Jan Rap se goeie Afsonderlike Ontwikkeling

  • 7

In sy skrywe van 21 Oktober sê Jan Rap dit wragtig weer: 

 “… die Afrikaner het, anders as byvoorbeeld die Engelse, nog nooit enigiemand onderdruk nie.  Laat ek dit maar weer sê soos in so baie vorige briewe:  Die beleid wat die Afrikaner toegepas het was Afsonderlike Ontwikkeling en dit is NIE die 'apartheid' wat in die sogenaamde liberaal-demokrate se koppe deesdae is nie.”

Hy antwoord nie op die kardinale kwessies in my skrywe van 18 Oktober nie: Tussen 1948 en 1980 is Swart en Bruinmense uit hul huise gesit, hul is hul burgerskap ontneem, hulle is besmet met die Ontugwet, hulle is saans ná nege uit die dorp uit gejaag of in die vangwa gegooi en hulle is as, en ek sê dit met groot huiwering, H…...s en K…..s uitgeskel en verdoem. Hulle is, kortom, hul burger- en menseregte ontneem in hul geboorteland.

En Jan Rap sê nee, dít was nie bose apartheid nie, nee, dit was “Afsonderlike Ontwikkeling” (met hoofletters gespel, nogal!) As sy gebrek aan argument nie so tragies was nie, kon ‘n mens amper daarvoor gelag het. Apartheid is apartheid, daar is nie iets soos daardie soort apartheid nie.

Jan Rap ontbloot verder sy totale gebrek aan argument as hy my bykom met die metaforiese verfkwas: “Kul, ADD, truuks, kulkunsies, suckers, kef, charade, verstrooid, dom, ens”. Tipies: as jy die argument verloor dan sorg jy dat jy die moddergooiery wen. Dit gebeur mos as jou denke deur ideologie en dogma vertroebel word.

Om Jan Rap se laaste sin te parafraseer: Die koerante en die Engelse en die kerk en die televisie en die res van die wêreld en die VN en uiteindelik die meerderheid Afrikaners was álmal verkeerd. En Jan Rap en kie. is nog steeds reg: Apartheid was, volgens hulle, after all eintlik ‘n wonderlike ding.

Dirk Rigter

  • 7

Kommentaar

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Dirk,

     

    Met jou pogings om Jan Rap te probeer  oortuig dat Apartheid (soos Biskop Tutu dit uitgedruk het) boos was, simpatiseer ek mee. Maar nog beter dat jy nie langer met hom redeneer nie. Trouens sy opinie oor die saak is nul werd weens die feit dat sy houvas op realiteit blykbaar erg twyfelagtig is.  As 'n onpartydige persoon buite Suid-Afrika sou wou weet hoe die lewe vir gekleurdes onder Apatheid was, gaan hy tog nie vir Jan Rap vra nie, maar die swartes en kleurlinge wat dit aan hulle bas gevoel het.

     

    Ag nee wat, laat Jan Rap sy lewe uitlewe met sy ontkennings (state of denial)  en illusies.  Ek wonder net watse verklarings hy aan sy kleinkinders maak wanneer daar oor die saak gevra word.

     

    Groete,

     

    Pieter Redelinghuys

  • Hello Dirk, 

     
    Ek kan ook maar net beaam wat Pieter bevestig. Jan Rap volgens my het sy houvas op die werklikheid verloor en is dit verstommend om Jan Rap te sien, 20 jaar na die val daarvan 'n 'argument' probeer formuleer waar apartheid nie bestaan het nie, dit eintlik die Engelse was en wanneer daar Afrikaners was wat hulle skuldig gemaak het daaraan, dit net beperk was tot die paar 'bad apples'. 
     
    En tog, soos klokslag kom Jan Rap met die tipe van brief, die enigste advies is die van Orwell, 'to laugh Jan Rap out of existence'. 
     
    Jan Rap en sy soort maak die denkende Afrikaner se naam gat. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Cornelius Henn

    Ek weet eerlik nie hoekom Pieter Redelinghuys homself hiermee assosieer nie, maar Dirk Rigter se beterweterigheid is duidelik 'n bol wind - nes die "denkende" tipe Wouter Ferns ... nog nie een het die moed om sulke belaglike napratery soos "1900 tot 1948 = segregasie & 1948 tot 1991 = apartheid" te verduidelik nie (glo te kompleks om Wouter Ferns se grys skaaltjie gebalanseer te hou) ... intussen kerm hulle saam met al die res van die gebreinspoeldes soos Jaco Fourie en moord en doodslag apologete in die demokrasie - dat die AFRIKANER - die Apartheidwet rakende grondbesit in 1913, op boek geplaas het ... eenvoudige somme sou uitwerk dat 1913, in werkliheid tussen 1900 tot 1948 val ... die gehate wet vandag rakende grondbesit van 1913, is dus deel van die Britte se segregasiewetgewing tussen 1900 en 1948 ... die vraag is dus; waarom die ideologiese geskape AFRIKANER vir die wette tydens die segregasie beleid van die Britte gemaak, die Afrikaner ALLEEN daarvoor haat? ... in die algemene omgang sal enige gewone denkende Afrikaner (buiten die "denkende" slimjan tipe Wouter Ferns en Dirk Rigter), segregasie en apartheid as sinoniem ken ... selfs die verklarende woordeboek omskryf apartheid=segregasie ... my verwysing as sinoniem is dus nie na aanleiding van die verklaring daarvan in die woordeboek nie, maar op grond daarvan en as bevestiging wat oral en in die algemeen bekend is ... hiermee besef ek is ligjare verby Dirk Rigter en Wouter Ferns se begrip  ... hul kognitiewe dissonansie na 'n leeftyd se indoktrinasie, blyk duidelik en geheel onoorkombaar  te wees - veral in Dirk Rigter se beterweterigheid ... Boeregroete, Cornelius Henn

  • Ek sien dat Dirk nou ook die voorreg geniet om onder Neelsie se banvloek geskaar te word.  Pieter is nog nie betrek nie, al wil wil hy, maar is onseker of hy nie in die proses 'n ge-allieerde gaan verloor nie, en stoksiel alleen staan nie.

    Jaco Fourie

  • Cornelius Henn

    Jaco Fourie, vanuit 'n gatkruiper se oogpunt beskou lyk dinge gewis aardig ... wonder jy dalk of Dirk Rigter 'n waardige strontkoppie kan wees om by julle bende denkende komposstampers te voeg? Jy tik: "Ek [Jaco Fourie] sien dat Dirk nou ook die voorreg geniet om onder Neelsie se banvloek geskaar te word. Pieter is nog nie betrek nie, al wil wil hy, maar is onseker of hy nie in die proses 'n ge-allieerde gaan verloor nie, en stoksiel alleen staan nie."

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top