Jaco Fourie se ...

  • 3

... kommentaar (02/02) oor die nuwe Griekse regerings-intelligentsia se ekonomiese sieninge en sy amoureuse waardering van sekere lede daarvan, laat my dink aan wat Lyndon B. Johnson ( Amerikaanse President ) kwyt geraak het, “ Making a speech on economics is a bit like pissing down your leg. It seems hot to you but never to anyone else”.

'n Griekse tragedie is op hand. (Snik )

Raed-na- Gael.

  • 3

Kommentaar

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Raed-na-Gael,

    Jaco Fourie se "amoureuse waardering van sekere lede van die Griekse regering"  is vir my 'n groot bron van vermaak, maar ook een van insig in die werkinge van die libido. Eros is darem 'n wonderlike ding, en sy vermoë om alle struikelblokke te oorkom soos ideologiese en politieke verskille laat verstom. Die Griekse regering se linkse sosialistiese "mindset" pas nou nie eintlik by 'n Afrikaner nasionalis nie soos wat ek die saak nou verstaan.

     Ek vermoed dat die oorgrote swygende meerderheid van Europeërs graag sou wou sien dat Griekeland moet "vat jou goed en trek Fereira" uit die Europese Gemeenskap en die Euro. Kyk net hoe die Euro verswak in waarde elke keer wat daar gepoep word in Atene. Hierdie land is die vrot appel in die mandjie en moet ontslae van geraak word.

    Griekeland was nooit 'n Europese land in die werklike sin van die woord nie. Die land behoort aan die Levant, en het sedert antieke tye kulturele en handelsverbande met daardie lande geleë aan die oosterse kus van die Middellandse see. Luister gerus na hulle musiek. Dit herinner aan dié van Turkye, en die musiek van die Midde-Ooste.

    Beste groete,

    Pieter Redelinghuys

  • Eerstens, beide Raed en Pieter, welkom terug na 'n lang afwesigheid.

    Raed

    Ek het waardering vir jou pittige humor. As aansluiting daarop, pres Johnson weens sy gebrek in vele, onder ander 'n ekonomiese debat, voor 'n gehoor, sou hy in sy broek gepis het van banggeit.  En ja.  Ek sal altyd 'n oog hê vir 'n mooi man, al sou ek nie met daardie man saamstem nie.  Bv 'n Man met wie ek geensins saamstem nie is Putin, maar hy bly vir my 'n begeerlike mooi man.

    Pieter

    Jy is reg.  Seks kan vele oorbrug.

     Die Engelse en Franse was tradisionele vyande, maar dit het nie die Engelse Willem die Leeuhart gekeer om die Franse koning Fillipus se bed, 'n hele klompie kere, wellustig te deel nie, Ongelukkig het geen politieke vrede daaruit gevloei nie. 

    Dit het ook nie Julius Keiser gekeer om Nicomedes IV van Bithynia se bed te deel nie.  In laasgenoemde geval is dit die enigste keer wat Julius nie die wapen opgeneem het om 'n ryk onder die Romeinse vaandel te laat skaar nie.  Selfs Cicero het Julius in sy gesig gespot weens sy verhouding met Cleopatra toe hy in 'n soortgelyke poging probeer het om Egipte vreedsaam onder die Romeinse vaandel te laat skaar; deur  te sê dat Julius was "elke man se vrou en elke vrou se man".

    Mbt Griekeland.  Die nuwe regering het die huidige gemors van die vorige regering se oorspandabelgeit en korrupsie geërf waardeur die Griekse bevolking verder vir die voorsienbare toekoms onder die EU se skuldlas gebuk gaan staan.  Die nuwe regering poog om die lewe vir hulle man op straat meer verdraaglik te probeer maak.  Hulle werkloosheidsyfer  staan tans gemiddeld op 25% met jong mense onder 30jr ver oor die 30% as gevolg van "austerity measures" deur die EU op hulle afgedwing, met die vooruitsig dat hierdie persentasie verder in die toekoms gaan vergroot.

    As die rente op skuld gelyk of hoër is as inkomste, hoe de hel gaan jy ooit vanuit jou skuld uitkom?  Sodanige situasie werk ekponensieel negatief; onmiddellik vir die debiteur, maar op die ou end ook vir die krediteur.  Indien daar nie tot 'n vergelyk gekom word nie, kan dit Griekeland dwing om sy skuldlas heeltemal te ontduik, tot katastrofiese nadele vir beide EU en Griekeland. Verder sal dit mettertyd ander wanbalanse vir lande soos Italië, Ierland, Portugal en Spanje ook aanmoedig om soortgelyk te wil doen, wat uiteindelik tot die verbrokkeling van die EU gaan lei.

    Die EU is self ook skuldig aan die huidige Griekse gemors en hoort ook daarvoor aangeslaan te word.  Hulle was net te gretig gewees om lenings toe te staan, waar "kommon sense" en die ekonomiese wetenskap die teendeel daartoe gewaarsku het.  Dieselfde doen hulle tans met die Ukraine.  Na afloop van die Ukraine se oorlog gaan Ukraine spyt hê dat hulle nie eerder met Rusland in die eerste instansie 'n ekonomiese bondgenootskap aangesluit het nie.

    Die nuwe Griekse regering sou graag wou gehad het dat van die skuld afgeskryf word, maar is realisties genoeg om te besef dit gaan nie gebeur nie.  Dus wil hulle 'n program opstel, verkieslik in samewerking met die EU, om die skuld vanuit groter winste inkomste af te betaal, en die persentasie-rente op skuld te laat verminder.  Om dit te kan doen, beplan die Griekse regering om sy bevolking te help met werkskepping om produktiwiteit op te stoot.  Groter produktiwiteit lei tot groter inkomste, wat dit makliker maak om skuld te kan terugbetaal.  Merkel van Duitsland bly die halstarrige vlieg in die salf.  (Ek moet bieg ek hou glad nie van hierdie skreeulelike vrou nie.  Margaret Thatcher was ten minste fatsoenlik en soos 'n seksie 'vrou gelyk).

    Met betrekking tot jou laaste paragraaf; weens geskiedenis, godsdiens en kultuur, hoort die Grieke en die Russe eerder saam, en wie weet, miskien onder die huidige regering gaan dit moontlik geskied.  Putin is juis besig om heuning om Tsipras se mond vir die doel te smeer en het hom uitgenooi om Moskou in Mei op luisterlike manier te kom kuier.

    Griekeland is een van die mees godsdienstige lande (89% van die bevolking).  Die feit dat hulle bereid is om oorweldigend hulle lot in die hande van 'n uitgesproke ateïs te plaas, is aanduidend tot watter mate die bevolking radeloos geraak het.

    Die ironie is dat die EU maklik kan sê hulle wil Griekeland nie meer hê nie, maar wel binnekort vir Turkye, wat meer Europees-vreemd is as die Grieke wil inlyf.

    It just goes to show to what lengths hypocrysy can stretch.

  • Pieter

    'n Regstelling.  Dit was nie Willem die Leeuhart nie,  maar die Engelse koning, Richard die Leeuhart wat ek hierbo in gedagte gehad het.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top