Islamitiese lande soos Saoedi-Arabië tot ‘n mindere mate en Katar, Bahrain, Koeweit en United Arab Emirate tot ‘n baie grotere mate, het meer mans as vrouens vanaf die ouderdom 19 jaar en op. Van laasgenoemde lande kan dit so hoog loop soos 5 mans vir elke vrou in lande wat boonop Sharia- wetgewing toepas!
Hierdie wanbalans is toe te skryf aan gas-arbeiders van ander Islamitiese lande soos Pakistan, Afganistan en Indonesië, en selfs Katolieke Filippyne wat in werklikheid lewenslank in die gasheerland werk. Hulle vorm ook die oorgrote meerderheid bevolking van die betrokke land, sonder enige vooruitsig vir enige vorm van burgerskap. Hulle het ook geen politieke inspraak op die gasheerland se politiek nie.
Die gevolge? Die bevolkingsaanwas kom vanuit die oorspronklike burgery. Omtrent al die gas-arbeiders sal lewenslank geen geslagtelike omgang met ‘n vrou kan hê nie weens sodanige tekort, en gevolglik ook geen bevolkingsaanwas vanuit hulle geledere nie. Gay seks is dus algemeen onder heteroseksuele werkers, dog in die geheim vir vrees vir deportasie of Sharia tronk- en lyfstraf.
Besoek http://populationpyramid.net/south-africa/ en kliek op enige betrokke land wat gesoek word.

