Iets groter as jyself

  • 1

In antwoord op Sue se mooi briefie oor Wie is en wie is, dink ek dat miskien dit so kan wees dat inwese die mens dalk graag wil glo dat daar iets groter is. Kom ons noem dit ‘n God as jy dan wil. Dit sou die lewe se verantwoordelikhede 'n bietjie kleiner kon maak. Dit sou ook ‘n bietjie mistiek aan die lewe verskaf het. Partykeer wens ek ook dat daar iemand of iets kon wees wat kon gehelp het as ek sou vra vir hulp, soos met ‘n towerslag. Die kere wat ek dit wel gedoen het, soos wat ons geleer het in die Bybel toe jy klein was, was ek elke keer erg teleurgesteld omdat niks gebeur het nie. Mettertyd het jy maar geleer dat net jyself jou probleme kon oplos.

Ek is telkemale verbaas oor mense wat ‘n houding het van: “moenie bekommerd wees nie, God sal voorsien”. Verstaan hulle dan nie, dit is nie God wat voorsien nie. Op die ou end is dit hulle vriende en familie, die staat, die “welfare” wat voorsien.

Ek sien Dirk is op die oorlogspad oor hierdie onderwerp en ek verstaan hoe hy voel. Ek stem saam dat almal nie altyd weet waar die onheil vandaan kom nie. Soms voel dit asof dit oral is. Maar dan eendag, kom jy op ‘n plekkie waar iemand vir jou hallo sê so al asof hulle jou nog altyd ken. Hulle gee jou ‘n “springbokrugstringetjie” en vra hoe dit gaan. Vir iemand uit die stad is dit half skrikwekkend en ongemaklik, maar skielik kom jy agter dit is lekker om te lewe en weet jy hoekom hulle hul plekkie C’est la Vie genoem het.

Vir Marie en Bennie, Gariep
Mooi bly

Maya

  • 1

Kommentaar

  • George Bekker

    Maya, jy verwys na 'n “mooi briefie” en jy het self 'n pragtige brief geskryf. As byvoorbeeld 'n familielid op die regte oomblik met presies die regte getal geld kom waarvoor gebid is, wat maak jou só seker dat daar niks meer as toeval daaraan verbonde is nie?

    Dis nie net 'ongelowiges' nie maar ook 'gelowiges' wat geneig is om uit hulle gewone hoekie te dink. Dis dan 'n aangename verrassing as die pous, van alle mense, nie van 'n ateïstiese wetenskaplike verwag om aan god te glo as hy voel dat hy dit nie kan doen nie. As dit ons by die punt bring waar ons besef dat die lewe nie bloot materialisties gesien moet word nie maar ook dieper ervaar kan word, is iets reeds bereik.

    Ons is reeds ver van die punt (16de eeu?) waar skynbaar almal, sonder bevraagtekening in lewe na die dood geglo het. Sedertdien is ons meer en meer gekondisioneer om net aan feite te dink, dus die verstand en nie die hart nie te gebruik. Nogtans wil die hart nie finaal wyk nie. Dan lees ons weer dat God sy asem in die mens geblaas het en sien ons weer die skoonheid en liefde, selfs in die plaaslike beton-oerwoud. Dit lei terug na basiese vrae: “Is daar 'n God?” Dis miskien die moeilikste een. 'n Makliker een is of daar lewe na die dood is? Naby dood ervarings – near death experiences. Ernstige wetenskaplike navorsing is hieroor gedoen en dit is 'n interessante onderwerp.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top