Doen jouself ‘n guns en lees: http://en.wikipedia.org/wiki/Mario_Oriani-Ambrosini
Binne die bestek van sy 53 jaar het hierdie energieke fenomenale man amper te veel verrig het wat net bewondering kan afdwing. Te veel om hier op te noem. Veral vir wat hy vir Suid-Afrika beteken het.
Uiteindelik was longkanker sy moses, maar hy het self besluit hy tree vanuit die lewe op sy eie terme.
Dankie Mario vir al jou opbouende werk wat jy vir hierdie land en sy mense gedoen het. Uiteindelik verlos van die ondraaglike pyn wat jou gekniehalter het.
Jaco Fourie


Kommentaar
Die interessantste aspek aangaande Mario Oriani-Ambrosini, 'n man vir wie die hele wêreld oop was, letterlik sy "oyster", nou juis Suid-Afrika gekies het om sy talente te beoefen, en hierdie raaisel vind mens nie in die ellelange beskrywing van sy lewe op Wikipedia nie. Quelle domage.
Pieter Redelinghuys