Wat is die ergste van die huidige situasie in die land? Daar is baie om sleg oor te slaap maar die ergste is 'n regering wat al sy aandag bestee aan planne en taktieke om Zuma te beskerm terwyl dringende sake in die slag bly.
Wat kan gewone mense doen? Ons moet voortdurend die aandag op hierdie gekke toestand vestig met die wete dat ANC voormanne en voorvroue se lojaliteit en vrees vir Zuma mettertyd oortref sal word deur vrese vir hulle posisies.


Kommentaar
George dit gaan ongelukkig nie help iemand skop stof oor Jakob Regop op nie. Dit is die rassiste wat dit doen. Dit is die apartheid ou skool ondersteuners wat nie die Afrika-kultuur verstaan en aanvaar nie. Dit is die lot wat nie verandering wil aanvaar nie en en verlang na die bevoordeelde sisteem. George dit is Afrika-demokrasie. Mandela en sy trawante was Xhosas en het hulself met Afrika-kultuur verryk. Dit is nou Zuma en sy Zoeloe-trawante en dit is hul beurt om dit nou te doen. Die volgende lot is die Venda's want hul man is reeds in plek. Moenie jouself bekommer nie. Dit gaan punt in die wind.