Menslike bewegings, veral oues, wat nog "praat"

  • 0

alles gebeur onder die kombers
appelkoosmaan pluk
appeltjie met jou te skil
arm lig en hand oop- en ophou
asem inhou
bakhand staan
bakstaan
been-afraak
bibber van die koue
bitter brood eet
bitter pil sluk
blikbord draai
boeke vat
Bok-bok
Bok-bok staan styf
bokerf trek
Buiging (sarkasties)
buiging met 'n sierlike handswaai maak
die lamp onder die maatemmer wegsteek
dit gaan broekskeur
droë bek
droogmaak
duim en middelvingerpunte bymekaar en wysvinger gestrek - tops, briljant
ek haal my hoed vir hom af
flou word
geelbaadjie aantrek
gekromde hand op oor
Ghoen (plat klip wat wip) gooi of met vingers ghoen albaster na die in kring skiet
ginnegaap
grou/grawe
haal die balk uit jou eie oog
hand in oorwinning bo rondbeweeg of swaai
hande in die lug gooi
hare kloof
hase opjaag
hasepad kies
hensop
hoogspring
hop-skotch
iemand aan keel gryp
iemand druk of groetend omhels
iemand gryp om hom vas te druk of neer te gooi
iemand hard en joviaal op bo-rug of skouers klop
iemand klap
iemand met geheime of groepsteken (Tuks, Broederbond, Vrymesselaars) groet
iemand moedeloos op stoel neersak
iemand pootjie
iemand se hare of hande of arm of rug streel
iemand se vraatjies "bespreek"
iemand te slaan
iemand woordeloos uit simpatie of blydskap druk/drukkie gee
iets in die mou voer
iets met vinger uitwys
in die verte tuur met hand oor wenkbroue tussen duim en wysvinger
indruk in tou
jive

iemand op skouers klop
jou broek vir ander uittrek
jou buiging op LitNet maak
jou kouse optrek
jukskei gooi
kapsie maak
kennetjie
kettie skiet
klou
knuppel in hoenderhok gooi
koeitjies en kalwers maak deur met plat klip op water te gooi
kopskud
kopskuif (figuurlik)
laaste snik/snak
lakens uit te deel
lyftaal aggressief instel
met die maat wat jy meet ...
met duim of wysvinger neus toedruk
met hand oor hare vryf
met jan tuisbly se karretjie gaan.
met jou eie kalwers ploeg
met kluitjie in die riet stuur
met vinger in maag druk (President Kruger vir Milner-boers toe president Steyn Milner aan vergadering voorstel)
mond tuit of dikmaak
moord en doodslag
muisneste hê
naelloop en laaste uitreik
net 'n nat kolletjie laat oorbly
neus optrek
nie werd om sy skoenrieme vas of los te maak nie
nuwe sportgebare soos op mekaar spring of gaan lê of plathandjies (en sprongetjie) geluk wens
oë laat rek
oë op skrefie trek
oop hand lig (waarsku of stop)
op iemand afstap
op 'n dwaalspoor plaas
op raketgreep blaas (bygeloof)
op sy baadjie gee
ore toedruk
padwoede en aanrandings
pastoriespeletjies soos Adam en Eva
pennie na kerktoring gooi
plathandjies na drie of doel, ens liggies klap
rondomtalie
rooi hakskene kry
rug op iemand draai
sakdoek agter een in kring laat val en elimineer
skouers ophaal
slimstories verkoop
so sal ons uitpasser (stefan bouwer)
soentjies oor oop hand vir ondersteuners of bewonderaars blaas
soos 'n tandetrekker lieg
sportbewegings soos bal in rugby lyflik aangee
sterre gaan tel
stip aankyk
suur druiwe (eet)
suutjies-poep
sweet laat klap
swenk
swets
swoeg
sy broek bewe
tackle
te dans, wals, en dan ander bewegings
te groot vir skoene raak
tol/top gooi en met vingers in hand optel
touspring
twee vuiste lig
uit pad stamp
val
vee eers voor jou eie deur
verspring
vinger wys (PW)
vir iemand middelvinger wys of duim gooi duim na onder
voor-en middelvinger V vir victory/oorwinning
vuis teen voorkop druk (antwoord wil nie uit)
vuis voor mond (oppas)
waai (groet)
wals- of dansbeweging maak
wegkruipertjie
wenkbrou lig
wink (roep)
wolhaarstories vertel
wyn proefessor (huisgenotjie)
wysvinger na bo wys
wysvinger voor mond

Vul aan asb.

Humphries du Randt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top