Louis Crompton se oevre, " Homosexuality and Civilization", is ‘n goudmyn vir sielkundiges, historici, en sosioloë, geïnteresseerd, en betrokke by hierdie sigbare onderwerp vandag in die Westerse wêreld. Die geskiedenis hiervan behoort veral vir die denkende Afrikaner te interesseer weens sy Calvinistiese tradisie. Die volgende het juis plaasgevind in Calvinistiese Holland.
Die volgende sitate illustreer die onderwerp onder bespreking:
In the eighteenth century the Dutch Republic challenged England´s proud boast that it was the freest country in Europe. Despite clerical opposition, Spinoza published biblical studies challenging the very bases of Christianity, and many of the most radical authors of the Enlightenment found publishers in The Hague or Amsterdam. Superstition too seemed to have abated: the last burning for witchcraft had taken place in 1595; such trials did not end in England until 1712 and in France until 1718. Given this record of toleration, it is an irony of history that the most deadly persecution of homosexuals known to us before Hitler took place in the Netherlands in the eighteenth century.
The persecution of 1730 provoked a reign of terror that lasted in the Netherlands for more than a year. The spectacle of men hanged, burned, and drowned in city after city spread fear far and wide. The anxiety of apprehension, the strain of standing trial, the agony of torture, the pangs of death on the scaffold or in the dungeons of prisons where men sentenced to the stake were first strangled, the indignity of seeing friends´ bodies treated as refuse to be burned or thrown into the sea; all these were part of a repulsive national ordeal. Nowhere, however, were the horrors of the panic so potently realized as in the small village of Faan, in the northeastern province of Groningen.
Hierdie vervolging van homoseksuele in Holland het plaasgevind, en ‘n hoogtepunt bereik, teen ‘n agtergrond van ekonomiese ondergang na die vorige luisterryke periode, vandag bekend as Holland se "Goue Eeu". Die teoloë van daardie tyd het gereken dat die ongekende welvaart wat die land ervaar het het ook gelei tot die sonde van sodomie, en dit was die rede vir die land se ekonomiese ondergang. Homoseksuele is uitgekryt as "sataniese vuilgoed", en sodomie beskou as ‘n Roomse sameswering om ‘n einde te bring aan die Reformasie in Nederland. Die tekste van die Ou Testament, nl dié van Levitikus, was gebruik as basisteks vir wette om straf mee uit te deel (die doodstraf deur verbranding).
Soos in die geval van Venesië in the vyftiende-eeu was Nederland ook ‘n suksesvolle kommersiële "empire" wat ‘n skielike katastrofe gevrees het op die skaal van Noag se vloed. Hierdie mite was die basis vir hierdie diepliggende vrees en paranoia.
The gevolg van hierdie ongehoorde brutaliteit het opslae veroorsaak in die internasionale pers:
News of executions on this scale made an international sensation. French, English, Irish, German, and even colonial American newspapers were full of the scandal and reported the arrival of fleeing refugees. The English press, hardly favorable to sodomites, nevertheless accused Dutch tribunals of procedures that might jeopardize the innocent. The states of Holland sent formal protests asking the English government to suppress the newspapers, but the charge that stung most sharply - that Dutch courts imitated the Inquisition in their use of torture - could hardly be denied, since this was routine in sodomy cases.
Hierdie gee vir ons ‘n smakie hoe ons Cavinistiese broers in Holland met homoseksuele in die verlede gewerk het. Danksy die groot filosofiese strominge van Frankryk (Voltaire en Diderot), Skotland, Engeland, Duitsland en Frankryk, bekend as die "Eeu van Verligting en Rede" , het die Europese wetgewers geleidelik die onsinnigheid begin begryp om straf uit te meet volgens Bybeltekste, en die Code Napoleon het die doodstraf vir homoseksualiteit die finale nekslag gegee.
Pieter Redelinghuys


Kommentaar
My bydrae tot spoeg en plak.
Jaco Fourie
As of 1730, the Dutch Republic had just experienced an epizootic disease in its cattle population, while its dikes were threatened by shipworm. Several disasters had hit the country: the flooding of Stavoren in 1657, the collapse of the Dom Church's spire in 1674 and the earthquake of 1692 were all ascribed to divine wrath.[1] These circumstances had readied the minds of the Dutch for moral panics, and the homosexual part of the population became their scapegoat.[citation needed]
The ruins of the Dom Church's nave had for years been a meeting place for homosexuals when in April 1730,[2] the city authorities started an investigation at the request of the Dom's sacristan, Josua Wils.[4] A number of men, including a Zacharias Wilsma,[1] were arrested and interrogated. Their confessions indicated the presence of networks and meeting places of homosexuals elsewhere in the Republic. In July of the same year, Holland followed suit[2] and a nation-wide wave of prosecutions ensued; several men in high positions were suspected, but fled before they could be arrested. In Utrecht, some forty men were tried,[3] of whom 18 were convicted and strangled. Other punishments included hanging and drowning in a barrel of water. The convicts' remains were either burnt, cast into the sea or buried under the gallows.[2] Of the trials outside of Utrecht, those in the village of Zuidhorn acquired particular infamy.
Hello Pieter,
Beste Jaco,
Yahweh het blykbaar heeltemal beserk geraak met die vernietiging van die Dom Kerk se toorn ('n smakie van die "toorn van die Here") en andere katastrofes wat plaasgevind het in Nederland in die 18-de eeu. Nou wonder ek wat op aarde the arme mense van die Philippyne aangevang het om "die toorn van die Here" te verdien, en watter slagoffers hulle moet maak om te vergeld vir die skokkende verwoesting wat n tifoon meegebring het. Honderdeduisende mans, vrouens en kinders het hulle klein pandokkies verloor, en is dood in die proses.
Aan die ander kant, Yahweh voel seker in sy noppies met die huidige Nederland, en veral met die Amsterdam van vandag, sedert dit die "gay" hoofstad van Europa geword het.
De wegen des Heere zijn heel mysterieus.
Terloops, daar bestaan 'n gereëlde skywer op SêNet wat 'n klompie jare gelede skoon verheugd was oor die aarbewing op Haiti wat duisende mense se lewens geëis het, en die rede wat hy aangevoer het was dat hulle Roomse Katolieke was wat alleen hulle gatte blinkgeskuur het op die kerkbanke. Hierdie skrywer was ook geweldig ingenome oor jong mense wat doodgeskied is in 'n Tel Aviv gayklub so 5 jaar gelede. In beide gevalle was hierdie strafuitmeting in akkoord met sy Ou Testamentgod en verdienbaar.
Kan jy ooit vir 'n oomblik indink aan die tipe barbaarse gemeenskap mens sal moet verduur as persone van hierdie instelling ooit posisies van mag sal beklee.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Beste Wouter,
Dankie vir die terugvoer. Die EU kan hom nou gerus gereed maak vir 'n stortvloed van asielsoekers uit Afrika wat oornag gaan "gay" word om voordeel te trek uit die vrygewige Europese sosiale voorsienigheid.
Die anti-sodomiewette in Afrika is 'n oorblyfsel, en geskenk, van die Britse Imperiale Administrasie wat behep was om die Westerse beskawing, en die Christendom, uit die loop van 'n kanon, aan minderwaardige rasse en skepsels te bring. Trouens, ek vermoed dat die anti-sodomiewette juis bedoel was om die Britse koloniale amptenare af te skrik van daardie mooi bruin eksotiese liggame, van Egipte, Indië, Malesië en Hong Kong.
Ha!Ha!Ha!
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Hello Pieter,
Beste Wouter,
Dankie vir jou mooi storie. Geen wonder die Hollanders van ouds het Indonesië as 'n paradys op aarde beskou en hulle bereid sou wees om hulle oumas te verkoop om daar uit te kom.
Groete,
Pieter Redelinghuys
Hello Pieter,
Beste Wouter,
My raad is as volg: Stap na die Ambassade van Indonesië in Pretoria en doen navraag oor jou vriend. As mens eens vir die Buitelandse Diens gewerk het moet hulle tog rekord hou van vorige werknemers. So het ek 'n persoon opgespoor waarmee ek kontak verloor het deur na die Britse Ambassade te gaan, en navraag gedoen. As jou poging niks oplewer nie, het jy altans probeer.
So vêr my kennis strek het die meegang van Suharto geen probleme opgelewer nie. Hy was regtig 'n bastard en gedurende sy tyd het omtrent 1 miljoen Indonesiërs hulle lewens verloor. Dit was 'n vreeslike tyd gedurende die 70-jare. Die CIA het 'n groot "finger in the pie" gehad, en Suharto gesteun met wapens van die VSA.
Sukarno wou aanvanklik die oliebronne in Indonesië nasionaliseer. Die VSA het omtrent 90% van alle produksie beheer en die volk het niks van daardie inkomste geniet nie. Dus was hy 'n groot doring in die vlees van die VSA wat hom as 'n kommunis gebrandmerk het. Hulle het gesorg dat hy vermoor word en hulle "puppet" Suharto het president geword. Die gevolg was 'n bloedbad. Die weermag het van dorp tot dorp gegaan en onskuldige mans, vrouens en kinders vermoor.
As jy ooit die geleentheid kry moet jy die eiland van Bali besoek. Dit is blykbaar hemel op aarde. Dalk kan jou vriend jou soontoe neem wanneer jy hom opgespoor het.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Hello Pieter,