Miere val op hulle voete!

  • 6

Partykeer is my hond se kosbak vol miere. Dan tel ek dit op en terwyl ek regop staan, keer ek hom onderstebo en klap met my hand teen die kant. Die miere val dan maklik af, maar wat my verbaas is dat hulle op hulle pote land en dadelik begin rondskarrel!

Ek verstaan dit nie, vir mý lyk dit strydig met die natuurwette. Hulle moet mos op hulle koppe land, dan nie!?

Miskien kan Jan Rap vir ons wiskundig beduie hoe dit werk. Hy moet dit net nie te moeilik maak nie, want gewoonlik verstaan ek nie kop of stert van sy formules en berekeninge nie. Of Panda kan dalk verduidelik hoe die planete se bewegings en magnetiese kragte dit bewerkstellig. Kobus sal dan seker wil bewys almal is verkeerd, dis eintlik 'n godsdienstige kwessie wat uit die Bybel opgeklaar kan word.

Maar in alle erns, dit verstom my, ek verstaan dit nie.

Groete

Varkspek

NS: Voor ek vergeet, dit is van die heel klein donkerbruin miertjies.

  • 6

Kommentaar

  • Hello Varkspek, 

     
    Ek weet werklik nie hoekom jy nog vra nie? 
     
    Veral aangesien die antwoord so voor die hand liggend is. 
     
    Dit het te doen met die feit dat die feit dat miere, alhoewel 'donkerbruin' is egter spierwit van binne, en daarom eintlik, wit, en meer tot die punt Afrikaanse boere miere en kon hulle wetgewing instel, apartheid, wat hulle apart laat funksioneer van enige van die natuurwette en met hierdie wetgewing slaag hulle dan om klokslag op hulle voete te land. 
     
    Sonder die wetgewing wat die hierdie boere miere beskerm teen die werklikheid en die onverbiddelike natuurwette, so die miere hulle ook ter pletter geval het. 
     
    Die miere net soos Afrikaners blameer die Engelse miere wat hulle genoodsaak het om hierdie wetgewing oor te neem vanaf die tydperk toe dit bekend gestaan het as 'segregasie vanaf gewone natuur wette'. Maar die res van die skepping is nou in opstand en sal hierdie beskerming nie meer lank staan en is die VN tesame met die VSA en VK besig om sanksies vir die afskaffing hiervan te bewerk. 
     
    (so gee tyd, jou miere sal hulle nog ter pletter val). 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
    Ns
     
    Hierdie is net soos die Goldman Verslag en moet klaarblyklik met 'n knippie sout geneem word. Alhoewel die vraag heel amusant was en nuuskierigheid is mos nie 'n slegte ding nie. 
     
     
    Q: Why don't ants die when falling from a high distance?
     
    How do ants fall vast distances and survive? 
     
    Easy. 
     
    Two factors save them:- 
     
    They have so little mass relative to their air resistance that they fall slowly and, therefore, have little energy to dissipate when they hit.- Their bodies are tiny deformable tanks, well designed to absorb blows.Falling slowly Ants, like all objects falling through the atmosphere, have a terminal velocity that depends on their shape, size, and mass. An ant picks up speed as she falls through the air. The air, in turn, resists her movement with a force proportional to the square of her speed. Eventually she reaches a speed at which the upward drag forces exactly balance her downward weight and she stops accelerating. That speed is her terminal velocity.The terminal velocity of a small to medium ant is about 4 mph (6.4 km/hour), according to the physics department of the University of Illinois. An ant would fall faster, given a ball-like shape, but the ant's no dummy. She thrusts her legs out, presenting more surface to the air, to fall slower, like a flat sheet of paper instead of a balled-up sheet. Indeed, a man has a terminal velocity of about 125 mph (200 km/hour) with arms and legs fully extended to catch the wind like a parachute and about 200 mph (320 km/hour) when curled into a ball. An ant slows similarly.But, it isn't falling that hurts, it's the sudden stop. 
     
    Hitting ground, however, reaps the big benefits of falling slowly. When the ant hits, she must dissipate her falling (kinetic) energy in order to halt. That kinetic energy depends on the square of the velocity — not just velocity. So she must dissipate much less energy on impact, than say a man falling at a higher velocity. An ant goes 4 mph when she hits --- about 1/30th times slower than a falling man on impact. She absorbs only 1/26,000,000th (1/26 millionth) times the energy of the man (assuming an ant weighs 1/10th of an ounce (0.3 g) and a man 180 pounds (82 kg)). No wonder the man probably dies and the ant walks away, unhurt.
  • Hallo Varkspek, groot dinge het al gebeur nadat mense hulle met klein beuselagtighede besig gehou het (by wyse van hoë uitsondering!).

    Jy het my aan my kinderdae laat terugdink. Daar was van my maats wat probeer bewys het dat 'n kat altyd op sy voete afkom, maak nie saak wat gebeur het. 'n Mak kat (LW) word gevat, aan sy voete vasgehou, horisontaal, 'n entjie bo die grond gehou en gespin (dis nou die spin soos van 'n tol) en hy land altyd op sy voete, maak nie saak hoe hard jy probeer om dit te verhoed nie.

    Wouter bewys vir ons waarom hy so graag spoeg en plak. Die internet lewer groter wysheid op as waartoe hy in staat is. Twee keer verwys hy ook na "ter pletter val" - dis "te pletter val". Sy poging om vir ons met miere te bewys dat dat daar dom wittes is het nie geslaag nie. Ons weet nou daar is dom Libbies! Wouter, moet jou nou nie ontstel nie! Ek het waardering vir die meeste van jou bydraes. Groetnis aan julle albei. George

  • Wouter,

    As Engelse mier kan jy dan natuurlik ook stadig val, want julle trek ook mos voordeel uit die wette. En baie van julle het vir die miere se Nasionale Party gestem - gaan maar die ontledings na van die 1970's en 80's.

    Buitendien, jou kop is mos leeg en jou maag en derms vol gas, wat alles bydra dat jy stadig val.

    Groete,

    Varkspek

  • Hello George, 

     
    Hoekom my so karnuffel?
     
    Dit behoort duidelik te wees met my inleidende deel van my kommentaar dat my tong stewig in my kies was en geen kwade gevoel openbaar het nie, die spanning moes darem gebreek word na my lopie hier as die 'resident' 'boerehater' en 'Anti-Afrikaner'. Maar sien ek my poging het te pletter geval. Baie dankie vir die korreksie.....
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello Varkspek, 

     
    Natuurlik is dit so en is dit 'n eienskap van die mensdom in die algemeen, pluk die vrugte sonder dat jy die skuld daarvoor hoef te dra, alhoewel hierdie mier te jonk was om in die 1970's te kon stem en te min belang gestel het in die 90's om te stem, maar sal daarom defnitief in 2014 stem vir die swart miere, wat bevryding vir die bruin miere gebring het en wetgewing ingestel het wat alle miere nou toelaat om op hulle voete te land.
     
    Die natuurwette, einde ten laaste is demokraties.  
     
    Hoe kan dit dan anders wees? 
     
    My geheim is uit en sien jy my duidelik, a 'empty head'  & full of 'gas' & hot air....... 
     
    Let me tell you, being so, is not a gas.... (al laat die warm lug my op my voete land). 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
     
  • Cornelius Henn

    Wouter Ferns, dis jammer jy beledig miere so (lees gerus weer die siel van die mier om te vertsaan hoe produktief hulle is voor jy hulle hoegenaamd met jou helde in jou demokrasie vergelyk) ... nietemin, jou swartmiere is deur die Ingelse (rooi) miere mak gemaak vir hul rooimiernes ... ja, jy is duidelik te onkundig om eens te weet jy stem steeds vir die Britte ... maar, dis okei - die swartmiere is darem besig om die rooimiere se bene hier en daar af te knyp http://ucce.ucdavis.edu/files/repository/calag/img6204p178.jpg ... ek respekteer egter jou stem vir die swartmiere, veel meer, as die nog dommer witmiere wat vir die (DA) rooimiere stem ... Wouter Ferns, jy moet egter nog BAIE leer (soos om die waarheid te kan praat) midde al jou gebreinspoelde napratery ... met apologie aan die siel van die mier - Cornelius Henn

     

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top