Karen Zoid/Francois van Coke Badenhorst

  • 0

Iewers het ek voorheen gelees dat Karen Zoid gesê het sy is ‘n Christen maar "Ons moet almal mekaar probeer tolerate".

Is dit hoekom sy gisteraand glimlaggend saamgegaan het met Francois Badenhorst op haar KykNet-program toe hy gesê het hy was destyds onder andere ‘n wedergebore Christen en die twee lekker daaroor gelag het (want kyk waar is ek nou)? Per implikasie is so iets net ‘n fase waardeur sommige mense gaan.

Francois, daar is ‘n groot verskil tussen mense wat in ‘n Christelike huis groot word en hulle dalk later tydelik verbeel hul is “wedergebore Christene” teenoor om ‘n Heilige Gees-vervulde wedergebore Christen te word.

Baie mense is vir jare in die Kerk sonder om ooit dit te ervaar.

Pieter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top