Maar Ene

  • 4

So baie kom na Afrika, om 'n nuwe lewe te vind, om hulself te vind, om geld te maak, om te ontsnap ...

Donker Afrika, altyd uit nuuts uit Afrika, Afrika van legendes en geheime ...

Afrika is inderdaad uniek in die wêreld, die Tuiste van die Mens, vanwaar ons die res van die wêreld vanuit kon koloniseer, nie altyd met sukses nie, maar nogtans, Afrika is die Moeder van die Mens.

Dit is dus die Spirituele Tuiste van die ganse Mensdom.

Moeder Afrika ... en tog, vir ons wat hier gebore was, en wat gewoond geword het aan haar majestie, vir ons is sy soms gewoon, maar vir die wêreld-wyd-verspreide massas is sy altoos uniek, sonderlings, spesiaal ... baie ...

Hulle kom hiernatoe om antwoorde te vind, en om te leer, maar die antwoorde wat jy vind hang alles af van jouself!

Is jy die nuwe Stanley of Livingstone?

Of opsoek na edelstene en skatte?

Wil jy die polsende hart van die Moeder kom vind?

 Of kom soek jy vryheid van die massas en van verdrukking wat hoogty vier wêreldwyd?

Wat wil jy kom vind hier waar die mense oop en vriendelik is, verwelkomend?

Dit hang alles slegs van jouself af.

In Afrika is alles moontlik, niks is onmoontlik nie.

Wat jy soek sal jy vind.

Wat jy gee sal jy in oormaat teruggegee word.

Wanneer jy hier aanland, is jy op pad na 'n verre wildernis toe, of net nog 'n speek in die wiele van industriële ontwikkeling?

Dis die prag van Afrika, maak jou keuse en begin dan werk om dit waar te laat word, want jy KAN!!!

Francois Williams

  • 4

Kommentaar

  • Ek wil glo dat jy dit self geskryf het en nie geknip en plak het nie. Baie dankie vir die goeie bydrae. Doe so voort ou vetseun. Jy kan mos. 

  • francois williams

    Ditsem Corneelsie, ek het nog altoos geseg die beste maniere om geld t e maak is om  of dwelms te verkoop, of seks en natuurlik die heel beste is om plekkies in die hemel te verkoop...hou hierdie spasie dop, ek gaan nog my eige kaartjies verkoop direk jimmel toe..dis jou beste biz...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top