Kommentaar op Suid-Afrika via die London Times

  • 3

Die wêreld het klein geraak en die meeste regerings se hoop dat plaaslike verleenthede ongemerk sal verbygaan word gewoonlik nie bewaarheid nie. Zuma se staatsrede is 'n onlangse voorbeeld.

Kommentaar op berigte in die media is dikwels nie die moeite werd om van kennis te neem nie, maar daar is tog juwele. Media24 se Netwerk24.com is ons plaaslike geleentheid om te reageer op al die nuus in Afrikaanse koerante. Die volgende kommentaar op Netwerk24 laat 'n mens vassteek:

MARCH 17TH, 2012 10:27
LONDON TIMES – QUOTE OF THE WEEK‏
By haymaker
Interesting point of view on Affirmative Action: “South Africa is the only country in the world where affirmative action is in the favour of the majority who has complete political control. The fact that the political majority requires affirmative action to protect them against a 9% minority group is testament to a complete failure on their part to build their own wealth making structures, such that their only solution is to take it from others.”
Finally, a word recently coined to describe South Africa’s current political situation.
Ineptocracy (in-ep-toc’-ra-cy)
- a system of government where the least capable to lead are elected by the least capable of producing, and where the members of society least likely to sustain themselves or succeed, are rewarded with goods and services paid for by the confiscated wealth of a diminishing number of producers.

  • 3

Kommentaar

  • George, ek verwys na jou kommentaar onderaan my brief "Onbruik maak misbruik", daar waar jy gesê het ek is pessimisties en my gemaan het om "die lanferlap voor my oë te verwyder."

    Ek het bloot feite genoem, is mens pessimisties as jy feite noem?  As jou vrou jou vertel sy't haar modderskerm ingeduik vandag in die parkeerterrein, sê jy vir haar sy pessimisties; sy moet liewers sê daar is drie modderskerms wat NIE ingeduik is nie?  Natuurlik nie man; jy wil mos ingelig wees en om bedreigings, of potensiële katastrofes, te ignoreer omdat jy nie as pessimisties gebrandmerk wil wees nie is nie positief nie, dis gek.

    Is die aanhaling hierbo wat jy uit die London Times gekry het vir jou pessimisties?  Vir seker nie, anders sou jy dit nie geplaas het nie.  So hoekom is ek nou pessimisties as ek op die feit wys dat mense al hoe swakker Afrikaans praat? 

  • George Bekker

    Jan Rap, my vrou het nie 'n modderskerm nie – nog nooit enige vrou met 'n modderskerm gesien nie.

    Oor pessimisme: Mens het alle rede om soms pessimisties oor Afrikaans en die land te voel. Natuurlik voel 'n mens nie elke dag dieselfde nie. Nogtans is daar 'n balans nodig tussen pessimisme en realisme. In kort, jy het nie daardie balans nie en jou oorweldigende pessimisme rig skade aan. Is daar nie dalk al ouens wat wegduik as hulle vir Jan sien aankom nie?

  • George B, dit werk anders.  Indien iets voorhande is en dit min of meer ewekansig is dat die uitkoms goed of sleg gaan wees, dan is die ou wat die slegte uitkoms voorspel die pessimis en die ou wat die goeie uitkoms voorspel die optimis.

    Gebeur die slegte, gaan beide voorspellers dit as sleg sien, ook die ou wat optimisties was.  Gebeur die goeie, gaan die voorspellers saamstem dat dit goed is.

    'n Voorbeeld:  A kuier by B, drink 'n paar biere en groet.  B waarsku vir A dat, alhoewel A nie beskonke is nie, is die kans goed dat hy afgetrek, getoets en gearresteer gaan word.  A sê daar sal nie 'n padblokkade wees nie en buitendien al is daar een, hy's onder die limiet.  A is dus hier optimisties en B pessimisties.Indien A toe wel ge-arresteer word, gaan albei teleurgesteld met die uitkoms wees.  A, wat optimisties was, beskryf hierdie ondervinding as sleg maar dit maak hom nie 'n pessimis nie; dis realiteit. Indien A nie gearresteer word nie gaan altwee bly wees, dit maak nie van hulle optimiste nie; hulle is net bly oor 'n goeie uitkoms.

    Indien iets voorhande is en die kans vir 'n slegte uitkoms is 90% dan is die ou wat maan om voorbereid op die slegte uitkoms te wees die makelaar, aktuaris of projekbestuurder; hy's berekenend en beslis nie 'n pessimis nie.  Die ou wat hom gaan verlaat op die 10% kans vir 'n geie uitkoms is gek en/of 'n dobbelaar, beslis nie 'n optimis nie. Indien 'n slegte uitkoms aangegee is, is die ou wat dit uitwys nie 'n pessimis nie; hy's 'n waarnemer en gee bloot die feite.  Die ou wat dit ignoreer, of goedpraat is nie 'n optimis nie, hy's 'n ontkenner en 'n leuenaar.

    Voorbeeld: A en B staan en kyk na 'n bol hondestront.  A sê dis 'n bol hondestront.  Hy's nie 'n pessimis nie, hy konstateer 'n feit.  B sê dis 'n hoop opgeklopte room.  Hy's nie 'n optimis nie, hy's 'n ontkenner.

    Jan Rap

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top