... 'nommer een' is nie. So beduie ons land se Sy Edele die President in antwoord op 'n vraag van 'n agbare lid in die Parlement. Hy sê dat hy hom nie ophou met die doen en late op lughawens in ons land nie. Daar land honderde vliegtuie op al die tientalle lughawens en duisende mense kom en gaan. Hoe moet hy nou weet wat op Waterkloof aangaan?
Die President weet nie net wie 'nommer een' is nie, maar hy weet ook skynbaar nie dat Waterkloof die land se hoof lugmagbasis is nie. Ook nie dat daar 100de private partiegangers oënskynlik na willekeur met die geheimsinnige 'nommer een' se opdrag/toestemming/versoek/goedkeuring/medewete op hierdie einste lugmag-basis met 'n helse groot vliegtuig en baie ander kleintjies kom sit het nie.
Mensig, die groot vliegtuig kom van buite ons landsgrense, vlieg oor die hele wye noordelike gebied van ons land op pad na die industriële hartklop en hoofstad- Gauteng en word of nie deur ons radar bespeur nie of niemand vra vrae nie. Of ons moet neerskiet of nie is 'n besluit wat tog deur die President as hoofbevelvoerder geneem moet word.
Daar is tussen 45 en 70 miljard R bestee om ons weerbaarheid op te gradeer.
Is of was dit dan als verniet?
Blykbaar is daar maar net in 'n obskure tribunaaltjie na die 'nommer een' deur 'n mindere amptenaartjie verwys en laasgenoemde sal maar moet verduidelik.
Maar die president se "cloak and dagger"-manne weet wat die naspolkom vir 'n provpolkom oor die telefoon te sê het.
Kan maar net sug!
Raed-na-Gael

