Die vers gaan verder om te sê: “En jy sal altyd bo wees en nie onder nie.”
Dit moet ten alle tye die Afrikaner as volk se strewe wees.
Hierdie vers impliseer dat hierdie volk tussen ander volkere lewe; deel van die totale liggaam, waarvan een van hulle die kop in dieselfde gesamentlike geografiese gebied is, wat hy met ander deel.
‘n Verdere ekstrapolasie van hierdie vers is dat hierdie volk nie in afsondering kan lewe nie, net soos ‘n kop nie in afsondering kan leef nie, maar deel is van ‘n liggaam, in die Afrikaner se geval, deel van die multikulturele samelewing van SA; deel van die totale liggaam van die land. Die kop is ook nie die grootste deel van die liggaam nie. Elke deel van die liggaam het ‘n spesifieke funksie.
Die kop doen die dinkwerk, dit sien, hoor en praat. Dit voed die liggaam.
Selfs swartes gee erkenning aan Afrikanervernuf om swartes te help bemagtig.
Rabalani Dagada skryf oor sy persoonlike ondervindings met Afrikaners wat hom gehelp het, asook van ander bekende Afrikaners se onselfsugtige hulp aan swartes. Hy skry oor Paul Kruger se persoonlike vriendskapsverhouding met die koning van die Bofokeng in hul stryd teen Mzilikazi van die Matabele.
Afrikaners wat oa Herman Mashaba, Patrice Motsepe, Ramaphosa, ens. tot hul rykdom aangemoedig het. Afrikaners van aansien soos Johan Rupert, Jannie Mouton, Koos Bekker, Markus Jooste, G.T. Ferreira, Laurie Dippenaar, Christo Wiese, Machiel le Roux, ens wat betrokke was om swartes te help bemagtig. http://www.sabreakingnews.co.za/2014/07/15/afrikaner-entrepreneurs-unsung-black-economic-empowerment-heroes/
Net soos die Afrikaner homself bemagtig het, het hy ‘n verantwoordelikheid om ander te help bemagtig, om sodoende ‘n gesonde liggaam te bewerkstellig. Sonder die swartes, was Afrikanerbemagtiging vrugteloos. Die twee het mekaar ongetwyfeld broodnodig.
Jaco Fourie


Kommentaar
Beste Jaco
Waaroor gaan dit nou eintlik in die eerste 14 verse van Deuteronomium 28?
Dit sê "Die Here maak die gehoorsame mense voorspoedig".
In vers 13 staan "As julle baie mooi luister wat die Here julle God vir julle beveel en julle presies doen wat Hy sê, sal Hy julle die belangrikste op aarde maak. Julle sal oor ander nasies heers.Julle sal altyd die sterkste wees."
Vers 14. "Wees baie versigtig dat julle niks nalaat wat die Here wil hê julle moet doen nie.Wees veral versigtig om nie vir ander gode neer te buig en hulle te aanbid nie."
Want as jy dit nie doen nie gebeur die volgende met jou:
Vers 15. "As jy weier om te doen wat die Here jou God jou beveel, sal teëspoed jou tref. Probleme sal jou oorweldig."
En dit is presies wat met die 12 stamme gebeur het.
Hoe jy dit van toepassing op die Afrikanervolk maak is nie vir my duidelik nie, want hierdie woorde rig God aan sy uitverkore volk en daar was net een en dit is beslis nie die Afrikanervolk nie.
Ons moet almal koppe wees en niemand 'n stert nie. Soos die Hydra van ouds. Om 'n stert te wees impliseer dat jy in 'n mindere posisie is.
FC Boot
Ai tog.
Ek het van die bybel suiwer vir 'n sekulêre rede gekwoteer, omrede die einste woorde mooi en pasbaar met die Afrikaner kan wees. Ek kon net sowel vanuit ander godsdienstige bronne en sekulêre boeke gekwoteer het sonder dat dit van my 'n gelowige maak, of wat vooraf of daarna opgeskryf het met my storie te doen het nie. Daar was absoluut geen godsdienstige relaas in my skrywe nie, asook geen bedoeling daartoe nie.
Die ironie is dat jy deurgaans met almal met wie jy oor die Bybel redeneer, dit absoluut selektief aanhaal, waar jy self nie jou god se opdragte uitvoer wat jou nie pas nie. Dan skram jy ook weg, soos die slawerny-onderwerp, asook jou god se gesplete persoonlikheid, waaroor daar 'n doodse stilte van jou kant geheers het mbt die Afrikaner wat ek hierbo geskryf het, sou 'n kommentaar daaroor eerder gepas gewees het.
Ai toggie, Jaco Fourie
Dit is 'n dwase redenasie om goed uit die Bybel aan te haal omdat dit vir jou mooi en toepasbaar op die Afrikaner kan wees.
Jy dwaal in jou redenasie dat God se opdragte aan sy uitverkore volk op my en ander van toepassing moet of kan wees. As dit inderdaad so was sou ek en alle ander Christene besny en nie gedoop gewees het nie.
Kry dit nou vir eens en altyd in jou kop.God het sekere praktyke toegelaat, nie omdat dit in ooreenstemming met sy wil (plan vir die mens) was nie, maar in Jesus se woorde Mat. 19-8 in antwoord op die Fariseërs se teenargument (in dieselfde kraal as joune).
Fariseërs se argument.
"Maar wat dan van Moses?Waarom het hy nie 'n probleem daarmee gehad dat ons kan skei nie? Al wat hy vir ons gesê het,is om te sorg dat ons vir ons vrou 'n wettige skeibrief gee wanneer ons hulle die dag laat loop.
Jesus ontken nie dat Moses dit gesê het nie.
8." Ja, dit is waar" het Jesus geantwoord "Maar dit is omdat julle kop en julle hart so hard soos klip is dat hy toegelaat het dat julle kan skei.Dit is omdat julle nie na God se voorskrifte (soos saamgevat in die 10 gebooie) wou luister nie.Maar dit was nie van die begin af so nie.Egskeiding is glad nie deel van God se oorspronklike plan nie.
God het dus toegelaat dat Moses om praktiese redes sekere voorskrifte aan die volk gee omdat die volk se koppe en hart so hard soos klip was. As jy dan van jou vrou ontslae wil raak omdat sy nie presteer en aan jou verwagtinge voldoen nie, moet haar dan nie weggooi soos vullis nie, maar doen die eerbare ding en gee haar 'n mate van beskerming sodat die res van haar volksgenote haar nie in 'n slegte lig sien nie en gee vir haar 'n wettige skeibrief.
Dieselfde geld vir slawerny. Slawerny was nooit deel van God se plan vir die mens nie maar mense maak van mense slawe, ook nog tot vandag toe.
As jy 'n bietjie moeite doen sal jy gou op die internet agterkom dat daar selfs vandag nog ouers is wat hul kinders verkoop aan mense wat handel dryf in mense sodat hul genoeg geld het om hul verslawing aan internetspeletjies vol te hou.
Dit is dus absoluut belaglik om God van 'n gesplete persoonlikheid te beskuldig omdat mense soos Moses sekere praktiese reëlings tref omdat mense se koppe en harte so hard soos klip geword het en hul soos vandag geen ontsag vir gesag het nie.
Vandag vee mense oor die algemeen hul agterente af aan verkeerswette en almal, ook Christenene en myself ingesluit ,maak ons op een of ander tyd skuldig daaraan. Waarom ? Omdat in Suid-Afrika die ontsag vir gesag totaal op alle gebiede verdwyn het.
Ons sleep dus ons eie naam en die Owerheid se naam deur die modder ,want in 'n demokrasie kies die mense die verteenwoordigers wat die owerheidinstansies moet beman. Maar dan kom die kiesers en vee hul agterente af aan die maateëls van die mense wat hul gekies het juis met die doel om die samelewing so te reguleer deur wette en bywette dat dit nie in totale chaos verval nie.
'En dan is jy vermetel genoeg om God van 'n gesplete persoonlikheid te beskuldig - word wakker dit is die mense wat aan gespelete persoonlikhede ly.
Die posisie is presies dieselfde in die volk Israel - hulle hoor die 10 gebooie, hulle hou daarvan om God se uitverkore volk te wees maar maak hulself dan skuldig aan dieselfde praktyke as die volke reg rondom hulle en ignoreer die oproep om tog nie soos die volke rondom hulle te wees nie.
Ek sou jou graag 'n geseënde kersfees wou toewens, maar eintlik sou dit onvanpas wees, want slegs iemand wat daarmee die geboorte van die Verlosser herdenk kan 'n geseënde kersfees vier.
Mag dit met jou goedgaan.
FC Boot
Alweer die "Red Herring" om aandag van die onderwerp af te trek.
Egskeiding was nie eers te bespreek nie, en om 'n ekstrapulasie daaruit te probeer verkry om slawerny in die bybel weg te praat is werklik 'n verkragting van die intellek (definitief nie myne nie), indien nie die bybel nie.
Jou slawerny was nooit deel van God se plan nie, miskien nie maar dit is suiwer 'n persoonlike gevolgtrekking wat jy maak is nêrens in die bybel te vinde nie. Wat wel in die Bybel te vinde is, was die opdrag deur jou god om vrouens en kinders van die verslane volk as slawe te vat, en dit nogal vir die mans se plesier, en as hy vir haar moeg raak, haar as vry mens vrylaat, om weens die daaropvolgende omstandighede, te krepeer. In die nuwe testament, 'n opdrag van Paulus dat 'n Christenslaaf vir die Christenmeester harder moet werk, wat slawerny selfs in die nuwe testament met goddelike goedkeuring bekragtig. 'n Geleentheid is ontgaan om afkeur mbt slawerny uit te spreek. Paulus het 'n wegloop Christenslaaf opdrag gegee om na sy Christenmeester terug te gaan, en geensins vir die Christenmeester gesê: Jy is 'n Christen en slawerny is teen God se wil, dus laat hom vry wees.
God se gesplete persoonlikheid het ek in 'n ander respons uitgelig, en daarin was Moses nie betrokke soos jy hierbo wil voorgee nie, maar die Ou Testament viz a viz die Nuwe Testament is jou beste teenvoeter: " Dit is dus absoluut belaglik om God van 'n gesplete persoonlikheid te beskuldig."
Ek het tot ad nauseum gevra dat jy suiwer die bybel aanhaal om jou argumente te staaf, nie onlogiese gevolgtrekking uit 'n teks, soos oor die huwelik, en dit doen jy nie. Ek sien jy gebruik hierdie einste teks om ander onaagename onderwerpe ook weg te praat.
Maat, jou getoonde kennis van die Bybel as Christen tot dusver is uiters gebrekkig, selfs in jou redenasie oor die skeppingsverhaal, waar jy dit met ewolusie probeer versoen en 'n ander betekenis aan die oorspronklike tekste verdraai. Selfs die Bybel sê duidelik dat die skeppingsverhaal suiwer 'n geloofsaak by die Christen moet wees. Heb. 11:3 en in hierdie geloofssaak, was die skepping onmiddellik, nie oor duisende jare nie, Ps.33:6,9 en natuurlik in Gen.1
Ek stel voor dat voordat jy verder oor die Bybel debatteer, sorg eers dat jou Bybelkennis deeglik opgeknap is, anders maak jy jouself as Christen net bollie in jou teenstanders se oë.
Mbt Kerswense. Maat jy as Christen vier 'n heidense geleentheid onder die dekmantel van Jesus se geboorte, met al die heidense "trappings" daarby, veral die kersboom en geskenke. In die lig van Paulus se kastydingsstyl, kan ek my voorstel hoe hy sy skok met hierdie gebeurtenis sou uitspreek. 'n Gedaante van goddelikheid, maar die krag daarvan ontbreek.
Jy is welkom op jou getoonde weersprekende godsdienstige lewe. Ek as ateïs, kan 'n Christen as persoon respekteer wat streng volgens Bybelse voorskrifte lewe, en daar is wel honderderde van hulle wat ek ken en wat ek respekteer.
FC Boot
Nog 'n ietsie om oor te kou as Christen.
Jy verkwalik my hierbo met: "Jy dwaal in jou redenasie dat God se opdragte aan sy uitverkore volk op my en ander van toepassing moet of kan wees".
Beskou jy jouself dan nie as deel van God se uitverkore volk nie, want in Gal. 6:16 skryf Paulus: "en almal wat volgens hierdie beginsel leef, "DIE WARE ISRAEL" - mag God hulle vrede gee".
Ek kry die indruk in hierdie teks dat die fisiese Israel nou met die geestelike Israel vervang is, en dat God sou graag wil hê dat die Christen, sy uitverkore volk, die "Ware Israel", die "kop en nie die stert" onder die mensdom moet wees nie.
Weereens jou gebrek as Christen aan Bybelkennis is betreurenswaardig om die minste te sê.
Beste Jaco Fourie
Soos alle ateïste hou jy daarvan om Bybeltekste uit verband aan te haal sonder om die volgende in ag te neem as ‘n mens wil vas stel wat die betekenis daarvan is en hoe dit van toepassing is op die Christen van vandag.
En dan is jy nog se vermetel om ander van gebrekkige kennis te beskuldig. Werklik ‘n betreurenswaardige toedrag van sake.
Die belangrikste is om te onthou dat daar eers oor God gepraat is en daarna is dit neergeskryf. Die is dus mondelings oorgedra soos dit in die ‘volksmond’ bly oorleef het en het ons dit vandag soos dit neergeskryf is.
So is die evangelies eers dertig jaar en meer geskryf na die gebeure waarvan dit vertel. Van die Genesisverhale is in ballingskap geskryf as teenvoeter teen die Babiloniese skeppingsverhale. Mense het dus dinge onthou wat vir hulle belangrik was en dit aan hul kinders oorgedra.
So het belangrike inligting in gedagtes en nie op papier oorleef nie. So praat Paulus in 1 Kor.15:1-2 van dit wat aan hom oorgelewer is.
In Deuteronomium 4:9-10 staan ”Pas net op en wees baie versigtig om solank julle leef, nie hierdie dinge wat julle gesien het, te vergeet of te verontagsaam nie. Julle moet dit alles vir julle kinders en kleinkinders inskerp." Bron: Die Bybel A-Z.
Daar is dus verskillende maniere om na die Bybel te kyk. Een van die belangrikste maniere om die Bybel te lees is dus om dieper te delf. Doen jy dit sal jy nooit ander mense van gebrekkige Bybelkennis beskuldig nie omdat jy dan self agterkom dat die Bybel geskryf is deur mense met vreemde tale en kulture.
Daarom is dit noodsaaklik om woordeboeke, konkordansies en kommentare te lees alvorens jy tot enige gevolgtrekking kom.
Die grootste geheim is dan ”Lees altyd die Bybelteks binne sy konteks, of dit nou literêre of kultuur-historiese konteks is.” Bron Bybel A-Z.
Ek moet dus ook van ‘n Bybelvertaling gebruik maak wat die inhoud en betekenis van teks so getrou as moontlik in my taal oordra sodat ek dit ook in my lewensomstandighede kan toepas en uitleef. Daarom lees ek Die Bybel in hedendaagse Afrikaans.
Die mens .
Hoe is die mens ‘geskep’?
1953 vertaling: Gen 1. 26. En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. 27. En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.
1983 vertaling. 26 Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip.” 27 God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.
Bybel vir almal. 26.God het gesê: “Kom Ons maak ’n mens wat in ons plek kan regeer. Die mens moet hoof wees oor die visse in die see en oor die voëls in die lug. Hy moet ook hoof wees oor die mak diere en oor die hele aarde, en oor al die diere wat op die aarde kruip.” 27. God het toe die mens gemaak om in sy plek te regeer. Hy het die mens gemaak om in sy plek hoof te wees. Hy het die mense so gemaak dat daar mans en vroue is.
Die Bybel het die volgende verduideliking in die kantlyn. Ons: Wanneer die Here van Homself praat en Hy sê “Ons”, dan sê Hy dat Hy die Groot Koning is wat in die hemel woon saam met sy engele.
Bybel in hedendaagse Afrikaans.
Die Mens.
26.Toe het God gesê: ”Ek wil ‘n mens maak, ’n mens wat iets van My in hom het en selfs ‘n bietjie soos Ek lyk. Hy sal oor die visse in die see regeer asook oor die voëls in die hemel.Hy sal die klein- en grootvee asook al die wilde diere tem. Hy sal oor al die kruipende diere op die aarde heers.” 27.God het toe die mens gemaak. En die mens het iets van God in hom gehad. God het ‘n man en vrou gemaak.
Uit al die aanhalings is dit duidelik dat God die mens skep as sy verteenwoordiger en beeld. Die mens ontvang ‘n verhoogde status oor al die ander lewende wesens wanneer hy namens God verantwoordelikheid vir die skepping neem.
Dit is nouliks ‘n taak wat ‘n mens aan ‘n slaaf sou toevertrou.
Wat sê die Pous John Paul 11 oor die skepping van die mens?
GENERAL AUDIENCE OF 12 SEPTEMBER (1979)
The usual Wednesday Audience was held in St Peter's Square on 12 September at 5:30 p.m., in the presence of a large concourse of people. The Holy Father delivered the following address.
Daarby verskyn die volgende notas.
1) Speaking of non-living matter, the biblical author used different predicates, such as "separated," "called," "made," "placed." However, speaking of beings endowed with life, he used the term "created" and "blessed." God ordered them: "Be fruitful and multiply."
This order refers both to animals and to man, indicating that corporality is common to both (cf. Gn 1:22, 28). However, in the biblical description, man's creation is essentially distinguished from God's preceding works. Not only is it preceded by a solemn introduction, as if it were a case of God deliberating before this important act, but above all, man's exceptional dignity is set out in relief by the "likeness" to God of whom he is the image.
Creating non-living matter, God "separated." He gave the order to the animals to be fruitful and multiply, but the difference of sex is underlined only in regard to man ("Male and female he created them") by blessing their fruitfulness at the same time, that is, the bond of the persons (cf. Gn 1:27, 28). 2)
The original text states: "God created man (haadam—a collective noun: 'humanity'?), in his own image; in the image of God he created him; male (zakar—masculine) and female (uneqebah—feminine) he created them" (Gn 1:27).
Onthou nou wat hierbo gesê is dat daar eers oor God en sy skepping gepraat is en dat mondeling oorvertel is van geslag tot geslag totdat dit neergeskryf is. Die gebruik van ’n versamelnaam kan daarop dui dat die skrywers bedoel het om aan te dui dat God die mensdom gekep het manlik en vroulik en dat Adam en Eva die ganse mensdom verteenwoordig het.
Die belangrikste is egter dat slegs by die mens daar ’n geslagsonderskeiding is in manlik en vroulik dat hierdie verskil uitgelig word verklaar dan ook waarom daar later baie klem gelê word op dade wat as skandalige gedrag vir die twee geslagte is.
Dit is ook duidelik uit die Skeppingsverhale dat God ’n God van orde en nie wanorde is nie.Wanorde word geskep deur die gevalle engel Satan wat in die vorm van die slang sy verskyning maak.Die slang is dikwels beskou as synde verteenwoordigend te wees van die magte van chaos wat die ordelike skepping opponeer en omver wil werp.
Dit is duidelik dat die verbreking van God se gebooie gevolge inhou vir die mens en sy nageslag. Die eerste sonde is dan ook ’n opstandigheid teen God.Onder invloed van Satan oefen die mens ’n verkeerde keuse uit.
Die mens was dus reeds bewus van die verskil tussen goed en kwaad. Wat die mees opmerklike is dat die skrywers van skeppingsverhale amper ’n moderne mens beskryf. ’n Mens wat kan keuse uitoefen tussen gehoorsaam en ongehoorsaam.
Wanneer het die skepping dan plaasgevind? Kyk ’n mens na die Joodse tydlyn soos in http://www.jewishvirtuallibrary.org/jsource/History/timeline.html sal jy sien dat Adam en Eva geskep is in die jaar 3760 BCE wat dan jaar 1 van die Joodse kalender is.Die jaar 2014 is dan die jaar 5775 volgens die Joodse kalender.
Volgens klassieke oorlewering is elke skeppingsdag gelykstaande aan ’n duisend jaar en sal die Joodse Mesias dan uiteindelik na 6000 jaar sy verskyning maak; dit is dus in die jaar 2239 volgens ons kalender.
Die Khoi en San se geskiedenis strek egter baie verder terug as 6000 jaar en het vure al gebrand in Afrika meer as ’n miljoen jaar gelede.Dit is dus duidelik dat die skrywers van die Genesisverhale die verhale skryf binne die mondelinge oorleweringe van die tyd en nie besig is met ’n ooggetuie-verslag nie.
Trouens die verhale is daarop gemik om die talle Babiloniese skeppingsverhale te weerlê wat melding maak van baie gode wat elkeen ’n deel het in die totstandkoming van die heelal en die mens. Hulle gebruik dus ook voorbeelde soos ’n tuin en mak diere van hul tyd.
Wat nou van Sonde- opstand teen die gebooie van God.
Sonde is nie soos genetiese materiaal oorerflik nie. Die gevolge van sonde strek egter verder as net tot die oortreder, dit raak ook die gesin. Die volk Israel was nie vrygestel van die invloede van die volkere rondom hulle nie, daarom die gedurige oproep: Moenie word soos die volkere rondom julle nie.
Tog luister die volk nie en word dan weggevoer in ballingskap en later word Jesus se profesie vervul en Jerusalem en die tempel verwoes. Hoe word hierdie gebroke verhouding met God nou weer herstel en kan die mens weer in versoening met sy Skepper leef? Net deur die werk van Jesus Christus.
Wat nou van al die lelike dinge in die samelewing van die uitverkore volk en die volkere van vandag en waarom al die wette en bywette om te keer dat die mensdom in totale chaos verval? God is ’n God van orde en net soos hy gebooie instel om die mens se lewe in die paradys te reguleer en beheer moet die mens wette instel om as God se verteenwoordiger die samelewing en die natuur aan hom toevertrou te beskerm.
Die Bybel leer ons dus dat die mens 'n keuse mens is met 'n vrye wil en nie 'n slaaf nie. Mense het mense slawe gemaak omdat hul juis God se gebooie verbreek het. As jy meer wil weet oor slawerny in die Bybel kan jy http://christianthinktank.com/qnoslavent.html nagaan.
Wat staan nou eintlik Gal.6;16 wat jy aanhaal?
Die hoostuk gaan oor "Help Mekaar" Die vers wat jy aanhaal gaan onder die Slotwoorde van die hoofstuk.
Paulus begin die slotwoorde dan met in vers 11. Hier teen die einde van my brief het ek dit goed gedink om self die laaste paar woorde aan julle te skryf. Tot dusver het my sekretaris alles neergeskryf. Maar nou skryf ek self. Julle kan dit sien aan die groot letters wat ek maak.
12.Daardie mense in die gemeente wat vir julle sê om besny te word, doen dit net om ander te beïndruk. Op die manier soek hulle 'n maklike uitweg sodat hul nie vervolg word nie.Hulle is nie bereid om die lyding te verduur wat hand aan hand gaan met die regte verkondiging van die kruis van Christus nie.
13.Gaan kyk mooi, daardie mense wat sulke groot voorstanders van die besnydenis is, verroer self nie 'n vinger om te doen wat die wet sê nie. Hulle wit net hê dat julle ook besny moet word sodat hulle oor julle kan spog. Hulle wil graag sê dat hulle daarin geslaag het om julle na hulle kant toe oor te haal.
14. Ek self sal dit nooit waag om iets anders as oor die kruis van ons Here Jesus Christus te spog nie. Ek is saam met Hom gekruisig. Daarom het die wêreld en al sy sondige begeertes geen houvas meer op my lewe nie. Ek is dood vir die mag van die sonde.
15. Wanneer ‘n mens glo, maak dit nie meer saak of jy besny is nie. Al wat nou saak maak, is dat jy ‘n splnternuwe mens is; ‘n splinternuwe skepping. Almal wat volgens Christus se nuwe reëls lewe, is nou deel van die nuwe Israel.
16. God gee aan hulle almal sy vrede en genade.
Dit is dus duidelik dat jy net deel van God se nuwe uitverkore volk kan word deur gelowig die versoening bewerkstellig deur Jesus Christus te aanvaar en dat die besnydenis nie meer saak maak nie.
In die nuwe Israel is daar geen onderskeid tussen slaaf en meester nie. Die nuwe Israel kry ook ‘n nuwe stad, ‘n plek met baie wonings waar Jesus reeds heen vertrek het om vir die aangenome kinders van God plek voor te berei.
Paulus wys egter ook daarop dat die reis na die nuwe stad nie sonder struikelblokke is nie en vergelyk dit dan met ‘n lang wedloop waar slegs diegene wat die wedloop voltooi die prys sal ontvang. Christene moet dus tydens hul lewe deur hul doen en late bewys dat hul inderdaad deel van die nuwe Israel is.
Mag dit met jou goed gaan.
FC Boot
Ek het baie vlugtig jou lang brief gelees, en is eintlik haastig. Vlieg more na die gay mecca in Jumba op die Grand Canarie eilande om 'n nagmaal van sperm te vier. Ek sal jou in meer detail in die nuwe jaar op jou brief antwoord wanneer ek terug is.
Wat ek wel wil vra. Hoe seker kan jy dan wees, omrede boeke jare, selfs honderde jare na 'n gebeurtenis geskryf is, as die waarheid kan vertrou, want jyself weergee daar bestaan gebrekkighede in die Bybel ten gevolg van oorlewering?
Hoe verstaan jy dan 2 Tim 3:16, met klem op die eerste gedeelte van die teks? Soos ek dit verstaan. God het elke skrywer geïnspireer, dws die woorde in die skrywer se mond gesit, al hoeveel jare na sodanige gebeurtenis, wat van die teks onfeilbaar maak.
En maat. Ek is heeltemal op hoogte van vorige en huidige teorieë oor hoe elke Bybelboek ontstaan het, asook oor wie, wat en waaroor dit gaan. Ek het onmiddellik na matriek vir dominee begin studeer wat ek al menigmaal voorheen genoem het. Gelukkig vroegtydig ontwaak tot die waarheid, juis as gevolg van my universiteitstudies, en aan rigting verander. Nie soos sekere dominees wat steeds dominees is wat in hulle enigheid die Bybel ontsê, maar ken geen ander nering om inkomste te verdien nie.
Beste Jaco Fourie
Lees nou vir die eerste keer jou antwoord waarop ek kortliks kommentaar lewer. Die feit dat jy na matriek vir dominee gaan studeer het en nou staat maak op jou verworwe kennis om die Evangelie te kelder, beteken niks, want Satan was lank voor daar mense was, in God se teenwoordigheid en weet dus presies wat die doel van God se verlossingsplan was.
HY was aktief in die skeppingsverhaal en in die lewe van Jesus Christus en sy eniigste doelwit was om twyfel en chaos te skep in die harte van mense en te vervreem van die versoening met hul Skepper deur die werk van Jesus Christus - die mens se enigste Verlosser en Saligmaker.
Jy vra: "Wat ek wel wil vra: Hoe seker kan jy dan wees, omrede boeke jare, selfs honderde jare na 'n gebeurtenis geskryf is, as die waarheid kan vertrou, want jyself weergee daar bestaan gebrekkighede in die Bybel ten gevolg van oorlewering?"
Die antwoord sal jy vind in die lewe en sterwe en opstanding van Jesus Christus. As Christus nie bestaan het nie - dus nie geleef, gesterf en opgestaan het nie - is elke Christen se geloof tevergeefs en die Bybel niks meer as 'n 'motiveringsboek' en kan daar geen wedergeboorte, geen opstanding, geen ewige lewe wees nie en is alles 'n verbeeldingsvlug en 'n gejaag na wind.
Dan was die marteldood wat talle Christene gesterf het en tans nog sterf tevergeefs.
Dit is nogal snaaks dat sommige Joodse Rabbi's na 2000 jaar se ontkenning nou die bestaan van Christus begin erken en HOM as een van hul grootste profete begin beskou.
Satan, die chaossaaier het 'n besondere manier waarop hy sy ondersteuners werf. Hy bereik dit ook deur die werwing van voormalige Christene en selfs die wat vir dominee studeer het omdat hy juis hul kennis inspan om te lei tot die vervreemding van die' eenvoudiges', die gewone gelowiges wat die werk van Jesus Christus in eenvoud kan aanvaar.
Daarom was ek bevoorreg om langs die bed van 'n 84 -arige sterwende gelowige te staan wat sterwend gesing het "Nader my God-steeds nader by". Dit was 'n wonderwerk want hy kon weens 'n geweldige beroerte nie meer praat nie en het soos 'n dier vasgebind aan 'n bed gelê omdat die biologiese liggaam nog so sterk was, dat hy die hospitaalbed se reelings tot konsternasie van die verpleegpersoneel en ander siekes in die saal omgebuig het.
Dit het tot sy isolasie in 'n enkelkamer gelei waar hy gesterf het.Dit was 'n donker en mistroostige en nat aand soos jy dit net hier kry en die kamer gehul in die donkerte met net 'n enkel bedlampie wat gebrand het.
Toe hy sy laaste asem uitblaas was daar 'n uitstraling van lig soos ek nog nooit in my lewe ervaar het nie en was ek in die teenwoordigheid van iets waarvoor ek nie woorde het en nie kan beskryf nie,want dit was onbeskryflik.
Die kamer was vir enkele sekondes helder verlig.Ek kan jou verseker ek skrik nie maklik nie - trouens my personeel het my voor my aftrede as 'n 'man van staal' beskryf, maar op die oomblik was my knieë lam en het die waarheid van die skrif tot my deurgedring en my gedwing om die Bybel opnuut nader te trek en te bestudeer wat ek dus die afgelope 15 jaar doen - sonder om my aan een of ander leerskool te verbind en beïnvloed te word deur leermeesters wat self die pad al byster geraak het en waarvan jy 'n voorbeeld is.
Dit is verstommend dat daar nog steeds mense honderde jare na die gebeurtenis is wat in Handelinge 8 vers 26-40 beskryf word in Afrika bly en soos die amptenaar vir Filippus vra 'Sê my, oor wie skryf die profeet hier?'
Ek skryf nie om mense te beïndruk nie, ek skryf en vertel aan almal wat bereid is om te luister en nie vasgevang is in hul eie begeertes en genoegdoening om weereens stil te staan en ernstig na te dink waarom die Woord van God vervat is in 'n boek wat oor duisende jare tot stand gekom het nog steeds vandag na al die vergruising daarvan gelees en bestudeer word.
Die antwoord is eenvoudig: dit stel die mens bekend aan die OORSAAK waardeur alles onstaan ( ook die sperm wat jy blykbaar met groot genot vrylaat in menslike rioolkanale en 'n verkragting van die orgaan se doel is waarvoor dit tot stand gekom het ) en en waarvan die Bybel kragtig getuig in Kolossense en Korintiërs dat Christus betrokke was by die totstandkoming van die heelal.
Mag die waarheid van dit wat jy bestudeer en verwerp het tot jou deurdring voordat dit te laat is.
Mag dit met jou goed gaan.
FC Boot
Jy skep die indruk dat daar net twee kampe bestaan.
Diegene wat God volg en diegene wat deur Satan verlei word.
Daar is dus by jou geen ruimte dat enige mens wat glad nie in beide 'n God of Satan glo of volg nie, eenvoudig vir hulself kan dink nie.
Oor Satan skryf jy: "Sy enigste doelwit was om twyfel en chaos te skep in die harte van mense". Dan weer: "Satan, die chaossaaier het 'n besondere manier waarop hy sy ondersteuners werf." Nou waar op aarde kom jy daaraan, veral laasgenoemde? Jy moet erken jou argument kom maar lomp voor! Gee die arme Satan wat nie eers bestaan nie, al die skuld!
Daar bestaan wel 'n Babaloniese verwarrende magdom strydende kerkgenootskappe wat beweer hulle volg 'n god. Daar is glad geen (behalwe vir geestelik versteurdes) soortgelykke tipe organisasie wat 'n Satan, soos vir 'n god, doelbewus volg nie".
Ek vra jou: "Wat ek wel wil vra: Hoe seker kan jy dan wees, omrede boeke jare, selfs honderde jare na 'n gebeurtenis geskryf is, as die waarheid kan vertrou, want jyself weergee daar bestaan gebrekkighede in die Bybel ten gevolg van oorlewering?"
Jou antwoord wat eintlik geen antwoord is nie, nl: "Die antwoord sal jy vind in die lewe en sterwe en opstanding van Jesus Christus." Met jou swye op my vraag, erken jy dat sodanige boeke aan betwyfel hoort te wees, inteendeel, jy ontken self nie dat daar dienooreenkomstig gebrekkighede sal ontstaan nie.
Aangesien jy in die geesteswêreld beweeg, hoe weet jy verseker jou geestelike ondervinding met die ou sterwende man nie 'n ondervinding met Satan was nie, want "after all", die Bybel sê dat Satan homself soos 'n engel van die lig kan vermom, selfs Bybel kwoteer en ook psalms kan sing!