Lesotho – Vry van Afrikaner-onderdrukking

  • 2

Ek kon nie verlof oor die jaar-einde bekom nie, dus het ek en  vyf  Vrystaatse landbouboere, vriende van my, ons “hut”  in die Malutiberge van Lesotho gaan besoek waar ons  ‘n heel plesierige en uitbundige  tyd saam  deurgebring het.

Die Vrystaat vanaf Vanderbijlpark tot in Lesotho, was die ene lowergroen gewas op die ander.  Mielies, sonneblomme, patats, ens.  Hier en daar het jy massiewe milj-Rand stropers verbygery, op pad waarheen? Hier en daar ‘n trekker in die lande besig om te ploeg.   Beeste en ander vleisprodukte  was gesond, vet en pragtig. Behalwe vir die dorpe was die mensdom  skaars te sien.  Hier en daar ‘n plaashuis. Hier en daar netjiese werkershuisies saam op ‘n kol.  Wat ooglopend was, was hoe die landerye maksimaal beplan en benut word. Plaas-en-werkershuisies op klip of nuttelose grond gebou om sodoende die vrugbare grond maksimaal te kan benut.

Gekom by Ficksburg, oor die Caledonrivier  tot in Lesotho.  Onmiddellik ‘n ander wêreld.  ‘n Wêreld wat kan spog die het nooit Afrikaner-onderdrukking ondervind  vanaf  Moshesh se dae tot nou toe nie.  ‘n Vrye land. Die inwoners vry lank voordat swartes in SA vryheid bekom het.  ‘n Land wat kan spog dat  geleenthede nooit deur die Afrikaner van hom ontneem  was  nie.  ‘n Land waar sy burgers nie  hulself as “vorige verontregtes” kan beskryf  nie.  Terselfdertyd kan hulle ook spog hulle is een van die armste lande onder die son.  80% kos wat verorber word, moet ingevoer word.

Vanaf die 900000 moontlike werkers, is 40% onder die broodlyn-inkomste.   Omtrent 200000, merendeels mans,  werk in SA hoofsaaklik op die myne.  80% van die inwonende  bevolking leef op hand tot mond bestaansboerdery (subsistence farming).   Die hoof werkgewers van die oorblywende bevolking is die staat en die kleremaakindustrie.

Hoof inkomstes vir die land sluit in diamantontginning, die verkoop van water en elektrisiteit aan SA, die inkomstes van Lesotho-werkers in SA; die voordele afkomstig van die Suidelik Afrikaanse doeaneunie (44% van inkomste), uitvoere van klerasie, toerisme, en dit is omtrent al.

Die eerste minister verdien by die R400000/jr, kan belastingvrye lenings maak tot R650000; plus ‘n R6000 belastingvrye maandelikse uitgawe toelaag; ‘n 5-dag betaalde vakansie enige plek ter wêreld.  Ander hooggeplaastes in die regering verdien nie veel minder nie.  Wat die koning verdien, word nie uitgespel nie.  Die laagste besoldigde fabriekwerker verdien  R800/maand.  http://www.topix.com/forum/world/lesotho/TEPLI1DNTTN4T8EN2

Maar wat sien die toeris sodra hy binne Lesotho is.  Die vyftig km breë strook met die Caledonrivier, die beste landbougedeelte, die ene hut op die ander met ‘n paar skapies, maer beeste, en bleek gewasse.  Die mensdom wemel net waar jy kyk. Die hooglande die ene steil berge met skaars bevolking.  Bome is omtrent nêrens te siene nie.

Die hele land behoort aan die koning.  Deur middel van opperhoofdes word die landbou  en die inkomstes daarop gereguleer.  Privaat eienaarskap op die platteland is ongehoord.  In en om  Maseru sedert 2010 is erwe aan bestaande inwoners toegestaan, kamtig ‘n landbourevolusie. Dit is die tipe bestel, sonder koning, wat Malema en van die vakunies in SA op ons wil afdwing.  Dit is die tipe bestel wat in die tradisionele landbou gedeeltes van ons land ook tans bestaan, wat die opperhoofdes ongekende magte oor sy inwoners toelaat.

Oor die dekades heen het die Britte, die Amerikaners, die Europese, die Asiate almal hulle bydraes, finansieel en kundig aan die Lesotho volk gratis gegee.  Het dit hulle gehelp? ‘n Besliste NEE.

Die berge kan dig in boomplantasies omskep word.  Die damme in visserye.  Die plaaslike volk landbou-unies vorm vir elke soort boerdery om gemeenskaplik kapitaal implemente te kan deel en te beplan vir die optimale benutting van landboustowwe asook bemarking.

Soos die Vrystaat, kan Lesotho soortgelyk omskep word  indien die wil en samewerking daartoe is. Van ‘n invoerder van kos, tot ‘n uitvoerder daarvan.
'n Afrika Switzerland!

Jaco Fourie

  • 2

Kommentaar

  • Insiggewende knip en plak bydrae. Jaco alles is in Afrika moontlik. Ek het al bietjie in Afrika gereis. In elke land waar ek was het ek dieselfde tendens en houding ervaar. Die wêreld skuld Afrika en sy bewoners. Skuld hom vir kolonialisme, onderdrukking verkragting vergryping en wie weet alles. Wat my die meeste verbaas is dat oral waar daar omheinings op plase is, goed bewerkte lande te siene is en geordende landboupraktyke toegepas word, boer daar 'n blanke.

    Daar is nie oorbeweiding of gronderosie te sien nie. Dit is lande wat veertig tot vyftig jaar gelede van kolonialisme bevry is. Ek vra dan wat is die probleem en ek beantwoord sommer self my eie vraag. Ek sal my weerhou om nie agv politieke korrektheid my persoonlike mening uit te spreek nie. Ek wil nie die politiek korrekte polisie op my laat spring en verguis nie. Wil hulle nie daardie lekkerte gee nie.

    Die kanale in Frankryk is eeue gelede gebou. Wat en waar kan Afrika met sulke prestasies pryk?

    Die Egiptenaar het piramides gebou. Wat se voordeel hou die piramide in vir die mensdom?

    Ek seg niks meer nie.

  • Reusedwerg

    My bydrae hierbo is nie "knip en plak" nie.  Wat ek geskryf het is persoonlike ervaring.  Die statistieke en bykomstige inligting het ek gegoogle nadat ek tuis is om "vleis" aan my ervaring te gee, ook nie direk "geknip en plak nie."

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top