Ek sien baie blanke mense in SA kekkel oor korrupsie glo so erg is in SA!!!
Kan jy nou meer??
Hierdie kekkelaars lees seker nooit die daaglikse nuus oor daaglikse korrupsie wêreldwyd nie of hoe?
Ivg met enige land in die EU bv of die VSA, of Kaknada of OZ of NZ, is korrupsie in SA 'n absolute vulletjie, 'n berg wat 'n muis baar ...
Zuma is 'n toonbeeld van vlekkelose eerlikheid wanneer jy hom vergelyk met ENIGE Westerse leier!
Of het onse mensies hier in SA geweldige hogere standaarde wat die Weste bv nog NOOIT gehad het nie???
En wat van die res van die wêreld?
So lees ons die nuus hier in China:
Chinese authorities have seized assets worth at least 90 billion yuan ($15.8 billion) from family members and associates of retired domestic security chief Zhou Yongkang reports Reuters, citing two sources.
According to the sources, more than 300 of Mr Zhou's relatives, political allies, protégés and staff have either been taken into custody or questioned in the past four months.
Dis korrek, lees dit weer, en verstaan, dis net die puntjie van die ysberg 100biljoen rand, en dit is soos dit gaan wêreldwyd.
Regerings en leiers plunder hulle lande, sonder enige uitsonderings.
Ergste is die Weste, en hulle is nie net die mees korrupte te nie maar dit word weerspieël in die feit dat hulle ook die mees bankrotste is!
Maar logika was nog nooit die sterkpunt van die Westerling nie...
Kom ons kyk hoe 'beveg' die weste korrupsie aan die hand van die gebrek aan logika?
Eerstens, jy maak korrupsie deel van jou sisteme.
Maak wette om korrupsie wettiglik te maak, dis hoe die Weste dit doen.
Korrupsie word maw deel van die kultuur en praktyke van daai lande, dit word onsigbaar want dis orals...eenvoudig huh...maar hoekom kan onse mensies in SA dannie die Weste weereens volg nie?
Francois Williams


Kommentaar
Mnr Williams. Soos een van die hogere wyse manne op die Net sal seg. Verstommend. Waar val jy uit ou vetseun?
Jy praat van logika: Jy vertel ons hoe korrup die Westerling is en dan gee jy 'n Sjinese voorbeeld. Mooi man, mooi.
Een ding van die Sjinese darem, hulle maak produkte wat die wêreld vol uitgevoer word. In Afrika voer hulle die godgegewe grondstowwe uit sodat die Sjinese, Indiers en Japanners waarde kan toevoeg en aan onder andere Afrika terugverkoop. Die Sjinese onteien ook nie boere nie en fok dan die plase op nie soos hier die gewoonte is. Nog 'n ding, die Sjinese kry die korruptes voor stok maar hier in Afrika is staatshoofde met oor die 700 aanklagte teen hom.
Nog 'n ding, in Afrika nooi huile die Sjinese (vir 'n paar Rand onder die tafel deur vir 'n minister of 'n minister se familielid) om te kom plunder en besigheid bedryf. In Sjina nooi hulle nie Afrikane want Afrika-vaardighede, lyk dit my bestaan, nie.
Nog 'n ding, soos ek al voorheen vir jou gesê het, al is die Weste hoe verarm, hulle kaap nie Afrikavragskepe en hou die bemanning aan vir lospryse nie.
Afrika leef bakhand, aalmoese hou hulle aan die gang; Europa, Japan en Sjina nie.
Dalk bevat Francois se brief meer waarhede as wat ons wil erken?
Jan Rap se crap...die Weste het Afrika van 'n kant af geplunder boet, newwermaind net 'n skippie hier of daar!! Daai is krummeltjies in die oseaan ivg met die Weste se gestelery!! Verderaan, watter Westerse leier is NIE korrup nie???
Met verwysing na Francois se inleidingsin, bedoel hy dat sommige 'blanke' mense, sowel as geen 'ander' SA mense nie kekkel oor korrupsie nie? Sal bitter graag diegene wil ontmoet. Terloops, dit kan my persoonlik nie traak wat in ander lande aangaan nie. Ek raak gewoonlik geïrriteerd as SA se situasie(s) met die van ander lande vergelyk word, so asof diesulke skrywers/praters wil insinueer dat ons onse bekke moet hou want dit gaan erger elders
Hansie...dis mos juis die punt...as jy nie laaik van die graad van korrupsie in SA nie, kan jy mos gerus fokkof na daar waar die korrupsie nog erger is as hier ...dan tjiek jy hoe erg jy dit laaik daar...logika raait...
Haai, ek vermoed dat daai Hansie na wie jy die boodskap gestuur het, dalk aanstoot kan neem oor jou walglike taal (en dan spel jy nog die woord verkeerd-om ook) maar nou ja ...
Hansie, neem aanstoot, of stoot aan? Nou ja...
... opmerklik hoe François Williams nes Dirk Rigter betekenis gee aan die kommuniste se uitdrukking "useful idiot" vir sulke (s)linkse nuwe/neo fundamentele liberaliste en optimiste soos hulle in ons piesang demokrasie vandag ...
Williams se kruipstront: Jy gee vir ons 'n storie oor hoe korrup die Sjinese is en in dieselfde asem vertel jy hoe julle (jou 'ons' is seker Afrika) hulle innooi. Soort soek soort?
Jy sê miljoene Afrikane floreer in Sjina. Jy lieg. Hulle het nie baie ooghare vir Afrikane nie; laat nie eers Afrikane op hulle projekte in Afrika werk nie want hulle voer hulle eie mense in daarvoor (en die bly dan agter sodra die projek klaar is; pioniers in die nuwe Sjinese kolonie.
Jy's ook nie reg waar jy sê die Weste het Afrika geplunder nie want die waarheid is die Weste plunder Afrika nog steeds. Deesdae net met geld onder die tafel aan een of ander korrupte minister of president. Hoekom dink jy Europa wou so graag 'n swart regering hier gehad het? Menseregte? Moenie naief wees nie, taking candy from a kid is die rede. Ek sal nie verbaas wees as van die Westerse moondhede nog radio-aktiewe gemors ook stort in Afrika nie; hulle betaal net 'n minister of president wat in elk geval niks voel vir Afrika nie, net solank hy geld kan kry.
Daar gaan nie 'n dag verby nie wat hulle gedurende die verkeersverslag op die radio waarsku dat mense die en daai pad moet vermy, daar word klippe gegooi en voertuie aan die brand gesteek. INDIEN dit ooit in Europa gebeur is dit nie op 'n daaglikse basis nie en wanneer dit wel gebeur, lyk dit my, is dit in die buurte waar die immigrante woon.
Jan Rap