Ek weet hierdie saak is al deeglik deurgetrap hier op SêNet, maar ek wil graag nou ook mý stuiwer in die armbeurs werp. En ek sê "armbeurs", want hoewel daar al baie oor geskryf is, het niemand nog probeer om 'n oorsaak te soek vir die priesters se gereelde oortredings nie.
Ek meen daar moet deeglik gekyk word na die voorskrif dat die priesters selibaat moet bly. Hierdie arme mense mag nie seks beoefen nie en moet heel kuis en ordentlik leef. Maar die hormone in 'n man se gestel hou aan werk, dit kan nie met gebede onderdruk word nie. So bou daar dan 'n geweldige seksuele druk in die persoon op, wat soms op die verkeerde manier uitbars!
Ongelukkig is die nimfagtige koorseuns gewoonlik die slagoffers, want hulle is dáár, naby die priester, en die man in sy swakheid swig voor die onuithoubare drang.
Myns insiens sou die oplossing wees om weg te doen met die reël van selibasie. Laat hulle toe om te trou, desnoods met mekaar, as van hulle so sou voel. Sodoende kan daar gereelde verligting van die seksuele druk wees en sal die oortredings nie meer so dikwels voorkom nie.
Groete,
Varkspek


Kommentaar
Beste Varkspek,
Verskoon asseblief ook my oorywerige reaksies telkemale, maar dis duidelik dat menige wat opmerkinge omtrent die stryd in die Katolieke met pedofiele, duidelik nie 'n benul het omtrent die toewyding daarin nie.
Die Kerk, is gewoon ook net 'n weerspieëling van die samelewing, en as jou oorsaak en voorstel konsekwent kon wees, dan sou getroude prokureurs, dokters, predikante, sakemanne, en onderwysers, ... ook nie met kinders gelol het nie.
Derhalwe die uitspraak van iemand soos Richard Dawkins, wat selfs soos iets soos "mild pediofilia" omskryf en dit as verskoonbaar propageer, die neiging van volwassenes om deur kinders seksueel gestimuleer te raak, veel erger en dieper as seksuele frustrasie is.
Dis duidelik 'n helse probleem (verslaafdheid) wat nie eers deur 'n gewydheid aan God, onderdruk kan word nie.
Mag Jesus Christus onse HERE, self die genesing wees in die versteurdes se harte wat in hul vieslike selfsug, nie huiwer om kinders se lewens te verwoes nie.
Namaste!
Cornelius Henn
Varkspek
Ek het 'n teorie, en dit bly my persoonlike teorie. Of daar grondigheid daarin is al dan nie, sal ek werklik nie kan sê nie. My teorie is gebaseer op persoonlike ondervinding en waarneming.
'n Mens kan slaap vir net solank beveg, maar die natuur neem oor teen weerwil van enige voornemens om nie te wil slaap nie. Voor 'n mens dit weet, het jy aan die slaap geraak. So ook met seks. Jy kan jou vir solank van seks weerhou (indien jy nie gekastreer is nie), maar al veg jy hoe hard daarteen, gaan jy mettertyd daaraan uiting wil gee, en nie net alleenlik deur middel van nagtelike emmissies as gevolg van erotiese drome nie.
Ek het in 'n konserwetiewe godsdienstige huis grootgeword, deur godsdiens geprogrameer dat enige vorm van seks wat nie ten doel het om kinders te wek nie, 'n sonde en afwyking in die mens is. Erotiese drome was sonde. Masturbasie was sonde en 'n afwyking. In my tienerjare het ek seksdrange probeer beveg, en elkekeer hopeloos verloor, en na elke geval, op my knie geval en om vergifnes gevra en elke keer belowe om dit nie weer te doen nie, en so het die roetine dag vir dag verloop.
Daar het naderhand 'n skakel tussen seks en godsdiens in my lewe plaasgevind. Seksdrange was my kruis wat ek moes dra en beveg, en wat dit nog erger gemaak het, waar my vriende in meisies belanggestel het, het ek in dieselfde geslag seksueel belanggestel, voordat ek geweet het wat gay was of dat ek self gay is. Omrede ek so baie tyd op my knieë gespandeer het en met daaglikse bybelstudie, het ek myself oortuig ek is geroepe om predikant te word. Op skool was ek als godsdienstige dweep aangesien onder my maats. Na matriek is ek na 'n teologiese seminarium om my vir die bediening voor te berei. Ek het net een jaar daar uitgehou, toe ek tot inkeer gekom het, en in 'n ander studie rigting oorgeslaan het. Dit het my jare geneem om godsdiens uit my gestel te bevry.
Nou my ondervinding kan seer sekerlik nie uniek wees nie. Ek is van mening dat baie (nie almal nie) priesters en predikante hulle beroep kies, juis om van hulle seksdrange te probeer ontsnap. Weens die feit dat hulle nie mag vrou vat nie, maak priesters meer kwesbaar als predikante, veral priesters wat priesters geword het juis om van hulle homoseksuele neigings te probeer ontsnap. Waar die gemiddelde gay 'n ondersteuningsbasis in die samelewing het, gay klubs en vele gay strukture, is hierdie klubs en strukture vir die priester nie toeganklik nie. Daar is net die minderjarige kinders waar hulle sal probeer kanse mee vat, minder gevaarlik as om met volwasse leke te probeer.
Na my mening is bewys van my stelling hierbo ook gegrond op priesters wat hulself vrywillig laat kastreer het of is deur ander gekastreer ten doel om priesters te word; oa die Kerkvader Origen, die verskillende Patriarge van Konstantinopel; Germanicus I (715 - 730); Poganatus (668 - 685; Methodius (843 - 847); Ignatius (847 - 877) Eustratius Garidas (1081 - 1084); om net 'n paar van vele te noem; juis ten doel om hulle van hulle seksdrange te ontneem. ('n Patriarg is soortgelyk aan 'n pous in die Ortodokse Kerk).
Na jarelange deeglike studie, het ek tot die slotsom gekom daar is geen god nie, en met die besef, het my wese vry geword van alle taboes waarmee ek groot geword het, oa dat verskeie vorms van seks wat als sonde beskou word.
Jaco Fourie
Cornelius,
Ek het bedoel dat, weens die omstandighede, swig hulle dalk makliker voor 'n seksuele swakheid wat hulle het.
Dit kan ook wees dat 'n persoon, omdat hy bewus is van so 'n neiging by hom, besluit om 'n priester te word in die hoop dat hy dit dan makliker sal kan onderdruk in die godsdienstige omgewing en met vurige gebed.
Maar helaas, ons weet dat in baie gevalle dit nie so werk nie. Ek glo ernstige gebed oor seks versterk dalk eerder jou drang, deur die intense konsentrasie op die saak.
Hoe dit ookal sy, dit is algemeen bekend dat dit nie net by priesters voorkom nie. Dit is seker weens die aard van hul posisie in die samelewing - godsdienstige vertrouelinge - dat dit groot opspraak verwek as hulle oortree. Groete,
Varkspek
Dankie Varkspek, ek het geheel ooreenstemming met jou ... maar het ons verantwoordelike harte in die samelewing nie die verantwoordelikheid om eerder fel met die probleem te handel en ons te weerhou van die kleinlike en siniese bespotters (ewe skuldig daaraan) daarvan nie? Namaste! Cornelius Henn
Die probleem is dat die kerke inherent korrup is...dar is geen ware spiritualiteit nie...hoe dan anders?