Hallo my skattie,
As jy net weet hoe jy Oom Pieter geïnspireer het met jou skerpbekkigheid en skrywes van sulke hoë kwaliteit! Nou moet ek hierdie stukkie aan jou klaar kry want dit is alweer Vrydag en graag wil ek sorg dat jy jou naweek as 10+ Afrikanerin ten volle geniet.
Aangesien daar Afrikaners bestaan en nou meen ek spesifiek van jou soort wat mense in hulle eie nasie so graag kategoriseer en denigreer, sou dit van natuur vir julle interessant wees om te weet wat buitestaanders julle noem.
Engelssprekendes verwys na julle as "the ropes" dws "thick and twisted", of gebruik ook graag die term "rock spiders" wat algemeen baie populêr is! Duitsers weer verwys na julle as "Bauerin-Arschloch" ( Boere-poepholle) en die Franse weer "Aigre Buffle (Suurbuffels). Ek sal liewer nie herhaal wat die Hollanders julle noem nie. Ek is só outyds dat ek nie so ’n woord voor ’n "dame" mag gebruik nie, nogal ’n dame met ’n Franse van.
Laat dit goed gaan.
Pieter Redelinghuys


Kommentaar
Jou uitleg van 'ropes' is nie heeltemal reg nie; dit moet wees 'thick, hairy and twisted like'. Die Engelse praat onder andere ook van 'rock spiders' (ouer as 'ropes') en verwys na Afrikaans as 'a disease of the throat'. Een van hulle grappies is 'what do you do when a shark attacks you?' en die antwoord is 'you say voetsek because sharks won't eat rocks'.
Ek dink ook die Duits moet wees 'Bauernarschloch'; 'Bauerin' klink vir my na 'n boerin.
Ewentwil en hoe dit ook al sy, dit is woorde vir die Afrikaner in die algemeen, nie spesifieke groepe nie. Dit pla my nie; die Hollanders het beledigende woorde vir die Duitser, die Franse vir die Engelse, die Engelse vir die Iere, die Grieke vir die Turke ens (en andersom ook natuurlik). Die eienaardige ding is, dit lyk of jy jou verlekker daarin. Wat's fout met jou?
Jy's reg dat die Afrikaners 'n unieke nasie is; die enigste nasie waarvan sekeres van hulle daarvan hou dat hulle volk beledig te word. Dis donners pateties. Gelukkig Is Ons Nie Almal So Nie.
Beste Jan,
Dankie vir jou brief wat saaklik en tot die punt was. Toe gaan staan jy en bederf alles deur die volgende sin van jou: "Die eienaardige ding is, dit lyk of jy jou verlekker daarin. Wat´s fout met jou?"
Ek verstaan nie hoe jy tot so 'n gevolgtrekking kan kom nie. Ek bekla juis die gebruik van denigrerende terme wat Afrikaners gebruik teenoor hulle eie mede-burgers. Maar nou gee jy my rede om te glo dat jy so 'n persoon is wat jou mede-Afrikaners kategoriseer, en tipeer volgens verskillende klasse van aanvaarbaarheid. Ek is seker daarvan!
Jy weet so goed soos ek dat volgens jou moet 'n Afrikaner Voortrekkerbloed hê, behoort aan een van die Protestante- Susterkerke en beslis destyds gestem het vir die Nasionale Party of die Herstigtes.
Wat noem jy die res? Nie-Afrikaners, nie-Ware Afrikaners? Wat?
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Jan
Ek is op my tyd, wat in 'n Engelse gemeenskap grootgeword het, "Rockspider"; "Hairyback"; en F**k'n Dutchman genoem. Ek op my beurt het die Engelsman "Blockhead"; "Rooinek"; "Soutpiel" en selfs "Hillbilly" genoem.
Die Engelse noem oa die Franse "Frenchy" en "Frog"; die Duitsers "Huns" en"Kraut'.
Wat sê dit? Elkeen gee erkenning daarmee die bestaan van die betrokke volk wat uitgeskel word, Afrikaans ingesluit.
"Priceless!" "Een van hulle grappies is 'what do you do when a shark attacks you?' en die antwoord is 'you say voetsek because sharks won't eat rocks'." Dis goed wanneer 'n mens vir jouself kan lag!
Pieter
Jy sê jy kan nie verstaan hoe ek tot so'n gevolgtrekking kan kom nie, naamlik dat jy jou verkneukel om uit te wys wat die Duitsers, Franse en Engelse (om nie eers van die Hollanders te praat nie) 'ons' noem; jy't tog immers 'n brief daaraan gewy. Ek sit die 'ons' in aanhalingstekens want jy praat deurgaans van 'julle', en jy sit ook elke keer 'Afrikaners' in aanhalingstekens. Dit is dan sommer terselfdertyd ook weer eens bewys dat jy en jou maatjies net so beledigend teenoor mede-Afrikaners is as waarvan, wat jy 'gekkekgrensers' noem, aankla.
Terloops, terwyl jy nou hier lees, geluk met jou (en Jaco en Wouter) se kommentaar onderaan Henk Seymore se brief; daar is darem hier en daar goed waaroor ons saamstem.
Groetnis
Jan Rap