Konflik in die wêreld van die Islamiete

  • 3

Dis die Japannese wat dit stook. Kyk net al die Japannese bakkies waarop daar indrukwekkende wapentuig monteer is. Nêrens is daar ‘n konflik in die Islam-wêreld waar daar nie ‘n Japannese bakkie sy verskyning maak nie. Die Japannese ekonomie baat verseker groot hieruit.

Stop die verskaffing van die bakkies en siedaar!

(Wat van oorlogsmisdaadklagtes op die koop toe?)

Die Generaal Motors aanhanger,

Raed-na-Gael.

  • 3

Kommentaar

  • Jy slaat die spyker op die kop. Wat my ook tot stomheid slaan is die manne in ons ou landjie wat almal wil dagvaar wat met die ou Suid-Afrika besigheid gedoen het. Die donners sit almal of meeste van hulle in hul DDM's. WDF. 

  • Raed-na-Gael, jy wil natuurlik hê hulle moet met Isuzus ry? In Afrika sweer almal skynbaar by Toyota. Jammer om jou teleur te stel!

    Op 'n ernstiger noot. Daar was al bedenkinge uitgespreek oor die redelik losse voet waarop Suid-Afrika wapens na gebiede uitvoer wat onbestendig is.

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Raed-na-Gael,

    Die insig wat jy openbaar aangaande die komplekse "konflik in die wêreld van die Islamiete" slaan my skoon dronk met sy wysheid. Ek neem aan dat dit werklik as 'n grap bedoel word!

    As jy nou geskryf het dat Amerika die primêre stokers van die konflik was met hulle ondersteuning van Osama Bin Laden, en al-Qaeda, in Afganistan, en daarna die oorlog in Irak wat 'n stabiele sekulêre bewind omver gewerp het, en waavan die gevolge die ergste nagmerrie nou word wat daardie streek tans beleef met die ontstaan van ISIS, dan sou die leser 'n beter begrip kon kry van die situasie in die Midde-Ooste, en van die oorsaak van die haat wat die Islamiete vir die Weste, en veral vir die VSA koester.

    As die Japanese miljoene verdien met die verkoop van hulle bakkies, verdien die VSA biljoene deur die kwansel van hulle vuurwapens. Miskien het die Suid-Afrikaanse wapenbedryf ook 'n "finger in the pie", en nou sou 'n goeie tyd wees om aandele te koop in firmas wat wapentuig produseer,  en hoop dat die konflik vir ewig duur.

    Beste groete,

    Pieter Redelinghuys

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top