (Martinique), British, or Dutch, Jewish merchants frequently dominated”. By Rabbi Marc Lee Raphael
http://rense.com/general69/invo.htm
Wit Europese Slawe:
With the rise of Islam large opportunities were afforded to the Jews to supply Moslem slaves to the Christian world, and Christian slaves to that of Islam; and Ibn Khordadhbeh in the ninth century describes two routes by which Jewish slave-dealers carried such slaves from West to East and from East to West (see Commerce). According to Abraham ibn Ya'?ub, Byzantine Jews regularly purchased Slavs (Slavs = ou term vir Russe en omliggende state) at Prague to be sold as slaves. Louis the Fair granted charters to Jews visiting his kingdom, permitting them to possess and sell slaves, provided the latter had not been baptized; three of these charters are still extant (dws bestaan nog). Agobard claimed that, notwithstanding this provision, the Jews kept Christians as slaves.
http://www.jewishencyclopedia.com/articles/13798-slave-trade
Jy vergeet die Nuwe Testament teks Fil 1:10-17, waar die Christen-Jood, Paulus vir Christen Filimon versoek om die wegloop slaaf, Christen Onesimus te vergewe en terug te neem. Paulus maak geen melding dat slawerny ‘n afgryse by God is nie, inteendeel,by implikasie, erken hy dit as ‘n ingestelde werklikheid. Selfs Jesus het nêrens slawerny veroordeel nie.
FC Boot
God keur slawerny goed deur die volgende te sê:
Lev 25:44-46; Jy mag slawe aankoop, tesame met hulle kinders. Non-Joodse slawe buite en binne Israel
is jou en jou erfgename se besittings lewenslank.
Eks 21: 2-6 Jy mag 'n Jood as slaaf neem, maar na 6 jaar moet jy hom vrylaat. Sy vrou, deur sy meester
aan hom gegee, tesame met sy kinders, word nie vrygelaat nie. Indien hy hulle nie wil los
nie, kan hy vrywillig as slaaf lewenslank aanbly, deur sy oor met 'n slawe-oorbel te laat
deurboor.
Eks 21:7-11 'n Pa mag sy dogter as slaaf verkoop
Eks 21:20-21 Indien 'n man sy slaaf doodslaan, is hy strafbaar, maar indien die slaaf nie onmiddelik dood
is nie, is hy nie strafbaar nie.
IN DIE NUWE TESTAMENT:
Effesiërs 6:5 Slawe, wees julle meesters gehoorsaam, en as jou meester 'n Christen is, werk soveel
harder vir hom.
Die Bybel is vrot van die slawe, 'n aanstelling wat duidelik God se goedkeuring wegdra. In baie gevalle is slawe selfs eunuchs.
Min verskil tussen die Bybel en Islam se Sharia. Inteendeel, Mohammed het sy wetgewing van die Ou Testament verkry. Wat ISIS tans doen, mbt hulle siening oor slawerny kan nie deur beide die Bybel of die Koran gefouteer word nie. Beide die Bybel en die Koran sien wel kans om sodomie met die dood te straf.
Beste Jaco
As jy werklik belang gestel het sou jy die volgende soekmetode gevolg het:
In Google: Tik in: Jewish virtual library.
Wanneer die webblad oopmaak, tik 'slavery' in die soekarea en jy behoort op die betrokke bladsy af te kom.
FC Boot
Pleks om sarkasties te wees, sê waaroor die skakel gaan. Ek kry net 'n google soek area in die betrokke webblad, wat my buite die betrokke webblad herlei.
Tweedens. Jy gee geen teenantwoorde op alles wat ek hierbo vanuit die Bybel aangehaal het mbt God se ongetwyfelde goedkeuring van slawerny nie. Is dit 'n geval van selektiewe godsdiens, maw in die Bybel blind vir wat jou nie aanstaan nie?
Beste Jaco
Probeer die volgende skakel : http://www.jewishvirtuallibrary.org/Judaism/slavery.html.
In Google se voorkeurorde behoort dit die tweede bladsy van bo te wees onder die opskrif
Slavery in Judaism | Jewish Virtual Library
Beste Jaco
Soos die meeste ateïste lees jy die Bybel sonder om die praktyke en geskiedkundige agtergrond waarteen die Bybel geskryf is in ag te neem.
Waarom laat God die dinge toe? Die antwoord sal jy vind in Jesus se woorde wanneer Hy praat oor die egskeiding en sê Mat. 19:8 "Ja,dit is waar," het Jesus geantwoord."Maar dit is omdat julle kop en hart so hard soos klip is dat hy (Moses) toegelaat het dat julle kan skei.Dit is omdat julle nie na God se voorskrifte wou luister nie. Maar dit was nie van die begin af so nie.Egskeiding is glad nie deel van God se oorspronklike plan nie."
'n Mens lees dan ook nie dat God slawe geskep het nie in die skeppingsverhale. Mense maak van mense slawe omdat hul God se gebod oortrree wat Jesus soos volg saamgevat het:
Mat.22.:37 "Weer laat Jesus Hom nie laat vasstrek nie (ook nie deur ateïste nie). "Jy moet die Here jou God liefhê met alles wat jy is en het." Niks in jou lewe mag vir jou so belangrik soos God wees nie.
38Hierdie opdrag staan bo aan die lys.39. Maar die tweede opdrag wat langs die eerste een op die lys staan: "Jy moet ander mense so liefhê asof hulle jy self is." 40.Hierdie twee opdragte vorm die pilare waarop alles rus waarvan ons in die Bybel lees.
Wat is hierdie liefde nou eintlik? Hierdie liefde is opoffering en diens, soos dit verder toegelig word in die gelykenis van die barmhartige Samaritaan.
Wanneer hierdie opdragte deur almal uitgevoer word sal slawerny ook iets van die verlede wees, ook in die huwelik omdat sommige mans hul vrouens as 'n soort slaaf sien wat hul gekoop het en 'barefoot and pregnant' in die kombuis wil sien.
Moenie uit onkunde God se opdragte verkrag nie veral al sê jy dat God nie bestaan nie.
FC Boot
Jy skryf: "Moenie uit onkunde God se opdragte verkrag nie veral al sê jy dat God nie bestaan nie."
Maat. Een ding verseker. Onkunde is een eienskap wat jy my nie mee kan teer nie. Ek het genoegsame bewyse hier op SêNet sonder om myself te herhaal.
God se opdrag is ondubbelsinnig: "Die Here jou God sal dit in jou mag oorgee. Dan moet jy al die manlike inwoners daarvan om die lewe bring, maar die vrouens en klein kindertjies, die vee en alles wat in die stad is, alles wat gebuit kan word, moet jy buitmaak sodat jy kan GENIET wat jy by jou vyand buitgemaak het, wat die Here vir jou gegee het. Dit MOET jy doen met al die stede." Deut.20:13-15
Jy verkrag sy woord, nie ek nie. Selfs soos reeds genoem, selfs die Nuwe Testament beaam slawerny en ek het die nodige aangehaal.
Jou ekstrapulasie mbt slawerny, is suiwer jou eie, en word nêrens in die Bybel ondersteun nie. Ek kan dieselfde ekstrapuleer mbt homoseksualiteit asook enige ander "sonde" om sodanige "sonde" te regverdig. God het dit goed gevind om homosekualiteit ondubbelsinnig te veroordeel, maar 'n groter eeuwel nl slawerny probeer jy wegpraat, sonder bybelse ondersteuning in jou poging.
Jy besit ooglopend twee Bybels. Die gedrukte bybel, asook 'n bybel sonder enige druk, wat die spasie tussen die lyne verteenwoordig waar jy kan invul wat jy wil en bybelse aanspraak daarop probeer maak.
FC Boot
Terloops. Gay Christene gebruik presies jou tipe argument hierbo om Lev en Rom te probeer weerlê of te omseil.
Op 'n punt van orde: die Israeliete is nie die latere Israeli's of die Jode nie. Laasgenoemde is 'n nasie wat werklik bestaan, terwyl die Israeliete van die Bybel 'n mitologiese nasie was. Daar was wel 'n groepie mense wat bekend gestaan het as Israeliete, maar hulle het nie in die woestyn rondgeswerf nie en was nie nomade nie.
Beste Jaco
Jy bly eenvoudig alles wat jou nie pas nie ignoreer, selfs die geskiedkundige en kulturele agtergrond waarteen die verhaal plaasvind.
Die gedeelte wat jy aanhaal gaan onder die opskrif van:
"Bied soms vrede aan maar ander kere nie."
Dit was die praktyk van die dag - hoe barbaars dit ook al was. Dieselfde praktyk maar om ander redes word vandag ook deur Isis gebruik maar om mense van godsdienstige oortuigings te verander.
Dus in kort as stede 'n hindernis vorm in Israel se tog na die beloofde land en nie die vredesaanbod wou aanvaar nie maar eerder oorlog maak het dit tot totale uitwissing gelei. Israel was dus in 'n staat van oorlog en sy vyande het gesweer dat Israel vernietig sal word.
Toe Amerika sy eerste atoombom laat val op Hiroshima het dit alles sonder aansien van persoon vernietig. Dit is wat in oorlogsvoering gebeur.
Hier is die inleiding van die Hamas Charter: http://www.thejerusalemfund.org/www.thejerusalemfund.org/carryover/documents/charter.html?chocaid=397
Moenie nonsens praat nie en wegkruip agter foutiewe afleidings nie. Al die dinge gebeur omdat mense die gebooie van God soos reeds herhaalde male uitgeliggeïgnoreer het en nie omdat God dit ingestel het nie.
Onthou dieselfde lot het Israel te beurt geval toe hul agter aan gode aangeloop het en in ballingskap weggevoer is. Ek lees nêrens dat God daar 'n opdrag gegee het.
Weereens fouteer jy met jou afleidings omtrent slawerny en jy het seker nog nie die webblad geleeswaarna ek verwys het anders so jy nie sulke gevolgtrekkings gemaak het nie.
Angus
Dankie vir jou respons.
Ek het in 'n vorige brief geskryf oor die Habiru (Hebreeus) wat selfs voor Abraham se tyd bekend is, en wat in kleitablette opgeskryf gevind is. Uitwerpsels en nomade van Mesopotamië en selfs in die land Kanaän te vinde.
Ek wil eerder 'n oop gemoed huldig mbt tot argeologie, aangesien dit nie 'n geslote onderwerp is nie. Die mitologie soos die see wat geskei word, die manna uit die lug, Moses se hemelvaart, ens. is ooglopend "far fetched". Die geskiedkundige sy daarvan wat in die Bybel opgestel is, sal ek nie sumier afskiet nie. Selfs op kleitablette vind ons die "goddelike" ingeweef met wat werklik geskiedkundig van aard is. Die feit dat argeologie tot datum nie enige ondersteunende bewyse gelewer het nie, is nie bewys dat sodanige gebeure nie plaasgevind het nie.
Daar moet onthou word dat kleitablette in Mesopotamië vir rekorddoeleindes algemeen was, terwyl in Egipte, was papirus algemeen vir dieselfde doel. Monumente in teenstelling was op klip in beide Egipte, asook in Mesopotamië. Kleitablette het behoue gebly, terwyl papirus, meerendeels na gelang van tyd, bedorwe en vernietig geword het.
Ten tye van die uittog, was papirus redelik algemeen in Egipte. Daar moet ook onthou word dat die Egiptenare geneig was om onpopulêre gebeurtenisse in hulle geskiedenis, doelbewus, veral op monumente, uit te wis (deface) of selfs glad nie daarna te verwys nie.
Vorige ontkennings:
Die gebeure in die (Griekse) Illiad van Homer was as fiksie afgeskryf, en die stad Troy se bestaan heeltemal ontken. Troy is uiteindelik geïdentifiseer, en wat daar gevind was het dit dat baie van die gebeure in Illiad skielik sin gemaak het as werklikheid.
Babilon was op 'n stadium as fiksie afgeskryf, totdat die stad gevind was.
Bewyse vir die bestaan van Israel:
Die "Mernatha Steel" 1230vC maak melding van Israeliete.
Die "ShIshak Relief" 925vC maak melding van Egipte se oorwinning oor koning Rehabeam
Die 'Moabiet Steen" 850vC noem die oorwinnings van kongings Omri en Agab oor die Moabiete
Die "Obelisk van Shalmanezer" noem waar Assirie Jehu, seun van Omri verslaan het.
Die "Tel Dan" 843vC is in 1994 gevind. Daarop verklaar koning Hazazel "I killed Jehoram son of Ahab king of Israel and I killed Ahaziahu son of Jehoram king OF THE HOUSE OF DAVID." Die konings wat verslaan was was afstammelinge van koning Dawid. Die tot onlangse vorigie debat dat koning Dawid fiksie was, is nou onteenseglik bewys.
Bogenoemde bewyse kan afsonderlik op die internet opgesoek word
Dus weereens. Ek sal nie suimier die geskiedkundige gebeure in die Bybel afskied, weens HUIDIGE gebrek aan argeologies ondersteuning nie.
FC Boot
Soos ek by herhaling gesê het., jy kwoteer omtrent alles onder die son om die onderwerp te probeer omseil, behalwe vanuit die Bybel self. Aangesien jy hierbo wil voorgee dat god teen slawerny is met al jou "anecdotes" hierbo om jou saak te staaf, kwoteer eerder direk vanuit die Bybel, vanuit jou god se eie mond, waar hy UITDRUKLIK sy weersin daarin uitspreek, asook die toepaslike straftoediening daarvoor.
Hy is "after all" nie skaam om ander "sondes" met die wreedste doodstraf (steniging) te veroordeel nie. Wat is erger? Slawerny, of twee mans wat seks met mekaar het, en niemand anders in die proses seermaak nie, wat die oordeel van steniging van hom verdien, terwyl jou god nie eers die geringste oordeel oor slawerny vel nie, nie eers die geringste weersin in die Bybel daarin te bespeur nie, in beide die Ou en Nuwe Testament.
Inteendeel, sy medepligtigheid aan slawer, waar hy opdrag gee dat mans gedood moet word en vrouens en kinders as slawe geneem word, hoort hy gestenig te word, en ek sal die eerste klip wil gooi.