Sy brief van 16 September getiteld "Oor evolusie, taksonomie en baraminologie" is 4250 woorde lank. Wat het geword van die oorspronklike reël dat 'n brief nie langer as 600 woorde mag wees nie? Probeer Webvoet, in sameswering met Kobus, ons kranksinnig maak deur die plasing van so 'n vreeslike lang en deurmekaar brief?
Het iemand dit ooit gelees?
Ek moet julle waarsku, lees dit liewer nie, want dit kan veroorsaak dat die leser ook kranksinnig raak. Wees dus gewaarsku, bly weg, ver weg!
Hy gebruik byvoorbeeld 'n woord soos "baraminologie", wat nie in my HAT (2004 druk) of in die Encarta World English Dictionary voorkom nie. Miskien is dit 'n skepping uit sy eie verwarde verstand, wat hy skynbaar glo die res van die wêreld ver voor is. Want waarom anders sal hy sulke tale gebruik en verskillende wetenskappe aanval, soos hy al deur die jare gedoen het? Ver verhewe bo alle wetenskaplikes glo hy blykbaar is hy!
Vra hom byvoorbeeld hoeveel is 2 x 0, en julle sal self sien wat aangaan.
Groete,
Varkspek


Kommentaar
Beste Varkspek,
Dankie vir jou brief - nou jy raak 'n aspek van briefskryf aan wat ons almal raak. Ek stem volkome saam met jou dat sekere outeurs geen genade vir die leser se geduld het nie, en respekteer nie sy/haar intelligensie nie. 'n Goeie gedagte het maar min woorde nodig om te beskryf soos, bv Darwin se evolusieteorie kan seker in een kort paragraaf weergee word.
Trouens, lees ek nie meer artikels wat nie in 'n gekonsentreerde vorm oorgedra word nie. Kyk gerus na die opsommings van sekere LitNet-onderwerpe. Binne die bestek van 'n paragraaf word die hele artikel van 'n duisend woorde opgesom.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Dankie vir jou goeie raad Varkspek ... dis egter te laat ... my neus brand ongelukkig klaar van al die swaeldamp - vars uit die Hel daarin!!!
Kennisgewing: Die plat-aarde-ondersteuners hou eersdaags 'n konferensie onder voorsitterskap van Kobus De Klerk. By hierdie byeenkoms sal hulle onder andere navorsingsresultate bekendmaak wat aantoon dat die son om die (plat) aarde draai en dat die (plat) aarde gevolglik die middelpunt van die heelal is. Daarbenewens sal die konferensie ook tyd bestee om die moontlikheid te ondersoek om 'n eie universiteit op die been te bring wat sal spesialiseer in kreasionisme as wetenskaplik-bybelse model om die ontwikkeling van alle lewensvorme te verklaar. Die konferensie sal afgesluit word met 'n braaivleis en spontane samesang deur die afgevaardigdes.
Varkspek:
Kêrels, as julle so ooglopend probleme het met afleibaarheid sindroom en gebrek aan die vermoë om te konsentreer en klaarblyklik ook begripsvermoë (hoe het jy op skool dan jou begripstoetse geslaag en die massas inligting op universiteit kon verwerk en onthou, Varkspek? Het jy dan al so ver agteruitgegaan?) , moet julle liefs iets daaraan probeer doen as om ander te kry om af te skaal na julle vlak.
Dit is tog duidelik dat meeste lesers nie sulke leesprobleme ervaar nie.
Brianvds se probleem kan ek insien - hy is op die vlak waar hy daagliks kort sinsnedetjies vir laerskool outjies, soos Dirkie, opdis sodat hulle dit kan verstaan en dit gebeur dikwels dat die onderwyser ook mettertyd afskaal tot hy in daardie mentaliteitsgroef verval, maar die res van julle? Watter verskoning het julle? Wat gaan aan, mense? Duidelik voel julle veel meer tuis in kleinboet Dirkie Rigter se kleuter speelgroepie daar onder die ou boom op die speelgronde en nie by die volwassenes nie.
Kobus de Klerk
Kobus:
Brianvds,
Klaarblyklik nie lank genoeg om die konsentrasiespan vir 'n paar duisend woorde te hou nie. En as ek so na jou 'ure van die dag' klagte kyk, lees hulle en hulle onderwyser nog baie stadig ook boonop. Wat jy daarmee suggereer isdat jy nooit tyd in die dag het om enigiets behoorlik te bestudeer nie want jy het nie tyd nie. Dit is maar baie wasig...
Die baraminologie is vir jou uiters, uiters beknop opgesom in wat in my artikel weergee word. Dit is 'n uitgebreide dissipline waaroor mense boeke kan skrywe. Wat jy eintlik sê, dus, is dat as iets nie in 'n paar kort paragrafies opgesom kan word nie, jy dit nie kan begryp en evalueer nie - die opsomming van baraminologie in my artikel is slegs ongeveer 960 woorde lank - jy is nie instaat om dit te hanteer nie...
Maar dit is duidelik jou probleem. Genoeg gesê daaroor.
Die punt wat ek in my kommentaar hier maak is dat julle paartjies wat so maklik afleibaar is en nie kan konsentreer vir effens langer periodes nie en dus met die lepel gevoer wil word, nie julle probleem ander s'n moet probeer maak nie. Lyk of veral Varskpek ernstige probleme in die verband het, te oordeel na sy gekerm.
Kobus de Klerk
Kobus:
Hello,